Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Uitnodiging: FilosofieKafee – Die Suid-Afrikaanse kernwapenprogram: mites en waarhede
2025-04-17Tot vandag toe bly Suid-Afrika die enigste land ter wêreld wat vrywilliglik van kernwapens, wat op plaaslike bodem geproduseer is, ontslae geraak het. Was dit ’n wyse besluit, gegewe die hernieude spanning en onsekerheid wat tans weer op internasionale vlak heers? Alle belangstellendes word uitgenooi na die FilosofieKafee-gesprek op Vrydagaand 2 Mei in Wellington. Lydia von Wielligh-Steyn is die spreker.
Die grafiese roman en edusemiotiek in taalverwerwing: ’n onderhoud met Cornelia van der Berg
2025-04-17"In plaas daarvan dat onderwysers net feite of waardes aan leerders oordra, help edusemiotiek leerders om krities te dink oor wat hulle sien, hoor en lees, en om die dieper betekenisse daaragter te verstaan. Dit maak leerders bewus van die rol wat kulturele en sosiale invloede speel in dit wat as 'reg' of 'verkeerd' beskou word. Edusemiotiek leer jou nie net wat om te dink nie, maar hoe om oor betekenis te dink."
Wil die SAUK Afrikaans regtig vermoor?
2025-04-16"Vir ’n gemeenskap wat reeds die kansellasie van geliefde programme soos 7de Laan en Pasella betreur, voel hierdie insident soos nog ’n teken van ’n sistematiese afskaling van Afrikaans deur die openbare uitsaaier. Ondanks die SAUK se herhaalde versekerings dat Afrikaanse nuus ’n prioriteit is, bly kykers skepties. Dit word gevoed deur jare se persepsies van marginalisering en ’n gebrek aan deursigtigheid."
RNE-kollig: ANC, DA en VF Plus
2025-04-16Die jongste peiling van die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRR) het plaasgevind te midde van die begrotingstwis binne die RNE. In dié peiling is die ANC vir die eerste keer as die populêrste party onttroon. Freek Robinson gesels met VF Plus-leier Corné Mulder oor die huidige en breër politieke landskap.
South Africa’s greatest hotelier has checked out
2025-04-16"And having stayed in every Tuishuis in Market Street, I can tell you that no one – absolutely no one – could make a weathered old carpet look like a work of art on those sparkling Oregon pine floors as Sandra could."
Springmielies: Oor kuberboelies en keyboard warriors
2025-04-16"Voel hierdie afknouers skielik magtig, of skuil daar ’n dormante boelie in sommige mense wat tot uiting kom wanneer die baasspeler die leiding met sy kwetsende aanmerkings neem? Kollektiewe kuberboeliery neig na tropgedrag. Nou is die vraag: Hoe lyk die (tipiese) profiel van ’n volwasse kuberafknouer?"
Joha van Dyk (27 Februarie 1997 – 2 Februarie 2025)
2025-04-15"Joha van Dyk kon skryf – soms byna poëties, soms filmies, altyd in ’n Afrikaans waarmee haar lesers kon identifiseer en waarmee hulle gemaklik was."
Herbesin: Ryker in diversiteit
2025-04-15"Ons, want my bruin Afrikaanse bas is net so afhanklik van welwillendheid teenoor my moedertaal as enigeen anders. Ons, want my komplekse verhouding met Afrikaans en Afrikaanssprekendes ten spyt, is ek lief vir my taal en wil ek sien dat sy floreer."
Argiewe: Bêre of brand in die digitale era?
2025-04-15"As KI een van die primêre maniere word waarop argiewe georganiseer word, moet daar gesorg word dat alle stemme gelyk behandel word, en dat historiese materiaal nie uitgewis of vervorm word nie."
Bergklimmer, voorligtingsielkundige, navorser, artikelskrywer: wie is Handré Brand?
2025-04-15"Die 76 meningstukke wat ek vir LitNet geskryf het sedert my aftrede, kan ek sowaar almal nog onthou."
Toorkombuis: My wingerd word herfs in rosyne
2025-04-15"Luigi’s se brood was byna oordadig uitgerys en die sagte wit van die brood deurspek met blinkvet rosyne, uitgeswel in die warm deeg, wat stroopsoet in jou mond ontplof het."
Sandra Antrobus of Cradock: A tribute
2025-04-15"The restored streetscape of Die Tuishuise and Victoria Manor Hotel is Cradock’s most recognisable tourism and heritage asset, along with the Great Fish River, the Mountain Zebra National Park and the gorgeous Moederkerk. It would never have happened without the love and passion of a local farming couple, Sandra and her husband Michael."
Skermgreep: Niggies – ’n TV-resensie
2025-04-14"Die kyker is selde bewus van spoggerige regie. Net ’n intense, skerp waarnemingsvermoë wat naatloos by die kultuur en styl inpas en die storie doodgewoon met buitengewone impak vertel. Elkeen se ware kleure kom na vore, en terselfdertyd lewer die reeks ook kommentaar op Afrikanerskap, en om iemand te soek om te blameer."
Gekkedag 2025: Dit is wat gebeur wanneer jy jou lyf jam hou ...
2025-04-14"Dit is ’n kuns om hierdie gekkespul wat ons die lewe noem, te bestuur en soos ek terugdink aan die dag van die Uno Jam, kry ek perspektief."
Onderwys se begrotingsprioriteite
2025-04-14Noudat dat die begroting uiteindelik goedgekeur is, neem Michael le Cordeur die vrymoedigheid om 10 onderwysprioriteite voor te stel.
Gekkedag: Die 0,5% BTW-verhoging het vinniger gekom
2025-04-11"Die middag het die dag gebreek. Die aankondiging is toe gemaak en die twee bure loop mekaar raak in hul agterplase."
Godgegewe opdrag of misplaaste welsyn?
2025-04-11"Op ’n winderige herfsdag in 1980 tel ek en my man Tienie ’n briefie op ’n klein enkelvelleltjie papier tussen die murasies van ’n sendingstasie in Zimbabwe op. ... Die sendelinge aan wie hul gelowige vriendin in Engeland dié geselsbriefie gerig het, het ’n paar jaar tevore slagoffers geword van ’n vlaag van vergelding teen hul koloniale regering soos elders in Afrika."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: onderhoud met Ullrich Kleinhempel oor die Indiese en Neoplatoniese bronne van die Ortodokse stilgebed
2025-04-11In hierdie videogesprek praat Johann Rossouw en Ullrich Kleinhempl oor Ullrich se navorsing.
Undoing villainy: Eastern Cape name changes
2025-04-10"If we mourn what needs to be mourned, we may find enough empathy to understand the legitimacy of calls for setting things in order that are based on natural justice. Only then, perhaps, we shall stop being angry with each other and begin healing from our historical traumas, and, per chance, even celebrate our history as part of our collective identity instead of as something that embarrasses us."
Wat staar ’n joernalis vandag in die gesig?
2025-04-10"Hierdie kommentators is soos koerante sonder nuusredakteurs, sonder hekwagte en weinig ag word geslaan daarop dat hierdie stories en gerugte deurspek met inligting is wat die individu wat dit plaas, dalk krimineel aanspreekbaar en vervolgbaar maak."
