Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Suid-Afrikaanse kommersiële landbou se bydrae om Suid-Afrika op koers te kry moet nié onderskat word nié!
2025-03-25"Waar laat dit Suid-Afrika en Suid-Afrikaanse kommersiële landbou? So ook die Suid-Afrikaanse besigheidsektor?"
Menseregtedag 2025: Leon van Nierop oor menseregte, die regte van filmmakers – en die onsigbare draaiboekskrywer
2025-03-25"Die wanbegrip bestaan dat dit maklik en glansryk is. Dit is nie so nie. ’n Goeie draaiboek kan maande, selfs jare neem om te skryf. Dit gaan deur verskeie prosesse en dikwels is die finale produk nie noodwendig wat op papier staan nie. Dit word soms op stel verander om dit nog beter te maak."
Menseregtedag 2025: Saartjie Botha oor menseregte en kunstenaarsregte – en waarom kunstenaars moet skep
2025-03-25"Kunstenaars skep eers; die aktivisme is ’n byproduk. Kunstenaars het die wapens van subteks en metafoor, en daarmee kan hulle regimes en vergrype deurboor en gemeenskappe mobiliseer. Hulle is die gewete van die gemeenskap."
Menseregtedag 2025: Catrina Wessels oor menseregte, kopiereg en hoekom skrywers vir hul werk betaal moet word
2025-03-25"Dit is tot ons almal se voordeel."
Die viering van Crystal-Donna Roberts in die Kunstekaap
2025-03-24"Crystal was nuuskierig oor die wêreld en die mens. Sy kon kyk en verstaan wat sy in die wêreld sien. Deur haar kuns kon sy ’n ding analiseer en aan die res van die wêreld oordra op ’n manier waar ons ook iets meer kon leer."
Onrus in ’n brose, maar strategies belangrike Turkye (24 Maart 2025)
2025-03-24"Na die inhegtenisneming van Erdoğan se sterkste politieke opponent, die burgemeester van Istanboel, Ekrem Imamoglu, het onrus in 55 van Turkye se 81 provinsies uitgebreek."
Human Rights Day 2025: mind your language! About language rights and recent developments at UCT
2025-03-20"It is pertinent that UCT chose the month of March, when we celebrate Human Rights, to make this long overdue announcement about adding Xhosa as one of its official languages. Globally, throughout the United Nations, the protection of minor or native languages is an urgent human rights issue. South African indigenous languages are not minority but majority languages, yet they’re still suppressed, especially by the hegemonic preference for English."
Menseregtedag 2025, belangrike dae in die onderwys – en hoe onderwysers se regte soms geskend word
2025-03-20"In ’n kontemporêre wêreld kan dit lyk asof die regte van onderwysers dalk uitgeruil word vir die regte van leerders (nog altyd menseregte)."
Human Rights Day 2025: Human rights and the theatre
2025-03-20"But, as creatives, we should also be cognisant of who has access both to practise and to enjoy this right. Like with all other rights – healthcare, education, food, security, etc – it is those of us with resources, education and networks who are best able to enjoy these rights, as we have the capacity to pay for these to be delivered privately if government fails."
Die volhoubaarheid van vrede in ’n drukgang? (20 Maart 2025)
2025-03-20"My aanvoeling is dat ons afstuur op die lang kortpad en die kort langpad, met erkenning aan die Rooikappie-verhaal."
Die Khoi-San se eeue-oue trauma
2025-03-20"Bowenal is ons geloof gegrond in Tsui //Goab, die Gewonde God wat empaties saam met ons treur."
Oor Griekwa-Afrikaans
2025-03-20Op Vrydag 20 September 2024 het Hans du Plessis ’n praatjie by die Etienne van Heerden Veldsoirée gelewer waarin hy meer vertel het oor navorsing wat hy en Christo van Rensburg gedoen het oor Griekwa-Afrikaans. Dit was een van sy laastes. Hans is ’n maand later in Potchefstroom oorlede.
Ons moet mekaar kry by: Wat bedoel jy?
2025-03-20As HemelBesem wil hy deur sy skeppings die bestaande idees rondom woordbetekenisse verruim. Eers dán, wanneer nuwe betekenis by die bestaande template gevoeg word, kan ons mekaar begin verstaan. Dan kan ons ook ons eie menswees begin omarm.
Die oop gesprek, die toe debat en die vernietiging van mense
2025-03-20"Die gebruik deur die sogenaamde alternatiewe groeperings, die woke mense soos hulle hulleself noem, om binne kultuuroorloë persone of instansies met sterk opponerende menings te neutraliseer deur middel van iets wat bekend geword het as 'cancel culture', is goed bekend."
SA en die VSA: Hoe gemaak met die diplomatieke impasse?
2025-03-19"Die Suid-Afrikaanse regering moet allereers die erns van die saak besef. Die volgende ambassadeur, wat verkieslik nie ’n politikus moet wees nie, sal met algehele bekwaamheid te werk moet gaan om die beste van ’n slegte saak te maak."
Ons soldate in die DRK
2025-03-19Suid-Afrikaanse soldate sit steeds onder haglike toestande in hulle basisse – sonder gereelde kos, sonder sanitasie en sonder gereelde kontak met Suid-Afrika. Wat nou? Wat is die regsposisie in so ’n geval? Sou hierdie soldate ’n regsgeding teen die regering kon bring?
Suidoosterfees 2025: ’n onderhoud met Theo Kemp oor die Jakes Gerwel-gesprekke
2025-03-19"Die gesprekke is heeltemal gratis en verniet en pasella. Jy kry op die koop toe nog ’n koffie ook gratis! Jy moet egter wel groot asseblief jou plek op Webtickets bespreek, want daar is beperkte plekke."
Elders gesien: Die speurder en die fish cane kastrol
2025-03-18"Beampte: 'What is a fish kastrol?'
Klaer: 'You put it on the fish cane when you catch fish.'"
’n Ambassadeur is ’n ambassadeur (18 Maart 2025)
2025-03-18"In die wêreld van die diplomasie word die amp van ambassadeur met baie groot waardigheid en status geag, omdat ’n ambassadeur die persoonlike gesant van een staatshoof by ’n ander staatshoof of regeringsleier is."
Wat sê Bettina? Persona non grata – wanneer ’n diplomaat slae ontvang namens sy regering
2025-03-17"Die VSA het nog nie formeel diplomatieke bande verbreek met SA nie. Ek twyfel ook of hulle sal. Wat wel aan die gebeur is, is dat Suid-Afrika nou geforseer word om ander bondgenote te nader. Dis nie noodwendig ’n slegte ding nie."
