
Foto van Leon van Nierop: verskaf
In die maand van Menseregtedag 2025, praat Leon van Nierop met Naomi Meyer oor filmmakers se regte.
Naomi Meyer: Leon, dit was pas Menseregtedag 2025. Jou terrein van kundigheid is by uitstek die film en silwerskerms. Dink jy filmmakers en mense in die filmindustrie se werk en wat hulle doen, behoort as regte beskou te word – menseregte in die ware sin van die woord, of dalk metafories gesproke? Films is tog daar om te vermaak, of hoe? En mense in die filmbedryf leef oënskynlik dikwels lewens van glans en van prag en praal. Mens kan amper sê: Watse gepratery is dit dan nou om iets so oppervlakkig soos films aan menseregte te koppel? Verder: mense roofkyk graag die jongste films. Is daar ’n probleem daarmee? Wat is die waarde van die film en die filmmaker en waarom behoort mens in die tyd van Menseregtedag ’n gedagte aan hulle te skenk?
Leon van Nierop se reaksie is hier onder:
Destyds was ’n filmmaker se raad: “As jy wil geld maak of status begeer, vergeet van draaiboekskryf of rolprente maak. Dit is die mees miskende ‘ambag’ in die land.”
Anders as romans, verkoop skrywers se name nie noodwendig ’n produk nie. Praat voor ’n gehoor en vra: “Wie is julle gunsteling-draaiboekskrywer of filmmaker?” en mense sukkel om eers met meer as een naam te voorskyn te kom.
...........
Praat voor ’n gehoor en vra: “Wie is julle gunsteling-draaiboekskrywer of filmmaker?” en mense sukkel om eers met meer as een naam te voorskyn te kom.
...............
Die wanbegrip bestaan dat dit maklik en glansryk is. Dit is nie so nie. ’n Goeie draaiboek kan maande, selfs jare neem om te skryf. Dit gaan deur verskeie prosesse en dikwels is die finale produk nie noodwendig wat op papier staan nie. Dit word soms op stel verander om dit nog beter te maak.
............
Die draaiboekskrywer het kopiereg op wat hulle geskryf het; hulle het bloed gesweet om die storie te skryf wat enige dag net so moeilik is as om ’n gebou te ontwerp of te bou, want draaiboekskryf is dieselfde ding. Idee, plan, opsommings, veranderings, skryf, oorskryf, ensovoorts. Die skrywer verdwyn ongelukkig dikwels as rolspeler in die proses .....
...............
Die draaiboekskrywer het kopiereg op wat hulle geskryf het; hulle het bloed gesweet om die storie te skryf wat enige dag net so moeilik is as om ’n gebou te ontwerp of te bou, want draaiboekskryf is dieselfde ding. Idee, plan, opsommings, veranderings, skryf, oorskryf, ensovoorts. Die skrywer verdwyn ongelukkig dikwels as rolspeler in die proses, met die uitsondering van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se draaiboekpryse wat op die draaiboek (nie die film nie) gebaseer is, en daar kom die regte van die skrywer en respek ter sprake.
Filmmaak is ’n kuns, harde werk en ’n lang proses. Veral draaiboekskrywers en filmmakers se regte (met ordentlike vergoeding) en respek vir hul regte behoort sterk na vore te tree.
Lees ook:

