Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Loeriesfontein Hoërskool behaal ’n 100%-slaagsyfer: oud-matrikulante vertel hoe hulle dit reggekry het
2025-01-22"As ek moes in ’n ander taal onderrig gehad het, sou dit slegter gegaan het. Afrikaans is my huistaal wat ek mee grootgeword het en dis die taal wat ek die meeste gebruik en verstaan."
Trump en Suid-Afrika
2025-01-22Donald Trump is die afgelope Maandag as die 47ste Amerikaanse president beëdig. Wat beteken die Trump-presidensie vir Suid-Afrika? Freek Robinson praat met Jakkie Cilliers (Instituut vir Sekerheidstudies).
Hiporheïese sones: die lewer van riviere
2025-01-21"Net soos die menslike lewer voedingstowwe verwerk en skadelike stowwe in die liggaam ontgif, speel die hiporheïese sone ’n deurslaggewende rol in die filtrering en transformering van voedingstowwe en organiese materiaal. Dit reguleer die siklus van koolstof en stikstof, wat noodsaaklik is vir die handhawing van gesonde akwatiese ekosisteme."
Jan Alleman vs ChatGPT: Kan KI uit regswerk gehou word?
2025-01-21"[D]ie land se regspraktisyns wou hulself slap lag oor die nuus dat ’n litigant oënskynlik met ChatGPT-geskrewe hofstukke voor ’n hooggeregshofregter opgedaag het en gedink het hulle kan daarmee wegkom. Hierdie kollektiewe leedvermaak verklap wel iets van die eksistensiële krisis waarmee die globale witboordjiewerkskorps die laaste twee jaar worstel."
ATKV-SA Akademiepryse 2024: ’n onderhoud met Johann Rossouw
2025-01-20"Dit is in hierdie lig fassinerend om te sien hoe waarskynlik die mees mimeties wedywerende, moderne Amerikaanse president, Donald Trump, hom nou bevind in ’n bondgenootskap met tegno-oligarge wat hierdie wedywering industrialiseer." Johann Rossouw se LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)-artikel oor outomatisering as vername aspek van kunsmatige intelligensie (aan die hand van die denke van Bernard Stiegler en René Girard) is met ’n 2024 ATKV-SA Akademieprys bekroon. Jean Oosthuizen het met hom gesels oor sy navorsingsproses en hoe sy navorsing prakties toegepas kan word in die debat oor kunsmatige intelligensie en outomatisering in Suid-Afrika.
Agterstories: Hoe koffie ons ryk gemaak het
2025-01-20"Soos Galofré-Vilà verduidelik, het hierdie ruimtes die inligtingsnetwerke van daardie tyd verteenwoordig, waar mense ingekom het om ’n koffie of ’n drankie te geniet, idees te deel en in kontak te kom met mense uit verskillende omgewings en dissiplines. Dit is waarom ek die ontstaan van die nywerheidsomwenteling in Engeland sou korreleer met die aankoms van Londen se eerste koffiehuis, wat in 1652 deur Pasqua Rosée gevestig is."
Imigidi and the (d)evolution of Xhosa culture
2025-01-20"As much as I understand and respect the now common practice of clustering young boys under the care of a district surgeon or something similar, I lament the loss of other rituals in this arrangement. For one, unless families privately arrange this, there is now no teaching of the young men who they are amid the myriad clan origins. They come out of the mountains without any better or deeper understanding of their history and identity."
In memoriam: Johan Diederick Ungerer Geldenhuys
2025-01-20"Vanaf 1979 kan hy as hoof van Nedbank Groep se taaleenheid en later as dokumentasiehoof, tot sy uittrede in 2007, sy passie en loopbaan kombineer en ’n tasbare bydrae tot doeltreffende kommunikasie op hoofsaaklik finansiële gebied, en veral die ontwikkeling en standaardisering van saketerminologie, lewer."
Wat sê Bettina? Skietstilstand in Gaza
2025-01-20"Die groot vraag, vir my in elk geval, is hoekom Israel gehoor sal gee aan die verdere details van die skietstilstand die oomblik dat hulle al die gyselaars terug het?"
Seen elsewhere: New generational hate, fear and despair have been written
2025-01-19"Early in this ceasefire, it is, beyond the brief respite, hope and emotions, all too clear that this conflict has gained nothing meaningful in conflict terms."
Goue lint, my storie begint: Die effek van lees op kinders se breine
2025-01-17"Lees is een van die vaardighede wat jou brein kan bemeester wat soms as vanselfsprekend aanvaar word. Ons verwag dit reeds van kinders vanaf sewejarige ouderdom om te kan lees. Maar wat presies gebeur in jou brein wanneer jy lees?"
Dinkskrum: Die SAKP blaas ’n (welverdiende) roemlose aftog
2025-01-17"Wat Suid-Afrika eintlik nodig het, is ’n moderne konserwatiewe party, regs van die politieke spektrum, wat ’n teenvoeter gaan wees teen radikale linkses, toksiese feminisme en woke-isme wat dreig om alles en almal te vernietig."
Springmielies: Die terapeutiese waarde van oorlogsfilms
2025-01-16"Of dit nou deur persoonlike selfrefleksie of die konfrontasie van historiese trauma is, oorlogsfilms bied by wyse van katarsis en die skep van empatie ’n ruimte om genesing te fasiliteer."
Meta’s moderation cop-out will fuel misinformation
2025-01-16"Human rights observers have pointed out that Meta has been inconsistent in applying its own policies when it comes to, for instance, content related to Palestine, which has reportedly been systematically suppressed. In this regard, Zuckerberg’s positioning of fact-checking as a form of censorship aligns with Elon Musk’s supposed 'free-speech absolutism', which has also been shown to be not only hypocritical, but clearly in favour of interests on the far right of the political spectrum. But most of all, the timing of Meta’s announcement, on the eve of the return of Donald Trump to the White House, strongly suggests that Zuckerberg is currying favour with the new political powers in the US."
Ons biblioteke: ’n onderhoud met Charlotte Manuel
2025-01-16"Kinders kan nou ook hul opvoedkundige programme kom doen, byvoorbeeld Greenshoots, ’n aanlyn wiskundeprogram wat laerskole gebruik en wat ook op ons rekenaars beskikbaar is. Ons het ook ons gebruikers wat aanlyn vergaderings bywoon, onderhoude doen en werksoekers kom sien watter geleenthede daar is. Ons as kleindorpiebiblioteke bied lewensbelangrike dienste aan ons gemeenskappe, omdat almal nie toegang elders het tot al hierdie geriewe nie." Hierdie onderhoud met Charlotte Manuel is die vyftiende aflewering oor ons biblioteke.
Skermgreep: A real pain – ’n filmresensie
2025-01-16"Die dialoog is soos ’n gloeiende elektriese draad waar die woorde soos vonke heen en weer spring. Die kontras tussen die neefs en die wyse waarop hulle met mekaar kommunikeer is so oorbluffend natuurlik en oortuigend dat ’n mens nie kan dink dat daardie woorde in ’n draaiboek geskryf is nie."
Is matriek regtig die towerstaffie?
2025-01-15Die matriekuitslae is bekendgemaak en uit regeringskringe is daar groot opwinding oor die hoë slaagsyfer. Vertel dit egter die hele storie? Alana Bailey dink nie so nie. Freek Robinson het met haar gesels.
Op dees aarde: Vyf jaar ná Covid-19 – waar staan ons? Feite en onwaarhede
2025-01-15"Die Covid-19-pandemie het meer as 20 miljoen mense se dood veroorsaak en 130 miljoen in armoede gedompel. Sowat 300 000 Suid-Afrikaners het gesterf. Maar wat is geleer en hoe lyk die toekoms?"
Roelf Meyer oor Niël Barnard die strateeg en spanspeler
2025-01-15"Intelligensie het voortdurend insette gelewer. Onder andere Niël, maar ook van die analiste uit intelligensie. ’n Verskeidenheid van hulle. Dit is ouens wat vir ons regtig baie, baie bruikbare inligting op ’n deurlopende basis kon gee."
NB-Uitgewers en Jonathan Ball Publishers gooi kragte saam
2025-01-14"Ons is Suid-Afrikaanse uitgewers en ons gee boeke uit vir ’n Suid-Afrikaanse gehoor – dit bly ons primêre mark en deurentyd word kulturele en gemeenskaplike waardes vooropgestel."
