
- LitNet het sy lesers uitgenooi om iets vir Gekkedag 2025 te skryf. Jy is ook welkom om iets te stuur! Lees Liny Kruger se bydrae hier onder.
Ek staan nou-nou in die kombuis en hoor skielik ’n klipharde getok op die soliede rand bo-op my rietdak. Hardloop uit om te kyk wat aangaan: ’n Groot swart kraai sit met ’n yslike blink ronde iets in sy bek. Ek steek my hand uit en vra nogal mooitjies: “Bring dit hiernatoe?” Op daardie noot sluk die kraai die ding in. Sy kraalogies kyk vir my en blink sommer so helder soos daai silwer bol, so asof dit met die sluk in sy oog gaan sit het. Vlieg toe weg, ka-ka-ka-ka. Daar staan ek, tricked into in a little story of April Fool’s Gold.
Lees ook:

