Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

’n Mooi verhaal vir Kersfees

Jannie Pretorius Menings 2024-12-24

"Die begraafplaas gaan nuwe lewe kry."

Bela onderteken: Wat gebeur volgende?

Naomi Meyer, Jaco Deacon SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2024-12-23

"Solank skole vol is en daar voldoende leerders van ’n bepaalde taalgemeenskap is, sal hulle die reg hê om onderrig in hulle taal te ontvang. Dit word gewaarborg in artikel 29(2) van die Grondwet. Die uitdaging kom gewoonlik waar die skool nie vol is nie en daar ’n ander taalbehoefte in die gemeenskap is." Jaco Deacon, Fedsas se uitvoerende hoof, beantwoord Naomi Meyer se vrae oor die bekragtiging van wetgewing en oor wat dit vir ouers van kinders in Suid-Afrikaanse openbare skole beteken.

Bela is nou wet

Christo van der Rheede Menings 2024-12-21

"Die Grondwet en die Handves van Menseregte is baie duidelik daaroor dat elke kind in ons land toegang moet hê tot die beste onderwys op sy of haar voorstoep! Om druk uit te oefen op ’n paar Afrikaanse skole om dubbelmediumonderwys in te stel, gaan nié die uitdagings in ons onderwysstelsel oplos nie."

Yet again, turmoil around a small town’s water: Cradock’s story and its wider messages

Chris Heymans Opinion 2024-12-20

"Over the past few weeks water services in Cradock in the Eastern Cape highlighted the plight of small towns when these services fail. It is reminiscent of a water sector adage that 'the problem is not the pipes; it’s the institutions that manage the pipes'."

Akademiese dialoog in Afrikaans: Pieter GR de Villiers oor LitNet Akademies se Godsdienswetenskappe-afdeling en die krag van gesprekvoering

Jean Oosthuizen, Pieter GR de Villiers Onderhoude 2024-12-20

Daniël Louw se LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)-artikel oor verwondering ondanks verwonding is vanjaar met ’n ATKV-SA Akademieprys bekroon. LitNet Akademies se Godsdienswetenskappe-afdeling-redakteur, Pieter GR de Villiers, verduidelik in ’n omvattende, diepgaande onderhoud aan Jean Oosthuizen hoe hy sy rol as redakteur van die Godsdienswetenskappe-afdeling sien.

ATKV-SA Akademiepryse 2024: ’n onderhoud met Daniël Louw

Jean Oosthuizen, Daniël Louw Onderhoude 2024-12-20

Daniël Louw se LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)-artikel oor verwondering ondanks verwonding is onlangs met ’n ATKV-SA Akademieprys bekroon. In ’n omvattende, indringende onderhoud oor sy werk verduidelik Louw breedvoerig wat “verwondering ondanks verwonding” vir hom beteken. Hy vertel ook hoe sy denke mense kan help om die uitdagings en vrees vir aftakeling, sterwe en verlies beter te hanteer.

Ek en jy en die Midde-Ooste

Freek Robinson, Marthie Momberg Onderhoude 2024-12-19

Wat is aan die gang in Sirië? Hoe hou dit verband met die vernietiging van Gaza? Het die konflik in die Midde-Ooste werklik enige impak op gewone Suid-Afrikaners? Waarom meng ons regering in?

Koerante: sewe heildronke … en ’n huildronk

Hennie van Deventer Menings 2024-12-19

"Laat ons die lewe van papierkoerante vier met ’n terugblik wat op hul roemrykste prestasies konsentreer. Glorie-oomblikke was daar in beter dae, en voorspoediger tye immers talryk."

Rooisand deur Jeremy Vearey: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Hein Willemse Resensies 2024-12-18

"Konvensies van vergange eras ten opsigte van byvoorbeeld geslag en seksualiteit, etnisiteit en 'ras' verskil vandag hemelsbreed van wat selfs ’n paar dekades gelede as normatief aanvaar is. Dit het tot gevolg dat afwykings van tradisionele strukturering belangwekkende gevolge het."

Op Breyten Breytenbach se nalatenskap in Oxford

Luan Staphorst Menings 2024-12-18

"Wat die registeroptekenaars nie blyk te begryp het nie, is dat dit in Yolande se eie skrif is – dat ons hier, deur hierdie inskrywing, beide Breyten en sy beminde se handskrifte in Oxford sien verewig is."

Hier.Na op DStv Box Office: ’n onderhoud met Trudy van Rooy

Naomi Meyer, Trudy van Rooy kykNET Portaal 2024-12-18

"But ultimately what helped me uncover Fairuz and all my characters in general, was working to discover our shared humanity." Trudy van Rooy gesels met Naomi Meyer oor haar rol in die kykNET Silwerskermfees-film Hier.Na, wat vanaf 16 Desember 2024 op DStv BoxOffice vir stroming beskikbaar is.

ATKV-Crescendo op 50: ’n onderhoud met die heel eerste wenner

Naomi Meyer, Rouel Beukes Onderhoude 2024-12-18

"Wat dit [ATKV-Crescendo] wel vir my beteken het, is dat daar kennis van my geneem is en ek aangemoedig is om aan meer klassieke sangkompetisies deel te neem, wat ek toe gewen het. Dit het my in staat gestel om oorsee te gaan studeer, en dit het die basis gelê van my sukses as nasionale asook internasionale sanger."

Agterstories: Wat Sophia ons kan leer oor die ekonomie van slawerny

Johan Fourie Rubrieke 2024-12-18

"Mens sou hoop dat die geskiedenisdepartemente van universiteite soos Kaapstad en Stellenbosch – geleë in die distrikte waar die meeste Kaapse slawe sou gewoon en gewerk het, en waar baie afstammelinge steeds hunker na ’n beter verstaan van hul eie geskiedenis – hierdie gaping sou raaksien en aanspreek." 

Elders gesien: Riet de Jong-Goossens is oorlede

Ena Jansen Elders gesien 2024-12-14

"Sy het meer as 60 boeke uit Afrikaans vertaal, onder meer Agaat, Eilande en Vatmaar, en was bevriend met baie skrywers."

Persverklaring: Annelie Botes se wêreld van woorde was ’n amulet teen seerkry

LitNet Boeke en skrywers 2024-12-13

Annelie se koerantrubrieke was tot op die laaste pitkos vir lesers. Dít was die skryfwerk wat haar onverdunde genot verskaf het: om van die alledaagse kom en gaan, lag en huil, ’n storie te maak. Tot op die laaste dae van haar aardse reis het sy hierdie gedagtes met haar lesers gedeel.

Huldeblyk: Annelie Botes

Melt Myburgh In memoriam 2024-12-13

"Sy het generasies lesers aan die lees gehou, en generasies mense laat lag, laat huil en soms laat stik. Maar altyd met onvoorwaardelike liefde vir almal met wie sy te doen gekry het."

Elders gesien: Annelie Botes het stories en mense geken

Sidney Gilroy Elders gesien 2024-12-13

"In 2014 het jy my onder jou vlerk geneem en aangebied om met my skryfwerk te 'interfereer'."

Wat sê Bettina? Kersfees in ’n oorlogsone

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-12-13

"Kersfees is deesdae ’n dag verwyder van die godsdienstige konteks, maar steeds verbonde aan die medemenslik-empatiese konteks, die idee van 'peace on earth and goodwill to all men'. Maar deesdae is daar al minder vrede en al minder goedgesindheid teenoor mekaar."

Programrede: In 2025 word die Afrikaanse Taalmonument 50

Jean Meiring Seminare en essays 2024-12-12

"In ’n mens se lewe dui hierdie ouderdom op ’n middeljarigheid, op ’n stadig word, op die koms van mankoliekheid, en kruipende melankolie. Maar in die lewe van ’n monument is dit maar die eerste oogwink." 

Onderwysers in Suid-Afrika – hie is jou exit plan!

Tasneem Daniels Menings 2024-12-12

"Om R100 000 te spend op ’n onderwysgraad, dan is djy forced om ’n R6 000 contract te aanvaar by ’n skool wattie ’n proper fundraising team het om mee geld in te bring om vi jou ’n proper salary te betaal’ie – maak hierie logic vi jou sin?"

Top