Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Oor die aggressiewe drang om te oortuig – en ’n ander soort oortuiging

“Dieselfde benadering tot oortuiging in die geloof kom voor in die beroemde verhaal van die sogenaamde Blompreek van die Boeddha. Naby die einde van sy lewe het hy, pleks daarvan om soos gewoonlik ’n rede vir sy volgelinge te voer, bloot ’n varsgeplukte lotusblom in die lug gehou.”