Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
KI en kopiereg: kreatiewe skryfwerk van die masjien versus kreatiewe skryfwerk van ’n mens
2024-11-07"Wat is kreatiewe skryfwerk egter anders as scraping? Skrywers scrape die taalreëls, skryfreëls, woordeboeke, ander boeke, die internet en wat ook al om kreatiewe werk te produseer. Mondelinge oorlewerings word ook gescrape vir idees in skryfwerk. Wat doen KI dan anders? Gebruik ek as skrywer nie bloot gereedskap in die vorm van ChatGPT om hierdie scraping vir my te doen nie?"
The morning after
2024-11-06"For all you South Africans reading this, I hope you cheer us on over the next four years as we Americans – we sometimes foolish and arrogant, but also generous and kind, Americans – learn these incredibly valuable lessons. I’m standing strong for hope, change and generosity of spirit."
Bela-wet: Op ’n heuwel daar ver
2024-11-06"En dit is wat gelei het daartoe dat die land Dinsdagoggend ’n oranje-gekleurde, eietydse Groot Trek (opmars, saamtrek) uit die uithoeke van die land, op ’n heuwel met ’n uitsig oor die hoofsetel van die RNE, gade geslaan het."
Hoe Trump die Withuis gewen het
2024-11-06Die vingerwys het begin. Binne-in die Demokratiese Party word ieder en elk blameer vir Kamala Harris se nederlaag. Maar die Amerikaanse burger André-Pierre du Plessis argumenteer almal móés sekerlik Donald Trump se terugkeer as Amerikaanse president verwag het.
Die onsigbare deur PJO Jonker: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2024-11-06"'Uit Afrika altyd iets nuuts' – so lui ’n ou Romeinse gesegde. Dit sou ’n mens ook van die Afrikaanse letterkunde kon sê. In ’n literêre landskap oorgroei met misdaadromans het daar so pas ’n debuutroman verskyn wat nuut en anders is: Die onsigbare van PJO Jonker. Vir my ’n verademing."
Die toename in die verspreiding van disinformasie in Afrika
2024-11-05"In die laaste sewe jaar het 300 miljoen Afrikane toegang tot sosiale media verkry. Daar is tans meer as 400 miljoen aktiewe sosiale media-gebruikers en 600 miljoen internetgebruikers op die kontinent. Afrika is ’n kontinent in die wêreld wat toenemend van sosiale media gebruik maak om inligting te bekom en te versprei."
Ons biblioteke: ’n onderhoud met René Schoombee
2024-11-04"Ek is die trotsste op hoe ons Durbanville Biblioteek getransformeer het in ’n sosiale kern wat mense van alle ouderdomme en agtergronde bymekaarbring. Om te sien hoe die biblioteek gegroei het van ’n plek waar boeke uitgeneem word na ’n plek waar werklik ’n verskil in die gemeenskap gemaak word." Hierdie onderhoud met René Schoombee is die tiende aflewering oor ons biblioteke.
'n Huldeblyk aan Mellet Moll
2024-11-04"djy was daai ou, het lekke’ in science en poetry
gebaljaa’, djy het presies soos ’n scientist
en diep soes ’n poet geskryf
ek dink’ie djy het writer’s block gekry nie
ek sien net discipline"
Spore: Hans du Plessis (1945–2024)
2024-11-04"Hans het nooit 'afgepraat' nie; ’n mens is as’t ware saam op reis geneem deur ’n ervare toergids. Hy het altyd die onervarenes saamgenooi."
Elders gesien: Danie Odendaal was briljant op ’n onvolprese wyse
2024-11-03"Ek was ’n japsnoet van nog nie dertig nie toe ek vir hom begin werk het. Hy het my vaderlik onder die vlerk geneem."
"Hoekom maak skrywers soms hulle stories so ingewikkeld?"
2024-11-01"Juis hierom is daar ook 'moeilike letterkunde' nou noodsaaklik. Om ons te dwing om weer te dink, om onhaastig te oordeel, om versigtiger te wees in ons oordeel en besluite."
Die sepiewêreld is armer sonder Danie Odendaal
2024-11-01"Danie het presies verstaan hoe om die regte akteur vir ’n rol te kry, praatbare, gemaklike, dikwels spitsvondige dialoog vir daardie akteur te skryf (of te laat skryf), en die karakters deurgrondelik deel van die volkskultuur te maak. Afrikaanse televisie sou soveel armer gewees het sonder Sewende laan."
Elders gesien: RIV, Danie Odendaal
2024-10-31"RIV, Danie Odendaal, briljante skepper van 7de laan en vriend."
Digtersweek 2024: ’n onderhoud met Amanda de Lange
2024-10-31"Een van die lekkerste dinge van woordkuns is dat jou brein iets kan oplewer wat jy nooit gedink het moontlik is nie. Dis soos kwashale met letters waar iets geskep word wat nie net vir die woordkunstenaar self vreugde verskaf nie, maar ook vir elkeen wat dit lees."
Meneer, mevrou, dominee, professor, doktor of eredoktor?
2024-10-31"In die Suid-Afrikaanse media is daar geen duidelikheid oor die gebruik van eretitels nie. So word daar byvoorbeeld in mediaberigte (asook op die US se webwerf) na die voorsitter van die US-raad as dr Newton-King verwys terwyl daar nêrens enige aanduiding is dat sy enige doktorale kwalifikasies het nie."
Hans du Plessis, ’n huldeblyk
2024-10-31"Oom Hans se humor is so natuurlik deel van elke gesprek dat dit net ’n plesier was om na hom te luister. In hulle kamer in die hotel het hy ’n bottel wyn uitgehaal en kon ek op die hoek van die bed sit en na hom en tannie Magdaleen se stories luister."
Are doctors opposing the NHI fat cats or problem solvers?
2024-10-30Simon Strachan calls himself "an advocate for the most vulnerable little people in our society" and says he is "passionate about the access to quality care for everyone". But if this is true, why, then, does he, like many other doctors, oppose the government’s National Health Insurance (NHI) scheme when the politicians say it is a "strategy to achieve universal health coverage"?
In memoriam: Mellet Moll
2024-10-29"Sy woordeskat het my dikwels beïndruk – hy het nooit ophou studeer nie en was tot die dag van sy dood nog besig met navorsing."
Persverklaring: Huldeblyk aan Hans du Plessis (1945–2024)
2024-10-29Met groot hartseer en ’n gevoel van diep verlies neem ons afskeid van Hans du Plessis, wat op 25 Oktober 2024 skielik oorlede is. Sy heengaan laat ’n groot leemte by LAPA Uitgewers, maar ons is ook oneindig dankbaar vir die rykdom van gedigte, verhale en ander werke wat hy aan ons nagelaat het. Hans sal voortleef in die bladsye van sy boeke en in die harte van sy lesers.
