Variasies op ’n tema: ’n filmresensie
2026-05-08"Variasies op ’n tema wys vir ’n week by uitgesoekte teaters in Suid-Afrika (8 tot 14 Mei) om te kwalifiseer vir ’n Suid-Afrikaanse Oscar-benoeming. Dit is ’n ervaring vir deurwinterde, geduldige rolprentgangers wat unieke rolprentbeelde waardeer en as ander mense uit die teater wil stap."
Gebakte pere op RSG: ’n radiodramaresensie
2026-05-04"Kortom: Die skrywer moet besluit presies wat sy met die komedie wil sê en of dit maar net as ’n sitkom aangebied word. Wat probeer die bekroonde komedie eintlik by die luisteraar tuisbring in plaas van blote vermaak?"
The heart is a muscle: ’n filmresensie
2026-03-10"Selde is die Kaapse Vlakte uit so ’n verantwoordelike, onderspeelde perspektief uitgebeeld. Selfs wanneer alles rondom ’n pa en sy seun verkrummel en vergaan, en wanhoop intree, bly die liefde die belangrikste en helende oplossing. Dit vorm ’n liefdesgom."
Die Kantoor op kykNET en Showmax: ’n TV-resensie
2026-02-06"Die kantoor is ’n mockumentary of tonguitsteekdokumentêr – vol snydende grappe wat spot met suf kantoorwerkers wat polonie aan Klerksdorp verskaf. Die verlore siele oorleef ten spyte van hul sieldodende, vervelige werk en geobsedeerde bestuurder. ... ’n Aangeleerde smaak."
Skermgreep: Kiss of the spider woman – ’n filmresensie
2026-01-19"’n Versigtige en dikwels smeulende vriendskap ontstaan tussen die twee uiterstes wat albei dieselfde politieke sienings het, en gaandeweg verander dit van ’n verwronge, teësinnige vriendskap in ’n romanse. Mens is uiteindelik maar net mens, veral in ’n krisis, maak nie saak aan watter geslag of seksuele identiteit hulle behoort nie."
Skermgreep: Train dreams, ’n filmresensie
2025-12-10"Train dreams is nie die soort rolprent waarna jy kyk indien jy met jou afstandbeheerder kaperjol oor plakkate en name nie. Jy moet gereed wees daarvoor, jou brein toelaat om alles, selfs die fynste detail, in te neem sodat jou siel deur die rolprent gestreel kan word."
Skermgreep: Frankenstein – ’n resensie
2025-11-12"Frankenstein in Guillermo del Toro se veilige hande is ongetwyfeld die mees sorgsame en briljante weergawe van Mary Shelley se onsterflike roman van meer as 200 jaar gelede."
Skermgreep: Monster: the Ed Gein story – ’n TV-resensie
2025-10-14"Die kyker betrap hom- of haarself dat hulle die sliertige moordenaar eintlik bewonder."
Skermgreep: The roses – ’n filmresensie
2025-09-09"Terwyl jy lag, voel dit of jy ’n bord Daisy de Melcker insluk. Dis lag met ’n kreun en ’n geskokte uitroep. Hierdie rolprent is een groot bloosplesiertjie (guilty pleasure). Die lag bly nooit ver agter die skok nie."
Skermgreep: Bring her back en Weapons – twee filmresensies
2025-08-19"Dis tyd dat regisseurs van grillers, wat deesdae lokettreffers is, besin. Ons moet ’n tree terugstaan en besluit wat is masochisties, gevaarlik en orgasties genotvol, en wanneer ’n bedrewe film soos 1980 se The shining jou nagmerries heerlik teister."
Skermgreep: 28 years later – ’n filmresensie
2025-07-16"Dié reeks kon ad infinitum so aangekarring het terwyl mense heerlik aan bloed-en-springmielies 'gevreet' het, darem met meer sout op as wat die stomme slagoffers op die doek kon bied. Maar toe besluit Danny Boyle om 28 years later vanjaar uit te reik en uit ’n ander oogpunt te benader, met nuwe tegnologie."
Skermgreep: The Phoenician scheme – ’n filmresensie
2025-06-10"Wat is reg en wat is verkeerd? Vra die rolprent. In The Phoenician scheme is daar baie verkeerd! Dit skep ’n teelaarde om ’n rolprentavontuur te begin wat slegs by Anderson se dissipels sal aanklank vind."
Skermgreep: Sinners – ’n filmresensie
2025-05-05"Elke stukkie gereedskap wat film bied, word hier aangewend om ’n oorspronklike verhaal te skep waarin selfs vampierclichés ’n nuwe baadjie aantrek. Dit is oorweldigend, veral in IMAX-teaters, waar die gehoor meer as ooit tot in die hart van die dier beweeg."
Skermgreep: Niggies – ’n TV-resensie
2025-04-14"Die kyker is selde bewus van spoggerige regie. Net ’n intense, skerp waarnemingsvermoë wat naatloos by die kultuur en styl inpas en die storie doodgewoon met buitengewone impak vertel. Elkeen se ware kleure kom na vore, en terselfdertyd lewer die reeks ook kommentaar op Afrikanerskap, en om iemand te soek om te blameer."
Skermgreep: Adolescence – ’n TV-resensie
2025-04-10"Vergeet grense wat tuimel. Philip Barantini het met die meesterlike Adolescence die voorkoms van die erg omgeploegde en misbruikte televisielandskap met daadwerklike krag omgedolwe."

