Leon van Nierop

Leon van Nierop is ’n skrywer, TV-aanbieder, resensent, regisseur, rolprentnavorser, vervaardiger, radio-omroeper, rubriekskrywer en dosent. Hy is reeds vir 50 jaar in die bedryf en het begin as omroeper/regisseur by die SABC.

Hy skryf rolprentresensies vir verskeie publikasies, tans vir Rapport. Maar hy resenseer ook reekse wat gestroom kan word op RSG se oggendprogram Op en wakker as Stroomaf. Hy resenseer ook tans rolprente vir LitNet, onder die titel Skermgreep.

Sy TV-reeks Ballade vir ’n enkeling en sy vervolg is in die tagtigerjare gebeeldsend.

Hy het Ballade vir ’n enkeling en Wolwedans in die skemer se draaiboeke geskryf en albei rolprente was groot treffers. Hy het ook vyf TV-dramas geskryf en verwerk, onder andere CM van den Heever se Laat vrugte in 1984.

Die rolprentweergawe van Ballade vir ’n enkeling wen die Tempo-toekenning as beste rolprent in 2015, ook vir hom as medevervaardiger daarvan.

Van sy bekendste verhale is Stralerjakkers wat vir ses jaar as radioverhaal uitgesaai is, asook die jeugverhaal Ratels wat vir nege jaar op RSG was. Sy mikro-vervolgverhaal Hartebreker is vir agt jaar lank op dieselfde stasie uitgesaai.

Hy het vir 25 jaar rolprentontleding by TUT aangebied en was vir vier jaar hoof van die rolprentakademie, later die TUT Filmskool. Hy was ook professor in film aan die universiteit.

Leon het 40 romans geskryf, waaronder Moord op Lake Panic, Duiwelsroos, die Plesierengel-trilogie (wat hy in ’n eenmanverhoogstuk verwerk het) en Droomjagter. Ook vier akademiese boeke, naamlik Seeing sense: On film analysis, Movies made easy, Druk speel en ’n boek oor die geskiedenis van die Afrikaanse rolprent Daar doer in die fliek.

Dit is gebaseer op sy dokumentêre TV-reeks met dieselfde titel vir kykNET wat hy ook op TV aangebied het. Hy het Het van Verlangekraal as TV-reeks in 1984 verwerk, daarna as radiovervolgverhaal op RSG in 2022 en toe in ’n meer moderne roman verwerk. Sy radioverhaal wat in ’n skool vir blindes afspeel, Op die oog af, was ’n reusetreffer in 2024.

Hy doen steeds regie van radioteaters en vervolgverhale vir RSG, het ook twee vervolgverhale vir Maroela Media, Briekaandraai, geskryf. Hy bied rolprentresensies op kykNET se Saterdagoggend ontbytSAKE-program aan, fliektydSAKE, en gee gereeld lesings oor films en bied skryfskole aan. Hy was ook onlangs in Rusland waar hy vandaar verslag gedoen het oor die KinoBraVo-Rolprentfees.

Hy word in 1999 deur die reklamebedryf vereer met ’n spesiale medalje vir sy bydrae tot die rolprentbedryf in Suid-Afrika. Hy word in 2018 met ’n medalje van die Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer vir sy rolprentresensies, met spesifieke verwysing na die TV-reeks en boek, Daar doer in die fliek.

Hy wen ’n spesiale toekenning vir sy bydrae tot die TUT Filmskool in 2008. Ook ’n ATKV-veertjie vir beste dokumentêre radioprogram vir sy program oor die Afrikaanse rolprent in 2010. Daarna wen hy ’n ATKV-veertjie as beste regisseur vir die radiodrama Hirosjima, Mon Amour in 2011. 

Hy wen die Caxton-toekenning drie keer as beste rubriekskrywer vir die reeks Sê amen in Vrouekeur. Hy was ook die naaswenner as beste skrywer van die RSG Radiodrama-skryfkompetisie vir sy drama Twyfelberg in 2009.

Sy boek Vuurvreter is in 2010 benoem as beste spanningsroman, terwyl Daar doer in die fliek ook vir ’n kykNET-Rapport-boekeprys benoem is.

Hy is in 2023 vir ’n Naledi-toekenning benoem vir sy verhoogverwerking van Plesierengel.

Hy werk tans (2024) aan ’n nuwe roman.

Het die Oscars nog bestaansreg?

Leon van Nierop Film 2024-03-13

"Alhoewel diversiteit natuurlik baie nodig is, het sekere akteurs daarteen te velde getrek en persoonlik probleme daarmee geopper, omdat 'die regte kunstenaars nie altyd benoem word nie vanweë hierdie reëls'.  Dit word beskryf as die tinsel-faktor, om te skakel met Hollywood se bynaam Tinseltown. Versiering, vergulding en om goud oor te strooi is hier ter sprake."

Nostalgie en films

Leon van Nierop Seminare en essays 2024-03-06

"’n Kyker mymer onlangs: 'Ek is gek oor Ballade vir ’n enkeling, want dit speel af in ’n tyd toe daar nog treine en stasies was', terwyl hy 'Tussen treine' hartseer en uit sy hart sing. Ja. Hoe het tye verander, en die rolprent bied ’n mate van tydelike troos. Pleister op ’n besmette emosionele wond wat nie meer kan genees nie."

All of us strangers: ’n filmresensie

Leon van Nierop Film 2024-02-12

"Die rolprent is nie onstuimig in die sin van ’n storm op die flieksee wat jou springmielies oor die rand laat stort nie. Dit krap die siel om."

2024 se Golden Globes was rampspoedig

Leon van Nierop Leefstyl 2024-01-10

"Hoeveel keer het jy gaan koffie maak gedurende die uitsending?"

 

Killers of the flower moon: ’n filmresensie

Leon van Nierop Film 2023-11-27

"Oppenheimer en Killers of the flower moon is amper ’n soort grafskrif vir die krag van ’n rolprent op die wyedoek. Jy moet verdwerg raak deur ’n reuseskerm om werklik geraak te word deur die intieme gruwelstorie wat voor jou afspeel."

Fingernails: ’n filmresensie

Leon van Nierop Film 2023-11-22

"Die rolprent verdien aandag, nie net omdat dit ’n unieke nuwe invalshoek bied op ’n swart komedie nie, maar omdat dit liefde en die aantrekkingskrag tussen mense tegnies in ’n distopiese wêreld ontleed."

Talk to me: ’n filmresensie

Leon van Nierop Film 2023-10-16

"Dit is die grieselrige reis na die eindbestemming wat Talk to me een van die suksesvolste skokfilms van die afgelope paar jaar gemaak het."

Sound of freedom: ’n filmresensie

Leon van Nierop Film 2023-09-12

"Is hierdie vertelling in die oortreffende trap nie dalk die beste manier om die publiek, wat dikwels slegs prentjies kyk, se aandag sodanig te kaap dat hulle gedwing word om emosioneel betrokke te raak nie?"

Akademiepryse 2023: Deleen Bekkerprys vir Beste Draaiboek vir ’n TV-drama in Afrikaans – Nico Scheepers

Leon van Nierop Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2023-09-01

Lees Leon van Nierop se huldigingswoord aan Nico Scheepers, die ontvanger van vanjaar se Deleen Bekkerprys vir Beste Draaiboek vir ’n TV-drama in Afrikaans.

Leon van Nierop oor Duiwelsroos by Momentum Beleggings Aardklop én Toyota US Woordfees 2023

Naomi Meyer, Leon van Nierop Skrywersonderhoude 2023-08-28

"Niks kom by ’n goeie boek nie. Ek skryf natuurlik ook vir verskeie ander platforms, maar sommige verhale leen hulle absoluut tot die geskrewe woord en die gevoel van papier tussen jou vingers. Dit het Agatha Christie my geleer."

Oppenheimer: ’n filmresensie

Leon van Nierop Film 2023-08-08

"Eintlik gaan Oppenheimer veral oor die geniale fisikus se hoed. Opmerklik dat hy een van die min karakters is wat ’n hoed dra in ’n era toe alle mans met hoede gespog het. Dit isoleer hom nie net visueel van die menigte koue wetenskaplikes wat hom omring of leegtap nie; dit skerm soms gedeeltes van sy gesig of oë af. Maar wanneer Nolan hierdie veelbesproke figuur in fokus kry, pen sy ysblou oë jou teen die muur vas."

Unieke, ontsenuende reeks: Perfume, ’n resensie

Leon van Nierop Film 2023-07-13

Die reeks, "dikwels te stadig en verwronge, smokkel met die kyker se emosies en gewaarwordinge. Dis televisie wat jou vir ure na ’n eerste kennismaking steeds sal teister."

Asteroid City: ’n filmresensie

Leon van Nierop Film 2023-06-19

"Interessant om na te kyk, lekker om oor te debatteer, koel om as ’n meesterstuk te bestempel. Maar vreemd, man, vreemd."

Beau is afraid: ’n filmresensie

Leon van Nierop Film 2023-05-16

"Berei jou dus voor op ’n onthutsende ervaring wat min mense tot die einde sal laat deursit. Sommige mag dit as die grootste meesterstuk van die jaar beskou. Ander mag uitroep: 'Wat de hel?'"

Close: ’n filmresensie

Leon van Nierop Film 2023-04-12

"Letsels mag op die oppervlak heel, maar nie in die siel nie."

Top