
Wie is Simon Witbooi?
Moenie ’n eenvoudige antwoord verwag nie, want daar is nie eenstemmigheid oor woorde nie. Vir té lank is gedink dat taal vasgevang is in template. Juis daarom skep hy, juis daarom is HemelBesem ’n pyl uit die groot onderbewussyn.
As HemelBesem wil hy deur sy skeppings die bestaande idees rondom woordbetekenisse verruim. Eers dán, wanneer nuwe betekenis by die bestaande template gevoeg word, kan ons mekaar begin verstaan. Dan kan ons ook ons eie menswees begin omarm. Ons elkeen is immers deel van ’n groter konteks, ons individuele menswees is deel van ’n gemeenskap.
Maar die vraag bly: Wie is hy? Wie is Simon Witbooi, wat ook bekend staan as HemelBesem? Om daardie vraag te beantwoord, moet ons mekaar kry by: Wat bedoel jy?
Lees ook:
Carla Heising: Khoekhoegowab, ti ǂnīsasib | Khoekhoegowab, my trots
Denver Breda: Sada Ûib
Denver Breda: Wie is ons sonder ons tale?
Willa Boezak: Ont-taling
Denver Breda: ’n Eersteklas byeenkoms vir Suid-Afrika se Eerste nasie

