
’n Blye mare. Die vooruitsig van ’n nuwe gedrukte Afrikaanse koerant hier in die Noorde.
Barnard Beukman se visie en waagmoed verdien erkenning. Dit gaan nie maklik wees nie. Daar is egter ’n enorme leemte wat gevul kan word. So ja, die potensiaal is daar.
Die Afrikaanse gemeenskap moet nou hul geld sit waar hul monde is. Daar sal straks nie weer so ’n geleentheid wees nie.
My versugting is dat Die Papier nie soos ’n mondstuk vir enige politieke party of beweging moet lyk of lees nie. Dit moet onafhanklik en onverskrokke wees. Aktualiteit en gebalanseerde kommentaar is ’n voorvereiste. In voeling met die zeitgeist en om blootstelling aan opponerende idees en standpunte te gee, sal NP van Wyk Louw se idee van ’n Oop Gesprek ’n lewenskragtige waarheid in die Afrikaanse leefwêreld maak.
Die Papier. 6 Maart 2026.
Ek hoop en vertrou dat hierdie inisiatief van krag tot krag sal gaan.


Kommentaar
Uiteindelik 'n Afrikaanse koerant, nadat Mammon se mense die kettings van hul rykdom se fondamente kon ontsnap het.
Ek sal graag vir julle iets uit Brittanje will skryf. Hoe kan ek julle kontak?
"Die Papier"? Hoekom toenemend Engels navolg? Stel Afrikaanse joernaliste en uitgewers nie meer belang om eiesoortige Afrikaanse woorde te gebruik nie? Neem dan van die volgende LitNet-blad kennis asb. - https://www.litnet.co.za/gespierde-afrikaans/
Baie geluk en baie dankie aan Barnard Beukman vir hierdie bewys van gesonde ondernemingsgees. Maar in hemelsnaam, gooi die anglisisme as titel terstond oorboord. Dan eerder "Op Papier" of "Met Ink"!
Uit die staanspoor lyk "Die Papier" pure hensopper. Hoe snood onnosel! Delf asb. vir 'n ander naam.
Aan al die vegters in die verlore stryd teen die gebruik van anglisismes, kyk gerus na die volgende juweel: die hoofopskrif van Maroela Media op 30 Okt 2025 lui as volg: Dwelmlaboratorium in Volksrust ontmantel. (Bietjie over the top, of hoe?).