Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Breyten Breytenbach: die buitelyn van verlies
2024-12-03"Daar is ’n enorme leemte, ’n gat waar dié uitsonderlik produktiewe skrywer eens was; gelukkig is die werk nog daar en sal dit ons bly uitdaag."
Bela-wet: ’n onderhoud met Jaco Deacon
2024-12-02"Die afgelope week se mediaberigte, en veral die verskillende mediaverklarings wat uitgereik is, laat dit lyk of ons in ’n verkiesingstyd is. Menings staan lynreg teenoor mekaar en uit die reaksies is dit duidelik dat die ANC intern verdeel is, maar ook dat die regering uit verskillende monde praat. ... Die Nedlac-skikking wysig geensins die wet nie, maar skep ’n geleentheid dat dit wel sou kon plaasvind. Dit is ’n ooreenkoms met die regering, en die regering sal nou prosesse moet skep om uitvoering hieraan te gee."
My kennismaking met Breyten Breytenbach, die maer man met die groen trui
2024-12-02"Ek het die essensie van sy Zen-houding my eie gemaak: om in die hier en die nou te lewe; om elke verskynsel as ’n blommetjie in die liggaam van Boeddha te beskou – alles ewe belangrik en alles met bewussyn deurtrek; om te weet dat niks ooit finaal is nie maar ’n ewige kringloop. Ook die lewe en die dood. Jin en jang – lig en donker, goed en kwaad, lewe en dood, verhewe en platvloers – die een bestaan in terme van die ander, nie as teenoorgesteldes en teenstrydighede nie."
16 dae van aktivisme: Laat jou stem hoor
2024-12-02"Tussen die departement en die organisasies ter ondersteuning van GBV-bekamping, het hulle 24 564 slagoffers gesien wat sielkundige maatskaplike dienste genader het. Dit is eintlik net die oppervlak."
Communities need the arts to heal and thrive
2024-12-02"As a government agency, we take our mandate from our country’s Constitution to work actively and diligently toward implementing social cohesion, human rights, equity, equality and the mainstreaming of accessibility for all persons impaired by disabilities, among other duties."
Persverklaring: Huldeblyk aan Breyten Breytenbach – NB-Uitgewers
2024-11-29NB-Uitgewers en Human & Rousseau bring hiermee hulde aan ons volksdigter Breyten Breytenbach wat op 23 November 2024 op 85-jarige ouderdom oorlede is. "Die verlies is onmeetbaar," het sy uitgewer, Nèlleke de Jager van Human & Rousseau, gesê.
Wat sê Bettina? Oor Swart Vrydag-winskopies
2024-11-29"Soveel mense sê hulle veg vir Afrikaans, maar hoeveel ondersteun WAT se werk? Dalk is hierdie Swart Vrydag-aanbod, wat boonop nog tot in Desember strek, die ideale geleentheid om geld aan iets blywend te bestee."
Om in 2024 te boer
2024-11-28Die Oos-Kaapse boer Dwayne Kaschula is verlede week as AgriSA en Toyota se Jongboer van die Jaar bekroon. Freek Robinson gesels met hom oor onder meer voedselsekerheid, volhoubaarheid, werkskepping, grondonteiening sonder vergoeding, en plaasmoorde.
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Oor Breyten; vir Breyten
2024-11-28"Vir sy poging om ons uit die tronk van onbewustheid te bevry, is Breyten tronk toe gestuur."
Breyten Breytenbach – aanhou beweeg en geraas maak ...
2024-11-28"Na maande se versigtige en eerbiedwaardige bekommernis van vriende kom die boodskap in die 'uur van die idiote' op 24 November 2024: Breyten het rustig oorgestap na die groot anderkant."
Herinneringe aan my oom Breyten
2024-11-27"Daar is Breyten. Hy sit in ’n klein vierkantige kamer agter ’n dik laag glas. Niemand kan hom hoor nie. Hy lyk verskriklik alleen. Hy wil nie na my kyk nie. My ma het ’n bos blomme vir hom gebring. Ek verstaan nie hoekom hy so eenkant moes wees nie. Jare later lees ek wat my ma geskryf het oor daardie verskriklike tronkjare."
Het die waarheid ook grense, of is dit absoluut?
2024-11-27"Die begrenste waarheid versus die absolute waarheid. Dit is waaraan ek oplaas gedink het toe ek gevra is om iets te skryf oor die relletjie rondom die Winckler-egpaar se beplande optrede by die Breytenbach Sentrum te Wellington. ... Het konserwatiewe mense nie gelyke reg op vryheid van spraak nie?"
Gordyn lig oor enkele dae vir My fair lady: ’n onderhoud met Graham Hopkins
2024-11-26Graham Hopkins gesels met Maryke Roberts oor My fair lady wat van 12 Desember tot 12 Januarie in die Kunstekaap Operahuis opgevoer word voor dit na Johannesburg en Durban reis: "Kuns is universeel en goeie kuns weerspieël die mensdom, onbeperk deur tyd en konteks. Ons moet ’n eng, hier-en-nou beoordeling van teater vermy."
25 minute met Waldimar Pelser oor ’n kwarteeu van kykNET
2024-11-26"Op 15 November 1999 was kykNET ’n blinknuwe Afrikaanse kanaal wat vir die eerste maal sy gesig op TV gewys en sy stem op TV laat hoor het. Nou, 25 jaar later, gesels Waldimar Pelser, die kanaaldirekteur van M-Net se premiumkanale (wat kykNET insluit) met Bibi Slippers oor die afgelope kwarteeu se gehaltevermaak, en wat (moontlik) in kykNET se komende kwarteeu voorlê."
Persverklaring: Huldeblyk aan Breyten Breytenbach, ’n pionier in Afrikaanse Letterkunde
2024-11-25Sy werk, wat in verskeie tale vertaal is, is steeds ’n kernonderdeel van Suid-Afrika se literêre erfenis en word wyd bestudeer, selfs as voorgeskrewe werke op skoolvlak.
Lewensreis: ’n huldeblyk aan Breyten Breytenbach
2024-11-25"Vir haar kon jy om die dood nie ’n wrang
vers skryf nie, want sy bly jou Ounooi.
By haar het jy geleer om om die dood nie
aan ’n mondvol bitter woorde te smul nie."
Moeg vir groet
2024-11-25"Dood is nie die stilte nie,
jy het mos gepraat van die brug
waar jy staan en wag vir die nagvoël,
waar water oor die klippe gly,
waar die dood sy stem verloor."
Altyd Breyten, die man met die groen trui
2024-11-25"Breyten het gereeld, veral naby sy verjaardag op 16 September en die jaarlikse Tuin van Digters-fees ’n gedig per e-pos gestuur. Soms met die woorde 'gebruik dit soos jy goed dink'."
Gesprekskuns: Breytenbach se blywende, lewende nalatenskap
2024-11-25"Hy het die waarheid van hibriditeit as kern van menswees bly deurgee aan lesers oor die wêreld heen, nooit as ’n pamflet nie, maar as ’n veelkantige insig wat sy werk deurspek."
Breytenbach family press release
2024-11-24It is with deep sorrow that the Breytenbach family announces the passing of Breyten Breytenbach earlier today, Sunday 24 November 2024.
