Elders gesien: Baie spin, so min substansie

  • 0

Francois Bekker skryf op Facebook:

Baie spin. So min substansie. Gebrekkige strategie. ’n Week wat die DA graag sal wil vergeet. En tog. Die bly-of-gly-vraag sal nie weggaan nie. Om ten alle koste in die RNE te bly, kan ’n te hoë prys word. Die DA bevind hulself inderdaad tussen die duiwel en die diep blou see. Dit kan nie maklik wees nie.  Die afdanking van Whitfield kon nooit die regte rede wees om te loop nie. Die argument is eenvoudig nie waterdig nie. Daar sal ’n groter vraagstuk as ’n wig tussen die DA en die ANC moet kom om so stap te regverdig. Die DA kan nog vir geruime tyd ’n positiewe verskil maak. Die DA-verskil alleen wys hoe ’n impotente party die ANC geword het. Ek verstaan dat die woorde goedertrou en ANC liefs nooit in een sin gebruik moet word nie.

Vasbyt en deurdruk blyk die regte benadering te wees. Vir nou.

Lees ook:

’n Regering van Nasionale Eenheid op soek na rigting (30 Junie 2025)

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top