Menseregtedag 2025: Leon van Nierop oor menseregte, die regte van filmmakers – en die onsigbare draaiboekskrywer
2025-03-25"Die wanbegrip bestaan dat dit maklik en glansryk is. Dit is nie so nie. ’n Goeie draaiboek kan maande, selfs jare neem om te skryf. Dit gaan deur verskeie prosesse en dikwels is die finale produk nie noodwendig wat op papier staan nie. Dit word soms op stel verander om dit nog beter te maak."
Skermgreep: Mickey 17 – ’n filmresensie
2025-03-13"Jy moet jouself volkome oorgee aan die Suid-Koreaanse filmmaker se dol brein en siening van lewe op ’n ysplaneet, of jy moet betyds die hasepad kies."
Skermgreep: The brutalist – ’n filmresensie
2025-02-11"Soos There will be blood (2007) sal hierdie rolprent uiteindelik uitstaan as ’n baken in die Amerikaanse rolprentbedryf wat deesdae, veral met superheldfilms, al hoe meer vervlak. ’n Bobaas film."
Skermgreep: A real pain – ’n filmresensie
2025-01-16"Die dialoog is soos ’n gloeiende elektriese draad waar die woorde soos vonke heen en weer spring. Die kontras tussen die neefs en die wyse waarop hulle met mekaar kommunikeer is so oorbluffend natuurlik en oortuigend dat ’n mens nie kan dink dat daardie woorde in ’n draaiboek geskryf is nie."
Skermgreep: Civil war
2024-12-11"Moenie verwag dat Civil war ’n sensasiebeluste geskiet en bevryding van rebelle teen die despote uitbeeld nie. Dis ’n dapper, onbevreeste kyk na ’n land waarin beheer verloor is."
Skermgreep: Conclave – ’n filmresensie
2024-11-15"Al sien jy net een rolprent vanjaar, beleef die geslote vergadering van Conclave wat die toekoms van die Katolieke Kerk kan besmet of verander of ’n revolusie teweeg gaan bring. Moenie wag dat dit later gestroom kan word nie. Hierdie stiltes moet in ’n teater beleef word."
Die sepiewêreld is armer sonder Danie Odendaal
2024-11-01"Danie het presies verstaan hoe om die regte akteur vir ’n rol te kry, praatbare, gemaklike, dikwels spitsvondige dialoog vir daardie akteur te skryf (of te laat skryf), en die karakters deurgrondelik deel van die volkskultuur te maak. Afrikaanse televisie sou soveel armer gewees het sonder Sewende laan."
Het van Verlangekraal: ’n onderhoud met Leon van Nierop
2024-10-30"Met elke reïnkarnasie het ek net meer respek vir Het gekry en wou ek haar verhaal volledig vertel en reg aan haar as volledige, geskakeerde mens laat geskied. Sy was in die oorspronklike roman grootliks net ’n 'probleemkind'. In my verwerking hoop ek dat mense haar beter sal verstaan en haar selfs as ’n onwaarskynlike heldin, selfs ’n soort rolmodel, sal sien om te wys niks is onmoontlik as jou hart op die regte plek sit nie. Maar hulle moes haar tragedie verstaan."
Skermgreep: Die KinoBravo-filmfees 2024 in Rusland – 'n oorsig
2024-10-11"Waarop Suid-Afrikaners veral trots kan wees, is hoe ons deur die Russe ontvang is. Alhoewel hulle natuurlik baie meer ingetoë voorkom as ons (dikwels meer flambojante) Suid-Afrikaners, het hulle steeds die Suid-Afrikaanse rolprent lank toegejuig."
Skermgreep: kykNET Silwerskermfees 2024 – ’n blik op die pas afgelope fees
2024-09-12"Tevore is versigtig met die nuwe vryheid omgegaan. Maar vanjaar het daar ’n uitbundigheid en manhaftigheid (vrouhartigheid!) geheers waar die meeste produkte stylvol en verantwoordelik afgerond is, maar altyd gedissiplineerd met respek vir die filmmedium."
Scenes from a marriage: ’n TV-resensie
2024-08-08"Selde indien ooit tevore is die verbrokkeling van ’n huwelik en die herontdekking van liefde en vryheid so intiem en intens (soms te lank en selfbewus) ontleed. Tog sal dit elkeen wat al ooit deur ’n egskeiding geworstel het, soos ’n papier iewers sny."
Fly me to the moon: ’n filmresensie
2024-07-11"Hierdie fliek sorg vir een van die jaar se mees vermaaklike teruggrype na die goeie ou dae toe romantiese komedies nog snaaks en skerpsinnig was met hitte tussen die held en heldin."
The watchers: ’n filmresensie
2024-06-11"Die rolprent het, anders as ander gruwelfilms, geen hart of siel nie. Geen siel om te teister nie en geen hart om gruwels te pomp nie. Daardie kraak wat jy hoor, is Alfred Hitchcock wat in sy graf omdraai."
Baby Reindeer: ’n TV-resensie
2024-05-13"Asof die reeks nie skokkend en kwetsend genoeg was nie, het die werklike Martha, die prokureur Fiona Harvey, onlangs na vore gekom en ingestem om op die berugte sensasiebeluste joernalis en onderhoudvoerder Piers Morgan se program te verduidelik wat werklik gebeur het."
Monkey Man: ’n filmresensie
2024-04-15"Onthou ook, dis onkoel om nié van Monkey Man te hou nie, daarom sing dié resensie eensaam-verlate in die konsistorie terwyl die bewonderende koor dit andersins in gloeiende terme lof toesing. So ver, so John Wick."

