Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Om Breyten te begrawe
2024-12-04"Sy dogter Daphnée plaas ’n paar ingeloopte rooi vellies op die kis se voetenent. Ons word genooi om roosblare oor sy kis te strooi."
ATKV-Crescendo op 50: ’n onderhoud met die projekorganiseerder, Morné van Staden
2024-12-04"Indien mense van goeie musiek hou, en die nuwe kunstenaars en hul musiek wil ondersteun, en indien mense die skep van nuwe oorspronklike goeie-gehalte- Afrikaanse musiek ondersteun of wil ondersteun, is Crescendo die plek om dit te doen, en natuurlik as jy ook belangstel om te hoor hoe klink Afrikaans in ander variëteite en genres."
Hoekom my hart so bloei oor die koerante
2024-12-04"Oor hoe diep dit my persoonlik raak – en hoekom so – het ek tog maar nog ’n vir-oulaas-woord op die hart."
Language and lexicons of thought and communication
2024-12-04"How and when will we find the simplification and Google Understanding Translate to help overcome the language and lexicon barriers to human understanding of universal or global issues?"
Op dees aarde: Die Taung-kind – hoe hy die mens verander het
2024-12-04"Een van die wêreld se belangrikste hominiedfossiele is 100 jaar gelede in Suid-Afrika gevind. Die ontdekking van die Taung-kind (Australopithecus africanus) het nié net uiteindelik gelei tot Sterkfontein as een van die rykste fossielterreine op aarde nie, dit het ook rassistiese en godsdienstige sienings oor die ontstaan van die mens ’n wetenskaplike nekslag toegedien."
Die leuen waardeur ons die waarheid praat
2024-12-03"En dit was dit. Daardie enkele sin. Betekenis. ’n Lewensdoel. Dit was die oomblik in my lewe toe ek geweet het – ek het dit beslis geweet – wat my professionele fokus sou wees. Op een of ander manier sou ek van daardie dag af altyd werk met daardie kwessies – armoede en siekte – wat daardie klein dogtertjie doodgemaak het."
Breyten Breytenbach: die buitelyn van verlies
2024-12-03"Daar is ’n enorme leemte, ’n gat waar dié uitsonderlik produktiewe skrywer eens was; gelukkig is die werk nog daar en sal dit ons bly uitdaag."
Bela-wet: ’n onderhoud met Jaco Deacon
2024-12-02"Die afgelope week se mediaberigte, en veral die verskillende mediaverklarings wat uitgereik is, laat dit lyk of ons in ’n verkiesingstyd is. Menings staan lynreg teenoor mekaar en uit die reaksies is dit duidelik dat die ANC intern verdeel is, maar ook dat die regering uit verskillende monde praat. ... Die Nedlac-skikking wysig geensins die wet nie, maar skep ’n geleentheid dat dit wel sou kon plaasvind. Dit is ’n ooreenkoms met die regering, en die regering sal nou prosesse moet skep om uitvoering hieraan te gee."
My kennismaking met Breyten Breytenbach, die maer man met die groen trui
2024-12-02"Ek het die essensie van sy Zen-houding my eie gemaak: om in die hier en die nou te lewe; om elke verskynsel as ’n blommetjie in die liggaam van Boeddha te beskou – alles ewe belangrik en alles met bewussyn deurtrek; om te weet dat niks ooit finaal is nie maar ’n ewige kringloop. Ook die lewe en die dood. Jin en jang – lig en donker, goed en kwaad, lewe en dood, verhewe en platvloers – die een bestaan in terme van die ander, nie as teenoorgesteldes en teenstrydighede nie."
16 dae van aktivisme: Laat jou stem hoor
2024-12-02"Tussen die departement en die organisasies ter ondersteuning van GBV-bekamping, het hulle 24 564 slagoffers gesien wat sielkundige maatskaplike dienste genader het. Dit is eintlik net die oppervlak."
Communities need the arts to heal and thrive
2024-12-02"As a government agency, we take our mandate from our country’s Constitution to work actively and diligently toward implementing social cohesion, human rights, equity, equality and the mainstreaming of accessibility for all persons impaired by disabilities, among other duties."
Persverklaring: Huldeblyk aan Breyten Breytenbach – NB-Uitgewers
2024-11-29NB-Uitgewers en Human & Rousseau bring hiermee hulde aan ons volksdigter Breyten Breytenbach wat op 23 November 2024 op 85-jarige ouderdom oorlede is. "Die verlies is onmeetbaar," het sy uitgewer, Nèlleke de Jager van Human & Rousseau, gesê.
Wat sê Bettina? Oor Swart Vrydag-winskopies
2024-11-29"Soveel mense sê hulle veg vir Afrikaans, maar hoeveel ondersteun WAT se werk? Dalk is hierdie Swart Vrydag-aanbod, wat boonop nog tot in Desember strek, die ideale geleentheid om geld aan iets blywend te bestee."
Om in 2024 te boer
2024-11-28Die Oos-Kaapse boer Dwayne Kaschula is verlede week as AgriSA en Toyota se Jongboer van die Jaar bekroon. Freek Robinson gesels met hom oor onder meer voedselsekerheid, volhoubaarheid, werkskepping, grondonteiening sonder vergoeding, en plaasmoorde.
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Oor Breyten; vir Breyten
2024-11-28"Vir sy poging om ons uit die tronk van onbewustheid te bevry, is Breyten tronk toe gestuur."
Breyten Breytenbach – aanhou beweeg en geraas maak ...
2024-11-28"Na maande se versigtige en eerbiedwaardige bekommernis van vriende kom die boodskap in die 'uur van die idiote' op 24 November 2024: Breyten het rustig oorgestap na die groot anderkant."
Herinneringe aan my oom Breyten
2024-11-27"Daar is Breyten. Hy sit in ’n klein vierkantige kamer agter ’n dik laag glas. Niemand kan hom hoor nie. Hy lyk verskriklik alleen. Hy wil nie na my kyk nie. My ma het ’n bos blomme vir hom gebring. Ek verstaan nie hoekom hy so eenkant moes wees nie. Jare later lees ek wat my ma geskryf het oor daardie verskriklike tronkjare."
Het die waarheid ook grense, of is dit absoluut?
2024-11-27"Die begrenste waarheid versus die absolute waarheid. Dit is waaraan ek oplaas gedink het toe ek gevra is om iets te skryf oor die relletjie rondom die Winckler-egpaar se beplande optrede by die Breytenbach Sentrum te Wellington. ... Het konserwatiewe mense nie gelyke reg op vryheid van spraak nie?"
Gordyn lig oor enkele dae vir My fair lady: ’n onderhoud met Graham Hopkins
2024-11-26Graham Hopkins gesels met Maryke Roberts oor My fair lady wat van 12 Desember tot 12 Januarie in die Kunstekaap Operahuis opgevoer word voor dit na Johannesburg en Durban reis: "Kuns is universeel en goeie kuns weerspieël die mensdom, onbeperk deur tyd en konteks. Ons moet ’n eng, hier-en-nou beoordeling van teater vermy."
25 minute met Waldimar Pelser oor ’n kwarteeu van kykNET
2024-11-26"Op 15 November 1999 was kykNET ’n blinknuwe Afrikaanse kanaal wat vir die eerste maal sy gesig op TV gewys en sy stem op TV laat hoor het. Nou, 25 jaar later, gesels Waldimar Pelser, die kanaaldirekteur van M-Net se premiumkanale (wat kykNET insluit) met Bibi Slippers oor die afgelope kwarteeu se gehaltevermaak, en wat (moontlik) in kykNET se komende kwarteeu voorlê."
