Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

Elders gesien: Brics is die toekoms

Albert du Plessis Elders gesien 2024-10-25

"Israel en Oekraïne is besig om Amerika en die Weste onder te trek. Navo val uitmekaar uit. Cyril kan mos nie nou nie die obvious verloorperd opsaal nie? Brics is die toekoms."

Waarom die VSA by Suid-Afrika wil leer

Freek Robinson, Roelf Meyer Onderhoude 2024-10-25

Roelf Meyer was ’n maand lank in die VSA waar hy lesings en werkswinkels aangebied het oor Suid-Afrika se vreedsame oorgang na demokrasie. Maar waarom nou? Wat wil die Amerikaanse denkers tans by ons leer en hoekom? En wat sê Meyer aan die afstig-Afrikaners wat beweer hy het Suid-Afrika gewoon uitverkoop? Freek Robinson het met Meyer gesels.

Heil die Leser! Die omstrede Vance – en sy boeiende memoires

Nini Bennett-Moll Boekrubrieke 2024-10-24

"’n Elegie is ’n treursang oor ’n gestorwe persoon. Hiér is die persoon die jonger JD Vance wat sy lewe as hillbilly agtergelaat het [...] Die memoires is ’n dringende en ontstellende besinning oor die verlies van die 'American dream' vir ’n groot segment van die VSA."

Die sielkundige trauma van ’n post-poliolyer voor haar 12de operasie

Marlene le Roux Menings 2024-10-23

"Hoekom skryf ek hierdie artikel oor my 12de operasie as ’n post-poliolyer? Om die eenvoudige rede dat ek wil hê die regering moet besef sonder die behoorlike ondersteuning en hulpbronne is post-poliolyers gedoem! Nie almal is so bevoorreg en bemagtig soos ek nie."

Wysigingswetsontwerp op Outeursreg na Konstitusionele Hof verwys: ’n onderhoud met Catrina Wessels

Naomi Meyer, Catrina Wessels Kopiereg-wetsontwerp 2024-10-23

"As jy as doodgewone Suid-Afrikaanse burger omgee oor die land se welvaart, behoort jy hieroor om te gee. Kunstenaars van oor verskeie dissiplines en skeppende bedrywe stel nie net wonderlike kreatiewe uitdrukkings daar nie, maar skep werk."

Hermeneutiek: Om met jou lyf te lees en te luister

Cas Wepener Seminare en essays 2024-10-23

"Vanaf interpreteer met jou hele lyf moet ons gaan na preek en praat vanuit daardie lyf. En nee, hiermee word nie ’n soort emosionaliteit bedoel nie. Soos Danie Marais in Ek en jy bestaan nie dig: 'Wit trane is net sout / in ou wonde.'"

Wat sê Bettina? Dertien dae voor Amerikaners moet kies

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-10-23

"Solank daar ’n wit man in beheer is, is hulle gelukkig."

Twee dekades van herdenking: Die NHN 2004–2024

Jean Oosthuizen Seminare en essays 2024-10-21

"'Ons het besef dat die Christelike godsdiens, in sy Augustiniaanse formaat, nie meer ’n werkbare model bied vir mense wat in die 21ste eeu leef nie,' verduidelik [Spangenberg]. Die netwerk het sedertdien verder wegbeweeg van die idee van hervorming. Dit fokus vandag eerder op nuwe maniere van dink oor menswees, moraliteit en die verhouding met die aarde."

Op dees aarde: Oorlogstrauma en die radikale Afrikaner-psige

Elsabé Brits Rubrieke 2024-10-18

"Betreklik min mans het aan die Rebellie deelgeneem, maar daar kan moontlik gesê word dat ná Fourie se teregstelling daar nie keer aan die 'steun' was nie. Dit was ’n pynlike en 'onregverdige' dood wat die slagofferskap en onverwerkte trauma van die Anglo-Boereoorlog verder versterk het."

Springmielies: Hillbilly-hemel

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2024-10-18

"Deur die uitbreiding van Trump se aanlyn winkels het hy sy politieke handelsmerk gekommersialiseer in ’n poging om sy ondersteuners te mobiliseer en om só ’n gevoel van kollektiewe identiteit te skep. Donald Trump – die handelsmerk – het die grense tussen tradisionele politiek en verbruikerswese laat vervaag."

Wat hou die verkiesing in die VSA vir Suid-Afrika in?

Freek Robinson, Chris Opperman Onderhoude 2024-10-18

Sal Harris meer vir Suid-Afrika beteken as Trump? Wie gaan wen? Waarom stem swart mans vir Trump? Waarom onttrek talle oud-Republikeine hul steun aan Trump? Dit is maar enkele van die vrae wat Freek Robinson stel aan Chris Opperman, ’n toenmalige diplomaat wat nou ’n sakeman in die VSA is.

Outeursreg van ’n gedig en KI – Hugo, bel die polisie!

Willem Krog Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence 2024-10-18

"KI gaan verder as net ChatGPT. Grammarly, speltoetsers ens gebruik almal ’n vorm van KI om te help. Het ek dus net outeursreg op my verkeerd gespelde en ongrammatikale werk?"

Ons biblioteke: ’n onderhoud met Reinie Smit

Braam Peens, Reinie Smit Boeke en skrywers 2024-10-17

My gunstelinggedeelte uit ’n Afrikaanse boek is nie ’n openingsin nie, wel op bladsy 38 van Voetstoots deur Annelie Botes: "In die munisipale gebied van Helsinki (Finland) mag geen inwoner buite loopafstand van ’n biblioteek bly nie. Dit beteken as ’n woongebied uitbrei, moet die munisipaliteit ’n biblioteekplan voorsien alvorens boupermissie gegee word!" Hierdie onderhoud met Reinie Smit is die negende aflewering oor ons biblioteke. Reinie is bibliotekaris by Prins Albert Biblioteek.

Agterstories: Waarom is jou baas nie snaaks nie? Die ekonomie van humor in die werksplek

Johan Fourie Rubrieke 2024-10-17

"Is daar ’n wenresep vir ’n goeie grappie?"

Dinkskrum: Is die eenheid in die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) op valse optimisme gebou?

Jason Lloyd Rubrieke 2024-10-17

"Die eerste 100 dae is gewoonlik enige administrasie se maatstaf van wat die beleidsplatform en praktiese rigting van so ’n regering tydens sy ampstermyn sal wees."

Persverklaring: 2024 Prestasiebeurs van die Van Ewijck-Stigting beskikbaar

LitNet NeerlandiNet 2024-10-15

Daar kan weer aansoek gedoen word vir die Van Ewijck-Stigting se Prestasie-prys van R100 000. Dit is ’n prys vir bewese prestasies wat reeds gelewer is en verband hou met die doelstellings van die Stigting, naamlik om die kulturele betrekkinge tussen Suid-Afrika en Nederland in die ruimste sin te bevorder. Dit sluit alle vertakkinge van die kunste of wetenskap in.

Wat sê Bettina? Elon Musk en die aanmars van die robotbevolking

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-10-15

"Optimus is nie in staat tot empatie nie – selfs Musk gaan nie so ver om dit te beweer nie. Hoe gesond kan ’n vriendskap wees wat nie op empatie gebaseer is nie?"

Herinneringe aan Martie Meiring

Albert Maritz In memoriam 2024-10-14

"Soos orals in die lewe, is daar politiek in die media en in die kunste ook. Maar Martie sou seil deur onmoontlike kraaineste."

Elders gesien: Selfs Frits Gaum sou saam kon juig

Hennie van Deventer Elders gesien 2024-10-14

"Toe verloor die President sy skoen. Frits het geen oomblik geweifel nie, op sy knie gesak en die skoen aangetrek."

Toorkombuis: Brood vir Bottergat

Karen Hart Kos en wyn 2024-10-14

"Met hierdie maklike broodresep het ek al tientalle siele tot brood bak bekeer. Geen voer van ’n morsige suurdeegplantjie nie. Geen geknie. Roer net, laat staan en bak."

Top