1 April 2025: Gekkedag-uitnodiging

Die LitNet-redaksie nooi mense uit om vir ons te skryf oor dinge in die lewe wat gek is. Dit kan oor enigiets gaan: hoe absurd die prys van brood is, of hoe snaaks dit lyk as sekere mans snorre kweek, of watter regerings aan bewind is, of hoe vergesog dit is wat in verskillende wêrelddele aan die gang is – of net eenvoudig iets snaaks, ’n onverwagse of humoristiese staaltjie wat jy met die res van ons lesers wil deel.