Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Is brandweerpersoneel vir 2025 wat verpleegpersoneel vir 2020 was?
2025-01-10"Beeldmateriaal van die buite-beheer-brande wat hele woonbuurte in Los Angeles in puin laat, speel die afgelope paar dae voortdurend op televisie en op sosiale media af."
Geloftedag 2024: waarom die oplewing?
2025-01-10"Dat Geloftedag in 2024 nog gevier word, is nie ’n verrassing nie. Daar is ook min twyfel dat daar vir jare wat nog kom, Geloftefeeste gaan wees. Die vraag hier is eerder hóékom daar so ’n oplewing in dié viering is, en veral hoekom jongmense hierby aanklank vind na drie dekades van ’n nuwe bedeling."
Wat sê Bettina? Vroueregte in 2025
2025-01-09"Vir die eerste keer in dekades wil dit voorkom asof vroue nou minder regsbeskerming het en blootgestel word aan meer gevare as geslagte vroue voor hulle. ’n Jong vrou in 2025 het minder regte as wat haar ouma in die 1950’s gehad het."
Reguit met Robinson – Mosambiek: onrus in ons buurland
2025-01-08Wie is die belangrike rolspelers? Hoe raak die geweld Suid-Afrika, Mosambiekers en Suid-Afrikaners in Mosambiek? Freek Robinson vind meer uit by Joe van der Walt van die risikobestuursmaatskappy Focus Group.
Bela, stiefmoeder van noodgedwonge vernuwing
2025-01-08"Hoewel tradisionele skole om baie redes bo tuisonderrig verkies kan word, moet daar nuut, en op ’n nuwe manier, na tuisonderwys gekyk word as ’n alternatiewe model ... KI maak moedertaalvertalings van byna enige leermateriaal moontlik."
Die ware waarde van jou gekoopte kaartjie tydens ’n Kunstekaap-produksie
2025-01-08"Die kunste is ’n enorme bedryf en ons goed geoliede masjien by Kunstekaap skep steeds werk vir honderde mense wat brood op die tafel moet sit om sodoende ’n volhoubare ekonomiese ekosisteem te onderhou, wat weer ’n reuse- ekonomiese inspuiting bied in Kaapstad en omstreke."
Wat sê Bettina? Nobs Mkhize en swart op swart rassisme
2025-01-06"Swart op swart rassisme kom nie van vandag aan nie. Xenofobie ruk kort-kort handuit, soms met steun van politici. Mikroaggressie tussen bruin en swart kom gereeld voor, maar dit word geïgnoreer."
LitNet-insetsel op Radio 786 se Barakat-program: ’n onderhoud met Mogamat Kamedien
2025-01-05Radio 786 se maandelikse Barakat-program, met Fatima Allie, word aangebied in samewerking met die Afrikaanse Taalraad en LitNet. In die LitNet-insetsel gesels Robyn van de Rhede en Menán van Heerden met kultuurerfenisaktivis Mogamat Kamedien.
LitNet-insetsel op Radio 786 se Barakat-program: ’n onderhoud met Carla Theart
2025-01-03Radio 786 se maandelikse Barakat-program, met Fatima Allie, word aangebied in samewerking met die Afrikaanse Taalraad en LitNet. In die LitNet-insetsel gesels Robyn van de Rhede en Menán van Heerden met onderwyser Carla Theart.
Vibe shifts: Post-woke in '25? The new escalatory approach to history
2025-01-02"Forget the standard view of politics as left versus right, populist versus traditionalist, politically correct versus, well, just about everything else. That’s all old hat now in our brave new world. Instead, a simplified and much easier way of understanding the times we live in, compared with old school history with boring events and the like, is through something called vibe shifts."
Oudword in Utopia
2025-01-02"Aftreeoorde bied unieke uitdagings, omdat die inwoners nie ’n gesiglose massa is nie, maar elk sy of haar eie unieke ervarings beleef."
Seisoengroete aan die einde van 2024
2024-12-24LitNet wens al sy lesers en bydraers ’n salige feestyd aan die einde van hierdie jaar toe.
Bela onderteken: Wat gebeur volgende?
2024-12-23"Solank skole vol is en daar voldoende leerders van ’n bepaalde taalgemeenskap is, sal hulle die reg hê om onderrig in hulle taal te ontvang. Dit word gewaarborg in artikel 29(2) van die Grondwet. Die uitdaging kom gewoonlik waar die skool nie vol is nie en daar ’n ander taalbehoefte in die gemeenskap is." Jaco Deacon, Fedsas se uitvoerende hoof, beantwoord Naomi Meyer se vrae oor die bekragtiging van wetgewing en oor wat dit vir ouers van kinders in Suid-Afrikaanse openbare skole beteken.
Bela is nou wet
2024-12-21"Die Grondwet en die Handves van Menseregte is baie duidelik daaroor dat elke kind in ons land toegang moet hê tot die beste onderwys op sy of haar voorstoep! Om druk uit te oefen op ’n paar Afrikaanse skole om dubbelmediumonderwys in te stel, gaan nié die uitdagings in ons onderwysstelsel oplos nie."
Yet again, turmoil around a small town’s water: Cradock’s story and its wider messages
2024-12-20"Over the past few weeks water services in Cradock in the Eastern Cape highlighted the plight of small towns when these services fail. It is reminiscent of a water sector adage that 'the problem is not the pipes; it’s the institutions that manage the pipes'."
Akademiese dialoog in Afrikaans: Pieter GR de Villiers oor LitNet Akademies se Godsdienswetenskappe-afdeling en die krag van gesprekvoering
2024-12-20Daniël Louw se LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)-artikel oor verwondering ondanks verwonding is vanjaar met ’n ATKV-SA Akademieprys bekroon. LitNet Akademies se Godsdienswetenskappe-afdeling-redakteur, Pieter GR de Villiers, verduidelik in ’n omvattende, diepgaande onderhoud aan Jean Oosthuizen hoe hy sy rol as redakteur van die Godsdienswetenskappe-afdeling sien.
ATKV-SA Akademiepryse 2024: ’n onderhoud met Daniël Louw
2024-12-20Daniël Louw se LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)-artikel oor verwondering ondanks verwonding is onlangs met ’n ATKV-SA Akademieprys bekroon. In ’n omvattende, indringende onderhoud oor sy werk verduidelik Louw breedvoerig wat “verwondering ondanks verwonding” vir hom beteken. Hy vertel ook hoe sy denke mense kan help om die uitdagings en vrees vir aftakeling, sterwe en verlies beter te hanteer.
Ek en jy en die Midde-Ooste
2024-12-19Wat is aan die gang in Sirië? Hoe hou dit verband met die vernietiging van Gaza? Het die konflik in die Midde-Ooste werklik enige impak op gewone Suid-Afrikaners? Waarom meng ons regering in?
Koerante: sewe heildronke … en ’n huildronk
2024-12-19"Laat ons die lewe van papierkoerante vier met ’n terugblik wat op hul roemrykste prestasies konsentreer. Glorie-oomblikke was daar in beter dae, en voorspoediger tye immers talryk."
