Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

Die Adam Small-gedenklesing en voorsitterskap van die SBA: ’n onderhoud met Michael le Cordeur

Naomi Meyer, Michael le Cordeur Onderhoude 2025-02-20

"Sal Kaaps ooit deel word van die kurrikulum? Is daar jonger skrywers wat Small se oeuvre verder gaan neem? Hoe sien bruin mense hul toekoms met Afrikaans?" Michael le Cordeur, die nuwe voorsitter van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA), praat hieroor – asook oor die Adam Small-gedenklesing, dié naweek by die Adam Small-fees. 

Rasseverhoudinge in Suid-Afrika: verdoemend of versoenend?

Freek Robinson, Hermann Pretorius Onderhoude 2025-02-19

Hoe ervaar gewone Suid-Afrikaanse burgers rasseverhoudinge en rassisme in Suid-Afrika? Hermann Pretorius, hoof van strategiese kommunikasie by die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRR), gesels met Freek Robinson oor die bevindinge van een van hul jongste meningspeilings. Hoe geloofwaardig is so ’n peiling? Pretorius lewer ook kommentaar oor Trump se presidensiële bevel en die gevolglike fokus op rasseverhoudinge in Suid-Afrika. 

Die Adam Small Boekefees 2025: ’n onderhoud met Darryl David

Naomi Meyer, Darryl David Feeste 2025-02-19

"En mense moenie Willem Fransman jr se opvoering van Adam Small se werk misloop nie. Nee wat, letterlik elke sessie by vanjaar se fees is ’n hoogtepunt." 

Verdomp, ek wonder oor ver-

Gert van Jaarsveld Menings 2025-02-19

"Ek dink hier moet ons maar volstaan met wat in een etimologiese woordeboek aangedui word as een van die funksies van ver-, naamlik dat dit geen betekenis byvoeg nie, maar die grondvorm versterk en benadruk. Die naaste wat ek aan verdomp kon uitvind, is die Nederlandse verdomme (godverdomme). Waar die p in Afrikaans vandaan kom, weet ek verbrands nie."

Top matriekuitslae ≠ beste onderwysstelsel

Michael le Cordeur SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-02-19

"So wat kan erger wees as om matriek te druip? Dit is om jou gat af te werk sodat jy teen al die verwagting in slaag en met ’n matrieksertifikaat sit wat jou toegang gee tot ’n graadstudie maar daar is nêrens plek vir jou nie."

Die Universiteit Stellenbosch se keuses in die 1990’s: in reaksie op Johann Rossouw

Andreas van Wyk Universiteitseminaar | University Seminar 2025-02-19

"As rektor van die Universiteit Stellenbosch van 1992 tot einde 2001 kan ek darem nie Johann Rossouw se verwronge weergawe van die US se strategiese keuses aan die einde van die ou staatkundige bedeling en die begin van die nuwe bedeling ná 1994 soos vervat in sy onlangse rubriek onbetwis so laat staan nie."

Springmielies: Intro- en ekstroversie – ’n digotomie, of viering van diversiteit?

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2025-02-18

"Die internet, met sy stammentaliteit, het Jung se oorspronklike interpretasies van intro- en ekstroversie op sy kop gedraai, met die klem op polariserende eienskappe."

Ook mý imam Muhsin

Laurie Gaum In memoriam 2025-02-18

"Ek het sy denke, sy geloof en sy menswees oor die jare sien ontwikkel. Hy het dit verfyn tot die konsep van ’n 'deernisvolle Islam' (a compassion-centred Islam) wat, vir dié wat die openheid kon hê om te luister, die grense van seksualiteit, genderidentiteit en -uitdrukking begin oorskry het."

Dis nie ’n ras-ding nie, dis ’n witmens-ding

Riku Lätti Menings 2025-02-17

"Wanneer liefde vir jouself en jou tipe so ver gevorder het dat dit haat insluit vir die ander, is daardie liefde giftig, ’n kanker, en is ons samelewing op pad na pyn."

’n Huldeblyk aan Joha van Dyk

Simone Hough In memoriam 2025-02-17

"In haar kort lewe het Joha ook swaarkry, persoonlike worsteling en seer verlies geken. En met daardie ervaring kon sy met baie volwasse insig en nuuskierigheid oor moeilike temas skryf en by die leser ’n diep emosie uitlok om die skoonheid daarin te ervaar."

Gratis hulp vir leerders, onderwysers en ouers!

LitNet Skole 2025-02-14

Klik hier vir gratis vraestelle en antwoordstelle, van graad 1 tot graad 12, plus nog skakels vir onderwysers, leerders, ouers, navorsers en akademici.

LitNet-insetsel op Radio 786 se Barakat-program: LitNet se Skole-afdeling (LitNet Akademies)

Menán van Heerden, Robyn van de Rhede Akademies en skole 2025-02-13

In hierdie LitNet-insetsel gesels Robyn van de Rhede met Menán van Heerden oor LitNet se Skole-afdeling, komende naweek se SPAR Cape Town Ramadaan & Lifestyle Expo en LitNet se ope uitnodiging aan onderwysers. Fatima Allie gesels met die Barakat-span oor komende naweek se SPAR Cape Town Ramadaan & Lifestyle Expo, en die Afrikaanse Taalraad se ope uitnodiging aan onderwysers.

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Oor Trump en Suid-Afrika

Johann Rossouw Seminare en essays 2025-02-13

"Dat dele van die ANC-leierskap vandag aanvoer dat die Solidariteit Beweging ’n eensydige beeld van die land aan die buiteland voorhou, is verstaanbaar – en bedenklik – dog wat saak maak, is om die ANC na die onderhandelingstafel te dwing vir ’n bedeling wat nie langer berus op die koloniale taktiek van verdeel en heers nie, maar wat die land se potensiaal deur binnelandse samewerking sal ontsluit."

Die einde van die Amerikaanse republiek?

Rèné Eloff Menings 2025-02-13

"Die verhaal van die Amerikaanse revolusie het vir Arendt paradigmaties geword van hoe politieke gesag 'geskep' kon word binne ’n tydvak waarin tradisionele vorme van gesag soos tradisie en religie hulle houvas op mense begin verloor het."

Toorkombuis: Karen se bleddie lekker steak

Karen Hart Kos en wyn 2025-02-13

"Ek kon kwalik aan iets anders dink toe die sjef daardie wonderlike stuk vleis daar uit die hittige oond haal. Dis in die oond gebraai, kon jy sien, en nie oor die oop vuur van steakrestaurante nie. En dit het gedrup van die botter. Daardie hemelse stuk vleis land toe in die asblik ... danksy Mislike Miranda."

’n Wenslysie vir onderwys in Suid-Afrika: Alana Bailey soek na oplossings

Alana Bailey SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-02-12

"Dit sal wonderlik wees as Suid-Afrikaanse onderwys kan wegbeweeg van die oorbeklemtoning van akademiese prestasie, wat nie vir alle leerders moontlik is of bevrediging gee nie, en reeds op skoolvlak meer praktiese onderrig kan bied sodat iemand na twaalf of dertien jaar op die skoolbanke direk ’n eie besigheid kan bedryf of ’n spesialisloopbaan kan begin."

Skermgreep: The brutalist – ’n filmresensie                       

Leon van Nierop Film 2025-02-11

"Soos There will be blood (2007) sal hierdie rolprent uiteindelik uitstaan as ’n baken in die Amerikaanse rolprentbedryf wat deesdae, veral met superheldfilms, al hoe meer vervlak. ’n Bobaas film."

Wat sê Bettina? Ope brief aan Afrikaner-vlugtelinge op pad na Daddy Trump toe

Bettina Wyngaard Rubrieke 2025-02-11

"Hoekom, dink julle, is Steve en Kallie en daai span nie al lankal Amerika toe om hulle heil daar te soek nie? Kom ek help julle. ... Hulle weet die gras is net groener daar waar die mis die dikste gesmeer is, en hulle weet waar hulle die mis gestrooi het."

Ons biblioteke: ’n onderhoud met Kaylene Plaatjies

Braam Peens, Kaylene Plaatjies Boeke en skrywers 2025-02-11

Hierdie onderhoud met Kaylene Plaatjies is die sewentiende en laaste aflewering oor ons biblioteke.

Veertig jaar later: die eerste Swart Afrikaanse skrywersimposium

Hein Willemse Seminare en essays 2025-02-11

"Navorsing word deurlopend oor dié skrywers en die daaropvolgende geslagte skrywers gedoen, terwyl strominge soos swart feministiese of queerskryfwerk waarvan daar 40 jaar gelede nouliks sprake was, deesdae toenemend aandag kry." Die Departement Afrikaans en Neerlandistiek aan die Universiteit van Wes-Kaapland reël van 9 tot 11 Oktober 2025 die vyfde Sas-byeenkoms. 

Top