Elders gesien: Die straatgeveg in die Withuis

  • 0

Donbas (WikiMedia, CC BY-SA 4.0)

...
As die erkende hoëpriester van politieke oordrywing is hy effe laat met beide, maar werk hard agter die skerms.
...

Theo Venter skryf op WhatsApp:

Vir almal wat sit en dink oor Trump en Zelenski in die straatgeveg in die Withuis, druk hierdie scenario in jou pyp en rook hom. Trump het baie dinge aan sy ondersteuners belowe in 2024, maar twee staan uit: Hy wil lewenskoste laat daal en hy wil vrede in Oekraïne binne twee weke skep.

As die erkende hoëpriester van politieke oordrywing is hy effe laat met beide, maar werk hard agter die skerms. Eerstens het hy met Poetin gesels en hom ’n aanbod gemaak dat sanksies op Russiese olie en gas gelig gaan word, wat pryse betekenisvol gaan laat daal. Op die manier kom hy sy belofte, om lewenskoste in die VSA goedkoper te maak, na.

Met hierdie deel van die “Deal” in plek, moet hy nou met Oekraïne praat en vir húlle belowe hy allerlei mynbouvoordele wat verskaf sal word deur privaat Amerikaanse mynmaatskappye. Die Amerikaanse regering reik waarborge uit aan die myne, maar nie aan enige vredesproses nie. Dan word Frankryk en die VK ingetrek om die waarborge te bied, met manne op die grond en vliegtuie in die lug om die vrede af te dwing. Dit is breedweg die “Deal” waarmee die Trump-administrasie gewerk het.

Die uitkoms is dat Rusland die streke van Oekraïne in Donbas hou en Oekraïne vry is om by Navo en die EU aan te sluit.

Almal (met die uitsondering van Poetin) word dus Withuis toe genooi. Macron en Starmer hanteer Trump met grasie, maar Zelenski bly onseker oor waarborge deur die Amerikaners vanweë hulle diepgaande wantroue in Wladimir Poetin. Dit laat gaan die andersins georkestreerde perskonferensie in chaos uiteengaan.

Die “Deal” is steeds op die tafel, maar die rol van Zelenski is voortaan afgewater en drie manne gaan namens Europa voor vat, naamlik Keir Starmer (wat soos Tony Blair voor hom na die middelgrond beweeg), Emmanuel Macron en dan Mark Rutte, as die politieke hoof van Navo.

Rook hierdie een.

Lees ook:

Uit die argief: Waarom is Navo ’n vlieg in Poetin se salf?

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top