Wie is ons sonder ons tale?

  • 16

Wie is ons tog sonder ons tale? Wie is ons as ons nie meer ons voorouers tale praat. As die klanke wat ons monde verlaat nie die klanke is wat vir duisende jare deur ons voorouers gepraat was?

As stories van ons voorouers nie meer met ons gedeel kan word want dit kom nie reg uit in vreemde taal?

Is dit nou hoekom ons is wie ons vandag dan nou is? Al soekend, al verlangende, verlore, leeg, sonder wortels, en dis die uitdaging wat ons vandag mee sit as dié wat genoem was kleurlinge, die middelmense is, die produk van “swart en wit”? ’n Leuen wat baie van ons steeds glo.

Navorsing tussen inheemse gemeenskappe soos die Maori’s in Nieu-Seeland, die Aborigines in Australië, die inheemse Indiese gemeenskappe in Kanada en die VSA toon dat inheemse gemeenskappe soos ons, die Khoe en die San, wat wreed ons tale verloor het deur kolonialisme en taalmoord, is meer gewelddadig, meer sielkundige uitdagings, groter vlakke van alkohol- en dwelmverslaafdheid en hoër risiko’s van selfmoord en dat die geringste “language reclamation and revival”-aktiwiteite groot voordele voortbring.

Ghil’ad Zuckermann van die Universiteit van Adelaide het befondsing gekry by die regering van Australië om navorsing te doen oor taalverlies onder die inheemse gemeenskappe van Australië, tog doen nie een Suid-Afrikaanse universiteit navorsing in dié verband.

En waar vind ons tog onsself, wie ons is, ons komvandaankom, asook wat weggevat was?

Ons vind dit in die tale van ons voorouers, die tale wat vir duisende jare hier in Suider-Afrika gepraat was, die taal van die eerste mense. Die taal wat die koloniale gesê het “klink soos hoenders, soos mense wat verstik aan hulle eie spoeg, wat geluide maak wat niemand verstaan”.

En die tale wat die koloniale nooit kon of wou leer en ons het tog hulle tale geleer en toe die Afrikaanse taal geskep, want dit was wie ons is, wie ons nog altyd was “//khore //hare”, mense wat beteken “wees welkom”, “huisen”, maak jouself tuis – wat myne is, is joune.

Want nie net sou ons ons tale verloor, ons sal ook onsself in die proses verloor. En ons goedheid, ons gasvryheid sou ons nooit dink sou so uitgebuit word.

Vandag, na 23 jaar van “vryheid”, het ons steeds nie een amptelike Khoe- en Santaal. Is ons as as Khoe en San regtig vry as ons tale nie vry is? Wat dit ook sê, dat as ons tale nie erken word, dat ons ook nie erken word. 

Ons tale veg nie net ’n stryd vir erkenning maar ook oorlewing. Die N/uu-taal, nou die oudste taal in Suid Afrika, het net vier vlot sprekers en hulle is almal diep in hulle tagtigs en soos ons ken, is hulle in hul “genade-jare” en ook die N/uu-taal, ons taal.

En wat verloor ons ook as ons ons tale verloor? Soos die navorsing sê, is dit meer as net woorde wat ons verloor, dis eintlik ’n museum, ’n skatkis van leiding en antwoorde wat oor duisende jare ontwikkel is en wat verlore raak.

En wat sê dit as die regering nie wetgewing het soos in Europa, Kanada, Noord-Amerika, Nieu-Seeland, waar daar duidelike riglyne en wette bestaan asook organisasies wat die vervatting en herlewing van die inheemse tale bevorder?

Suid-Afrika, soos Botswana, het ’n “assimilative policy”, wat eintlik sê dat alle Afrikatale inheems is en dat ons Khoe- en Santale nie verskil van die ander tale. Dit kan tog nie gebeur wanneer ons Khoe- en Santale die oudste tale is, die mees bedreigste tale is, hierdie tale was hier kom vind, hulle was sistematies oor ’n periode van 500 jaar verminder tot waar dit vandag is, waar ons eie Khoesan-mense onbewus is dat byvoorbeeld die Xhosa-klieks eintlik kom van ons af, dat woorde soos dagga, gogga, aitsa, Prieska, Knysna en baie meer  hul oorsprong in ons Khoekhoetaal het, dat ons Khoesantale eintlik gesien kan word as die Moeder van alle moedertale in Suid-Afrika maar ook in Suider-Afrika.

Vandag kan ons Duits en Chinees bestudeer by universiteite in Suid-Afrika, maar nie een Khoesantaal, maar by die Universiteit van Namibië kan jy die Khoekhoetaal, of die Namataal soos dit hier in Suid-Afrika bekend staan, tot op doktorale vlak neem. Dit word aangebied in primêre en sekondêre vlak en mees belangrik, dis ’n amptelike taal.

Tog sê Pansalb, die liggaam wat grondwetlik verplig is om ons Khoe- en Santale te ontwikkel tot gelyke status, daar’s nie genoeg bronne en onderwysers, maar is dit waar?

Nee. Wat eintlik ook nou in 2017 gebeur, is dat gebaretaal nou ’n amptelike taal is, maar steeds nie een taal van die eerste mense van die land.

En wat ek en andere nou doen is om te sê ons kan nie meer wag vir hierdie regering om eendag ons Khoesantale te erken. Ons gaan doen wat ons kan met baie min bronne. Hierdie jaar het ek wel die SUPUSUPU*-Khoesantale-projek begin waar ek bygestaan was deur Noleen Peterson, Wilhelmina Van Dyk, Dorothea Davids en vele ander wat die erns van die saak sien.

Ons het duisende mense, meestal in die Wes-Kaap, toegespreek oor die belangrikheid van ons Khoesantale. Ons het vir die eerste keer Khoekhoe-apps gekry, gewerk met dramagroepe wat Khoekhoe in hul stukke wou sit. Ons het vergader met die LUR van onderwys oor die moontlikheid van Khoekhoe as addisionele vak en wat eintlik as addisionele vak regoor die land moet wees.

Vorentoe beplan ons Khoesantaal- en kulturele “immersion”-kampe, Khoekhoetaal-naweke en uitruilingsprogramme, om Khoesantaalneste te begin om baie jongmense bewus te maak en om ons Khoesantale by skole aan te bied en om meer bronne vir leer te skep en te kry van Namibië.

Ongelukkig is befondsing ons grootse uitdaging en ons sukkel met ons eie vervoer en ek hoop dat mense wat dié stuk lees, eintlik hul harte sal oopmaak. Toa tama !Khams – en dit beteken die stryd duur voort en ons kan nie nou opgee.

*Supusupu beteken “help” in Khoekhoe

  • 16

Kommentaar

  • Lucy Campbell

    Dis wat os need om os eie stories te vertel waa die waarheid seëvier. Sterkte vorentoe Denver os loep saam. Well doen Denver keep on searching. x

  • Susan Meiring

    In eerbied Sal ons prys as God die dag sê: "Jul stryd is verby, wat was Sal EK laat wees". Wie Sal dan kan teëstaan? Wie sal?

  • Pol Vigoureux

    Een artikel met veel diepgang. De systematische uitroeiing van een taal is een aanval op een volk. Bij voorbeeld het uitroeien van de Dietse taal, die evolueerde naar de Nederlandse taal, in een groot deel van Vlaanderen. Door de kruising van volkeren is het begrijpelijk dat mensen de taal van de partner aannemen. Maar dat zouden uitzonderingen moeten zijn en geen algemene regel. Maar wanneer de taal het volk is dan belanden we in de apartheid die dan weer andere problemen oproept. Landsgrenzen zijn er niet gekomen om volksgemeenschappen te groeperen maar om macht te veroveren. Dit zijn enkele gedachten die ver van een oplossing zijn.

  • Anthony Wilson

    Sterkte met die beplanning van dié belangrike program! Moes al lankal gebeur het. Die regering MOET verantwoordelik gehou word! Godspeed!

  • Pieter van Rooyen

    Kan die taal wat die vier oorblywende sprekers dan nie opgeneem word vir bewaring vir die jeug, gee vir hulle toestelle wat hulle daaglikse gesprekvoering kan vaslê en later kan dit gebruik word om regte uitsprake en nuanse aan die jeug oor te dra. Ons kinders leer tog hul taal aan deur gehoor lank voor hulle dit kan skryf. Hoe onrelevant die mense se gesprekvoering huidiglik ook mag wees, of klink, is nie nou tersprake nie, lê dit net vas anders is dit vir altyd verlore.

    • Riaan van Vuuren

      Dit moet heel eerste gedoen word. Ek glo Denver-hulle het al daarmee begin.

      Goeie punt, Pieter.

  • Lu-Ann Kearns

    Watter insiggewende artikel wat ook die soeklig plaas op die sosiale impak van taalverlies! Uitsluiting vanaf enige taal se hoofstroomaktiwiteite ontneem taalsprekers van meer as net geleenthede. Taalidentiteit word beslis negatief beïnvloed.

  • Nolan Danster

    Welgedaan Denver! Tog tragies dat pansalb miljoene bestee aan die tale wat in die konstitusie is, en nie eers R 50 000 aan ons Khoena-tale bestee nie. Ouma Geelmeid het persoonlik 'n versoek aan die regering gedoen om te help om een van ons oudste tale, N/uu, te befonds in Upington (|x'e). Of dit wel sal gebeur, is 'n ander vraag.

  • Pragtig, dit moes lankal gebeur het. Sterkte vir die pad vorentoe en hou ons op hoogte met die projek.

  • Ek was geskok toe die Nuwe Suid-Afrika se 11 amptelike tale aangekondig is, en ek agterkom dat daar GEEN oertaal ingesluit is nie.
    As oud-inwoner van Namibië weet ek dat verskeie sendelinge (soos Pfarrer Heinrich Fedder; Ds Ferdie Weich; en Ds Van der Westhuizen) veel moeite gedoen het om die !Kung (en ander tale) op skrif te stel.
    Of die hele Bybel al na !Kung vertaal is, weet ek nie, maar ek weet dat die Bybel al in Nama bestaan - danksy manne soos Dr Vedder.
    As kind - daar in die vyftigerjare - het ek gereeld ‘n paar pennies gespaar en dan aan die einde van die maand my bydrae aan die SA-Bybelhuis gestuur vir die vertaling van die Bybel in Nama.
    In die sestigerjare het ek my spaargeld vir die vertaling van die Bybel in San laat aanwend.
    Daar was dus wel individue wat veel vir die oertale omgegee het, maar as ek die gesprekke hier reg verstaan, gaan dit eintlik om die "regering van die dag", wat nie die oertale erken nie.
    Daar stem ek 100% saam. Die regering behoort sy verantwoordelikhede na te kom en erkenning aan ten minste die hooftale te gee.
    Ek kan nie onthou hoeveel Santale daar bestaan nie, maar !Kung is waarskynlik die talrykste onder die Sansprekers.
    Die antwoorde sal wel in Windhoek en Tsumkwe beskikbaar wees.
    Ek is bly dat die Universiteit van Namibië in Windhoek die voortou geneem het.
    "Hou so aan, Windhoek!"

  • Hans Richardt

    Daar kan nie 'n taal soos Khoesan bestaan nie.
    Khoisan is Britse koloniale term. Dis of !xham soos slagspreuk in landswapen, Nama of San.

  • Andre Cilliers from Africa

    As vegtendes teen die doodmakers van ons taal, gooi ons graag gewig agter mense wat wil herstel bring vir hulle eie taal. Sterkte!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top