Leon van Nierop

Leon van Nierop is ’n skrywer, TV-aanbieder, resensent, regisseur, rolprentnavorser, vervaardiger, radio-omroeper, rubriekskrywer en dosent. Hy is reeds vir 50 jaar in die bedryf en het begin as omroeper/regisseur by die SABC.

Hy skryf rolprentresensies vir verskeie publikasies, tans vir Rapport. Maar hy resenseer ook reekse wat gestroom kan word op RSG se oggendprogram Op en wakker as Stroomaf. Hy resenseer ook tans rolprente vir LitNet, onder die titel Skermgreep.

Sy TV-reeks Ballade vir ’n enkeling en sy vervolg is in die tagtigerjare gebeeldsend.

Hy het Ballade vir ’n enkeling en Wolwedans in die skemer se draaiboeke geskryf en albei rolprente was groot treffers. Hy het ook vyf TV-dramas geskryf en verwerk, onder andere CM van den Heever se Laat vrugte in 1984.

Die rolprentweergawe van Ballade vir ’n enkeling wen die Tempo-toekenning as beste rolprent in 2015, ook vir hom as medevervaardiger daarvan.

Van sy bekendste verhale is Stralerjakkers wat vir ses jaar as radioverhaal uitgesaai is, asook die jeugverhaal Ratels wat vir nege jaar op RSG was. Sy mikro-vervolgverhaal Hartebreker is vir agt jaar lank op dieselfde stasie uitgesaai.

Hy het vir 25 jaar rolprentontleding by TUT aangebied en was vir vier jaar hoof van die rolprentakademie, later die TUT Filmskool. Hy was ook professor in film aan die universiteit.

Leon het 40 romans geskryf, waaronder Moord op Lake Panic, Duiwelsroos, die Plesierengel-trilogie (wat hy in ’n eenmanverhoogstuk verwerk het) en Droomjagter. Ook vier akademiese boeke, naamlik Seeing sense: On film analysis, Movies made easy, Druk speel en ’n boek oor die geskiedenis van die Afrikaanse rolprent Daar doer in die fliek.

Dit is gebaseer op sy dokumentêre TV-reeks met dieselfde titel vir kykNET wat hy ook op TV aangebied het. Hy het Het van Verlangekraal as TV-reeks in 1984 verwerk, daarna as radiovervolgverhaal op RSG in 2022 en toe in ’n meer moderne roman verwerk. Sy radioverhaal wat in ’n skool vir blindes afspeel, Op die oog af, was ’n reusetreffer in 2024.

Hy doen steeds regie van radioteaters en vervolgverhale vir RSG, het ook twee vervolgverhale vir Maroela Media, Briekaandraai, geskryf. Hy bied rolprentresensies op kykNET se Saterdagoggend ontbytSAKE-program aan, fliektydSAKE, en gee gereeld lesings oor films en bied skryfskole aan. Hy was ook onlangs in Rusland waar hy vandaar verslag gedoen het oor die KinoBraVo-Rolprentfees.

Hy word in 1999 deur die reklamebedryf vereer met ’n spesiale medalje vir sy bydrae tot die rolprentbedryf in Suid-Afrika. Hy word in 2018 met ’n medalje van die Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer vir sy rolprentresensies, met spesifieke verwysing na die TV-reeks en boek, Daar doer in die fliek.

Hy wen ’n spesiale toekenning vir sy bydrae tot die TUT Filmskool in 2008. Ook ’n ATKV-veertjie vir beste dokumentêre radioprogram vir sy program oor die Afrikaanse rolprent in 2010. Daarna wen hy ’n ATKV-veertjie as beste regisseur vir die radiodrama Hirosjima, Mon Amour in 2011. 

Hy wen die Caxton-toekenning drie keer as beste rubriekskrywer vir die reeks Sê amen in Vrouekeur. Hy was ook die naaswenner as beste skrywer van die RSG Radiodrama-skryfkompetisie vir sy drama Twyfelberg in 2009.

Sy boek Vuurvreter is in 2010 benoem as beste spanningsroman, terwyl Daar doer in die fliek ook vir ’n kykNET-Rapport-boekeprys benoem is.

Hy is in 2023 vir ’n Naledi-toekenning benoem vir sy verhoogverwerking van Plesierengel.

Hy werk tans (2024) aan ’n nuwe roman.

Skermgreep: Sinners – ’n filmresensie

Leon van Nierop Film 2025-05-05

"Elke stukkie gereedskap wat film bied, word hier aangewend om ’n oorspronklike verhaal te skep waarin selfs vampierclichés ’n nuwe baadjie aantrek. Dit is oorweldigend, veral in IMAX-teaters, waar die gehoor meer as ooit tot in die hart van die dier beweeg."

Skermgreep: Niggies – ’n TV-resensie

Leon van Nierop TV 2025-04-14

"Die kyker is selde bewus van spoggerige regie. Net ’n intense, skerp waarnemingsvermoë wat naatloos by die kultuur en styl inpas en die storie doodgewoon met buitengewone impak vertel. Elkeen se ware kleure kom na vore, en terselfdertyd lewer die reeks ook kommentaar op Afrikanerskap, en om iemand te soek om te blameer."

Skermgreep: Adolescence – ’n TV-resensie

Leon van Nierop TV 2025-04-10

"Vergeet grense wat tuimel. Philip Barantini het met die meesterlike Adolescence die voorkoms van die erg omgeploegde en misbruikte televisielandskap met daadwerklike krag omgedolwe."

Menseregtedag 2025: Leon van Nierop oor menseregte, die regte van filmmakers – en die onsigbare draaiboekskrywer

Naomi Meyer, Leon van Nierop Menings 2025-03-25

"Die wanbegrip bestaan dat dit maklik en glansryk is. Dit is nie so nie. ’n Goeie draaiboek kan maande, selfs jare neem om te skryf. Dit gaan deur verskeie prosesse en dikwels is die finale produk nie noodwendig wat op papier staan nie. Dit word soms op stel verander om dit nog beter te maak."

Skermgreep: Mickey 17 – ’n filmresensie

Leon van Nierop Film 2025-03-13

"Jy moet jouself volkome oorgee aan die Suid-Koreaanse filmmaker se dol brein en siening van lewe op ’n ysplaneet, of jy moet betyds die hasepad kies."

Skermgreep: The brutalist – ’n filmresensie                       

Leon van Nierop Film 2025-02-11

"Soos There will be blood (2007) sal hierdie rolprent uiteindelik uitstaan as ’n baken in die Amerikaanse rolprentbedryf wat deesdae, veral met superheldfilms, al hoe meer vervlak. ’n Bobaas film."

Skermgreep: A real pain – ’n filmresensie

Leon van Nierop Film 2025-01-16

"Die dialoog is soos ’n gloeiende elektriese draad waar die woorde soos vonke heen en weer spring. Die kontras tussen die neefs en die wyse waarop hulle met mekaar kommunikeer is so oorbluffend natuurlik en oortuigend dat ’n mens nie kan dink dat daardie woorde in ’n draaiboek geskryf is nie."

Skermgreep: Civil war

Leon van Nierop Film 2024-12-11

"Moenie verwag dat Civil war ’n sensasiebeluste geskiet en bevryding van rebelle teen die despote uitbeeld nie. Dis ’n dapper, onbevreeste kyk na ’n land waarin beheer verloor is."

Skermgreep: Conclave – ’n filmresensie

Leon van Nierop Film 2024-11-15

"Al sien jy net een rolprent vanjaar, beleef die geslote vergadering van Conclave wat die toekoms van die Katolieke Kerk kan besmet of verander of ’n revolusie teweeg gaan bring. Moenie wag dat dit later gestroom kan word nie. Hierdie stiltes moet in ’n teater beleef word."

Die sepiewêreld is armer sonder Danie Odendaal

Leon van Nierop In memoriam 2024-11-01

"Danie het presies verstaan hoe om die regte akteur vir ’n rol te kry, praatbare, gemaklike, dikwels spitsvondige dialoog vir daardie akteur te skryf (of te laat skryf), en die karakters deurgrondelik deel van die volkskultuur te maak. Afrikaanse televisie sou soveel armer gewees het sonder Sewende laan."

Het van Verlangekraal: ’n onderhoud met Leon van Nierop

Naomi Meyer, Leon van Nierop Skrywersonderhoude 2024-10-30

"Met elke reïnkarnasie het ek net meer respek vir Het gekry en wou ek haar verhaal volledig vertel en reg aan haar as volledige, geskakeerde mens laat geskied. Sy was in die oorspronklike roman grootliks net ’n 'probleemkind'. In my verwerking hoop ek dat mense haar beter sal verstaan en haar selfs as ’n onwaarskynlike heldin, selfs ’n soort rolmodel, sal sien om te wys niks is onmoontlik as jou hart op die regte plek sit nie. Maar hulle moes haar tragedie verstaan."

Skermgreep: Die KinoBravo-filmfees 2024 in Rusland – 'n oorsig

Leon van Nierop Film 2024-10-11

"Waarop Suid-Afrikaners veral trots kan wees, is hoe ons deur die Russe ontvang is. Alhoewel hulle natuurlik baie meer ingetoë voorkom as ons (dikwels meer flambojante) Suid-Afrikaners, het hulle steeds die Suid-Afrikaanse rolprent lank toegejuig."

Skermgreep: kykNET Silwerskermfees 2024 – ’n blik op die pas afgelope fees

Leon van Nierop kykNET Portaal 2024-09-12

"Tevore is versigtig met die nuwe vryheid omgegaan. Maar vanjaar het daar ’n uitbundigheid en manhaftigheid (vrouhartigheid!) geheers waar die meeste produkte stylvol en verantwoordelik afgerond is, maar altyd gedissiplineerd met respek vir die filmmedium."

Scenes from a marriage: ’n TV-resensie

Leon van Nierop TV 2024-08-08

"Selde indien ooit tevore is die verbrokkeling van ’n huwelik en die herontdekking van liefde en vryheid so intiem en intens (soms te lank en selfbewus) ontleed. Tog sal dit elkeen wat al ooit deur ’n egskeiding geworstel het, soos ’n papier iewers sny."

Fly me to the moon: ’n filmresensie

Leon van Nierop Film 2024-07-11

"Hierdie fliek sorg vir een van die jaar se mees vermaaklike teruggrype na die goeie ou dae toe romantiese komedies nog snaaks en skerpsinnig was met hitte tussen die held en heldin."

Top