Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Diplomasie op die afgrond
2025-04-02Wat gaan aan in die Regering van Nasionale Eenheid? Hoekom op dees aarde kan hulle nie die begroting goedkeur nie? En hoekom is daar skielik ’n klomp Suid-Afrikaanse sakemanne en oudpolitici in Washington besig met agterdeurpolitiek?
Suidoosterfees se direksievoorsitter, Edmund Jeneker, gesels met LitNet
2025-04-02"Met die aanloop tot die hooffees elke jaar, is daar verskeie projekte wat daarop gemik is om ons kinders en jongmense en veral ook voorheen agtergeblewe gemeenskappe en skole meer toegang tot die kunste te bied."
Gekkedag 2025: April Fool’s Gold
2025-04-02"Sy kraalogies kyk vir my en blink sommer so helder soos daai silwer bol, so asof dit met die sluk in sy oog gaan sit het."
’n Blik op Pretoria FM se pad na die middelmoot
2025-04-02"Waar die ou Radio Pretoria ingebed was in ’n Boere-Afrikaner-versetkultuur, was dit nou ’n vennoot van Solidariteit – verset wanneer nodig, maar immer bouend aan ’n selfstandige gemeenskap."
Elders gesien: Kepsie af vir die tolke in hierdie saak
2025-04-02"Probeer dit in die druk van die oomblik. Kepsie af vir die tolke in hierdie saak en vir die simpatieke regter wat iets van die taalsirkus blyk te verstaan."
Gekkedag 2025: Maak vol asseblief
2025-04-01"Dit gebeur gereeld dat my kar se brandstoftenk amper leeg is, want ons het twee platsak studente in die huis. Dan maak ek maar weer vol sodra ek kan. Ek het al benoud geraak vir die dag as die kar heeltemal leeg is. Daarom het ek 2 liter petrol in die garage weggesteek."
Gekkedag 2025: Die hoogtepunt van wanhoop
2025-04-01"Maar die biometriese stelsel by die hek weier om my wysvinger te lees. BIOMETRIC MISMATCH, wys die skerm. Dis elke dag se storie."
Gekkedag 2025: ’n slang in die gras
2025-04-01"Daar was ’n klein silwer slang in die huis. Die slangvanger het nie die oproep beantwoord nie."
Wat as God ’n vrou was?
2025-04-01"Hoe sou die wêreld daar uitgesien het as al die kerke, al die gelowe, geglo het in ’n liefdevolle en verdraagsame Hemelse Moeder in stede van ’n woedende, toornagtige, kwaai pa-figuur?"
1 April 2025: Gekkedag-uitnodiging
2025-04-01Die LitNet-redaksie nooi mense uit om vir ons te skryf oor dinge in die lewe wat gek is. Dit kan oor enigiets gaan: hoe absurd die prys van brood is, of hoe snaaks dit lyk as sekere mans snorre kweek, of watter regerings aan bewind is, of hoe vergesog dit is wat in verskillende wêrelddele aan die gang is – of net eenvoudig iets snaaks, ’n onverwagse of humoristiese staaltjie wat jy met die res van ons lesers wil deel.
Agterstories – Welkom in die era van die digters
2025-03-31"Podsendings, stemnotas en videogesprekke vervang toenemend teksboodskappe. Maar KI neem dit een stappie verder. ... Verbeel jou nou ’n wêreld waar studente deur gesprek met ’n KI-tutor leer, nie deur opstelle skryf nie, of waar witboordjie werkers idees dikteer terwyl KI-assistente dit intyds verfyn. Waar saketransaksies en regskontrakte mondelings geskep word, met KI as notaris."
Wat sê Bettina? Hoe vier hulle Eid in Gaza?
2025-03-31"Hoe vier mens enigiets as jy nie weet of dit dalk jou laaste dag op aarde is nie?"
’n Huldeblyk aan Johann de Lange
2025-03-31"As ’n gewaardeerde digter sterf, is een van ’n mens se impulse, na die skok en die algemene agge nee daarvan, om sy werk op te som, die boek toe te maak en in die regte vakkie te gaan sit: groot digter, mineur groot, major minor, minor maar ... In Johann de Lange se geval is die antwoord: Hou hom langs jou bed vir nog ’n ruk; dit maak nie saak nie."
SITRAP: Militêre attaché word huis toe gestuur (31 Maart 2025)
2025-03-31"Die Reagan-administrasie, wat Suid-Afrika toe redelik goedgesind was, moes aan Suid-Afrika ’n duidelike aanduiding gee dat die aanvalle op buurlande nie geduld sal word nie. Die situasie is egter nou, amper 40 jaar later, heeltemal anders."
Wanneer Kanada die wêreld regeer
2025-03-28"Nou is daar iemand in die Withuis wat Amerikaanse demokrasie van binne af gaan uitwis. Wie sal dan poliesman speel waar Amerika dit histories gedoen het?"
Die rigtingverandering
2025-03-28"’n Boekebedryf sonder resensies is een waar uitgewers se gesondheid nooit openlik gediagnoseer word nie, en waar die afsterwe ’n skok is."
Elders gesien: Die versluierde taboes
2025-03-28"Johann het vir my as nuwe skrywer gewys dat dit oukei is om oor die 'ander' te skryf. Dié onderwerpe en karakters wat die res liefs vermy."
Politieke verandering: Die wind waai wes! (28 Maart 2025)
2025-03-28"Die tweede belangrike saak is dat dit baie moeilik is vir ’n party wat ’n afdraandetrajek ingegaan het om die gang van sake te verander en positiewe steun te demonstreer. Dit het ons baie duidelik met die ondergang van die Nasionale Party in die vorige bedeling gesien."
Seen elsewhere: Johann de Lange, eternally dedicated and devoted
2025-03-28"Will you now share your space with all the great writers you so admired and loved."
As ’n gonsgroepie skeefloop: Trump se eerste krisis? (27 Maart 2025)
2025-03-27"Binne 48 uur was dit duidelik dat die Withuis alles sal doen om die gebeure met ’n soort aanvallende verdediging te benader. Skielik is Jeffrey Goldberg ’n nikswerdredakteur en The Atlantic ’n minderwaardige publikasie."
