LitNet25-skrywersberaad
Jeugboeke, die unieke uitdaging
2025-12-18“Tieners lees nie meer nie!” sê hulle. “Bog!” sê Hannes Barnard en haal dan statistiek aan om die teendeel te bewys.
Lucky bastard
2025-12-11He grew up in a good household near Durban. At a delicate age, he learned that he was adopted. It shook his sense of identity, as he no longer was the boy he had been brought up to be. In his recently completed memoir, Lucky bastard, Anthony Akerman focuses primarily on how his life was shaped by the knowledge of his adoption.
Audi alteram partem – hoor die ander party
2025-12-03Anschen Conradie het Saterdag 29 November 2025, as ’n spesiale Koker-toekenning, ’n erepenning van die Afrikaanse Taalraad ontvang. In Julie 2025 het Conradie opgetree by die Etienne van Heerden Veldsoiree as deel van die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad, waar Izak de Vries en lede van die gehoor haar uitgevra het oor haar liefde vir boeke en haar enorme bydrae tot die bemarking van lees.
Brief en repliek: Beeldvorming van (Suid-) Afrikaanse digters in die Lae Lande
2025-11-27Roux se lesingnotas het die vorm van ’n reeks briewe tussen hom en Yves T’Sjoen aangeneem. Roux sou vrae en probleme opper. T’Sjoen sou daarop antwoord. In hierdie lesing, gelewer tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée, belig Roux die gesprekke wat tussen hom, T’Sjoen, hulle studente en ’n aantal deelnemende digters gevoer is.
Die boublokke van kinderliteratuur
2025-11-26"Suid-Afrikaanse uitgewers verstaan hul plaaslike mark baie goed. Die Afrikaanse mark is gevestig en skrywers wat vir die mark skryf – wat hulle by spesifieke ouderdomsgroepe bepaal en op belangstellings en ander kenmerke fokus wat vir Afrikaanse kinders belangrik is – het ʼn groter kans om ʼn leser te bereik."
Frederik van Zyl Slabbert (1940–2010) en die kwessie van Afrikaneridentiteit
2025-11-20"Hy het besef dat Afrikaans, as gevolg van apartheid, aansienlike politieke bagasie dra, maar dit was nie voldoende rede om die taal oorboord te gooi nie. Dit was volgens hom eerder ’n uitdaging om ’n taal met soveel bekoring en uitdrukkingsvermoë te herbedink en op tersiêre vlak te laat herleef in ’n tyd van onvastheid en oorgang."
Die donker kant van die taal: Afrikaanse doods- en swartmetaal
2025-11-20Hierdie lesing is op Vrydag 25 Julie 2025 te Cradock/Nxuba gelewer tydens die jaarlikse Etienne van Heerden Veldsoirée as deel van die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad. In sy bydrae som Burgert Senekal twee veel langer akademiese artikels op wat in LitNet Akademies gepubliseer is. Wees gewaarsku dat die video kru woorde bevat.
Die mediosfeer
2025-11-13Hierdie lesing is op Saterdag 26 Julie 2025 te Cradock/Nxuba gelewer tydens die jaarlikse Etienne van Heerden Veldsoirée as deel van die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad. In sy bydrae som Bernard Odendaal ’n veel langer LitNet Akademies-artikel op wat in 2024 gepubliseer is.
Dinge wat ons kan doen om boeke te bemark
2025-11-12"Moderne oorlogvoering span tegnologie in om met die druk van ’n knoppie grootskaalse verwoesting te saai. Die skaam IT-tegnikus word selfs in spesmagte se operasies ingespan om oorwinning te verseker en lewensverlies te beperk. Hoekom nie dieselfde beginsels in die boekwêreld toepas nie?"
Uitdrukkingsvryheid
2025-11-07"Die inligtingsekosisteem in hierdie tyd van die algoritmes en gekonsentreerde media-eienarskap het verander van ’n passiewe infrastruktuur vir kommunikasie in die laat 1990’s tot ’n aktiewe wapen vir aanvalle op medemense, magsug en disinformasie in die 2000’s."
NALN: Daar was al ’n brand hier
2025-10-29"Vandag is dié stelsel buite die gebou toegedraai. Die pype lek."
Bye-bye and thanks to AI
2025-10-23"The next morning, there was a little AI niggle in my brain. What if? Could it be? Was it time to pack up and go teach English to little children in South Korea?"
Die storie van ’n storie: van roman tot draaiboek
2025-10-16"Die verhaal is uitgeknip vir ’n film: Dis ’n buitengewone avontuur; dis ’n liefdesverhaal; dit klop met die gees van ons tyd van klimaatskrisis; dit het emosionele en intellektuele diepte, en sterk visuele trefkrag."
Om die sterflikheid van blomme en mense
2025-10-09"Dit is hoekom ek leen by literatuur. Dit maak vir my sin. Hoe ek dit doen kan ek slegs verduidelik deur my liedjies te deel. Hiermee dan ’n paar voorbeelde."
KI en die vryskutwoordsmid: ’n fundamentele verskuiwing in strategie en rigting
2025-09-30"Omdat generatiewe KI op taal gebou is, is dit nie vreemd dat skryfwerk een van die eerste beroepe is waaruit gate gehap word nie."
Konteks en proses: Die Afrikaanse vertaling van Max Havelaar of die koffieveilings van die Nederlandse Handelsmaatskappy (Protea Boekhuis, 2025)
2025-09-23"Die roman het in ’n groot mate bygedra tot die maatskaplike en parlementêre debat oor Nederland se koloniale bewind en daartoe gelei dat belangrike aanpassings gemaak is."
Die klei van ons binnekant
2025-09-18"Vir my word melodie en woorde saam gebaar en saam gebore, baie keer per ongeluk of uit foute en chaos. Ook uit kinderlike, aardse belewenisse, mense en avonture. Uit vrye vreeslose denke, en uit die wals van goed en kwaad."
The importance of oral history in southern African historiography
2025-09-11"Today, oral history is no longer a mere preliminary to written records; it is a paradigmatic epistemology capable of conveying grief, contradiction, cosmology and lived memory. It preserves what empire seeks to forget, affirming that memory and voice remain more enduring than ink."
Die migrerende liggaam: geheue, beweging en betekenis in die postkoloniale verbeelding
2025-09-03"Die migrerende liggaam staan as ’n grens – onthou en vergeet, van self en ander, van hier en daar. Maar dit is ook ’n brug: van taal, van genesing, van gemeenskap."
Hoe om die antigenderbewegings teen te werk
2025-08-28"Om hierdie tipe kritiese geletterdheid te ontwikkel, kan beskryf word as ’n inokulasieproses. Jy wys jou boodskap en dan die opponent se boodskap. Jy demonstreer hoe die opponent se boodskap onwaar of misleidend is en wys op die agenda én die agente agter die skerms."
