Gekkedag 2025: ’n slang in die gras

  • 0

  • LitNet het sy lesers uitgenooi om iets vir Gekkedag 2025 te skryf. Jy is ook welkom om iets te stuur! Lees Liny Kruger se bydrae hier onder.

Daar was ’n klein silwer slang in die huis. Die slangvanger het nie die oproep beantwoord nie. Hy vra gewoonlik R100 om ’n slang te vang en in die krans los te laat. Maar die vorige week, toe daar ook nét so ’n klein slang deur hom gevang is, het hy na bepeinsing besluit: Die kleiner slange is halfprys. Ek was in die oomblik besig om ’n mooi nuwe roos te bewonder, toe seil die silwer slangetjie deur my sielsoomblik tot op die sitkamermat. Daar lê hy tjoepstil. Ek roep toe maar vir Jonathan wat besig was om in die tuin te werk. Hy vang die slang sommer tjoef-tjaf en kry dit binne ’n Tupperware-bak en sit af krans toe om dit daar los te laat. Soos dit hiér gedoen word. Terug by die huis, gee hy die bakkie terug en sê ek moet dit maar was. “Nee,” sê ek. “Wie in die dorp kan nog sê dat hulle ’n Tupperware vol slangasem het. Ek gaan dit hou!” Hy het my verwilderd aangekyk en sy kop geskud. Gelukkige gekkedag!

Groete, Liny Kruger

Lees Gekkedag 2025-bydraes hier:

1 April 2025: Gekkedag-uitnodiging

Gekkedag 2025: Die hoogtepunt van wanhoop

Gekkedag 2025: Maak vol asseblief

Gekkedag 2025: By ampermoedverloor, ’n klippepad, slaggatpad en ’n bakkopslang verby

Gekkedag 2025: My man is ’n man met ’n plan (en hy sing soos ’n kanarie)

Gekkedag 2025: Om oor ’n swart hond te struikel

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top