Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Oor Crito

Johann Rossouw Seminare en essays 2024-09-17

"Wie gee hom die reg om ons anoniem te kritiseer? is gevra. Dog júis omdat Crito nie gesag aan sy openbare beeld kon ontleen nie, kon hy dit slegs aan sy styl en die gesag van sy kritiek ontleen – en die beste bewys daarvan is die verwyt dat hy agter ’n skuilnaam skuil. Trouens, die sukses van sy openbare persona was ’n funksie van die styl en gesag van sy kritiek."

A multidisciplinary approach to Alzheimer’s

Izak de Vries, Heather Rauch Interviews 2024-09-17

"It involves supporting the individual and their family as they process the diagnosis and adjust to the impact of the disease on the family system, and walking the road with them all till the end of the life of the person living with dementia."

 

Wat sê Bettina? – Wat beteken die tweede Trump-sluipmoordpoging vir sy verkiesingsveldtog?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-09-16

"Die eerste aanval het Trump se veldtog aansienlik versterk, in beide entoesiasme en finansiële bydraes. Sedertdien het hy verskeie terugslae gehad. Eers het Biden onttrek as die Demokratiese kandidaat, en daarmee saam Trump se hele strategie, om homself as die meer energieke kandidaat te posisioneer, laat inmekaar tuimel."

Agterstories: Om ’n kaart in die donker te teken

Johan Fourie Rubrieke 2024-09-16

"Dit is verbysterend hoe baie prominente historici, ekonome en ander sosiale wetenskaplikes dit verkeerd gehad het."

Op dees aarde: Die tragedie van Suid-Afrika se kinders

Elsabé Brits Rubrieke 2024-09-16

"In Suid-Afrika sterf een uit elke 25 kinders voor hul vyfde verjaardag. ’n Volle 71% leef onder die boonste armoedegrens in huishoudings wat nie genoeg inkomste het om in hul basiese behoeftes te voorsien nie. En net 4% – ja, só min – leef in huishoudings waar beide die ma en die pa teenwoordig is."

BELAB onderteken: ’n onderhoud met Jaco Deacon

Naomi Meyer, Jaco Deacon SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2024-09-15

"Die realiteit is dat klousules 4 en 5 deel is van die wet wat klaar onderteken is. Dit is net die implementering wat met drie maande uitgestel is vir verdere gesprekvoering. Dit sal outomaties na drie maande in werking gestel word indien dit nie deur ’n wysigingswet herroep word nie."

Bela-wet: DA gaan voort om voor te berei vir hofaksie

Jean Oosthuizen Menings 2024-09-13

"Die DA het sy prokureurs opdrag gegee om voort te gaan om voor te berei vir hofaksie oor beide die proses wat gelei het tot die aanvaarding van die Bela-wetsontwerp wat Vrydag deur president Cyril Ramaphosa onderteken is en die inhoud daarvan."

’n Ontleding van die Amerikaanse presidentsdebat

Charl-Pierre Naudé Menings 2024-09-13

"Die verkiesing is haar erns, terwyl dit Trump is wat Trump se erns is."

Krisis in die onderwys: ’n onderhoud met Hanlie Dippenaar

Alta Engelbrecht, Hanlie Dippenaar SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2024-09-13

"Dit is duidelik dat daar finansiële druk op die Departement van Onderwys is. Ek voel onderwys is die laaste item op die finansiële begroting wat onder druk geplaas moet word. ’n Moontlike oplossing kan wees om ’n verpligte een-jaar-internskap vir nuwe onderwysers in te bring, wat die druk kan verlig."

Regering van Nasionale Eenheid se toekoms in gedrang oor Bela-wet

Jean Oosthuizen Menings 2024-09-12

"Steenhuisen sê tydens die onderhandelinge het die DA dit duidelik gemaak dat die Bela-wetsontwerp in sy huidige vorm vir die DA onaanvaarbaar is, want dit het onder meer grondwetlike implikasies vir die reg op moedertaalonderrig. Die DA het Ramaphosa versoek om die wetsontwerp na die parlement terug te stuur om sekere wysigings aan te bring om dit volgens hulle in ooreenstemming met die Grondwet te bring."

Afrikaans se infrastruktuur: aanbou of afbreek?

Wannie Carstens Seminare en essays 2024-09-12

"Afrikaans se wetenskaplike funksie is ongelukkig onder druk. Ek pleit daarom vir die totstandkoming van ’n Sentrum vir die Studie van Afrikaans waar aktiwiteite rondom Afrikaanse wetenskaplike inisiatiewe gekoördineer kan word." Lees Wannie Carstens se volledige toespraak met die ontvangs van die Jan H Marais-prys op 11 September 2024.

Eerste regstreekse debat tussen Trump en Harris

Theo Venter Menings 2024-09-12

"In die 90-minute-debat het Trump meer as 43 minute opgeneem, terwyl Harris net 37 minute gebruik het. Trump was egter swak voorberei en het waarskynlik gehoop dat sy afbrekende verwysings na Harris, en om haar waardigheid, identiteit en selfvertroue af te kraak, haar sou ontsenu. Dit het egter nie gebeur nie en die teendeel het ontvou."

So help ons persone met demensie: ’n kerklike perspektief

Michiel van der Merwe Menings 2024-09-12

"Vind uit waaraan die persoon gewoond was, aangesien langtermyngeheue die blywende faktor is. Voorbeelde wat troos kan bring vir die regte persoon, is nagmaalbediening, gebed, meditasie, geestelike liedere en Bybellees. Pas aan by die persoon se behoeftes."

SA Skoleseminaar: Besnoeiing van onderwysbefondsing

Alta Engelbrecht SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2024-09-12

"Onderwysers is die waarborg dat die volgende geslag opgevoed sal wees. Goeie (en genoeg) onderwysers is die enigste verweer teen die moontlike verval van die samelewing."

Sy was ’n vrou van kleur en ’n vrou van kleure: ’n Elegie vir Anastasia de Vries

Valda Jansen In memoriam 2024-09-11

"’n Mens wil iéts doen. By die aanhoor van jou afsterwe, Anastasia, wil ’n mens iets dóén. Iets groots. ’n Grootse gebaar, soos om goed aan die brand te steek. Of ten hemele te skree. Maar al wat uit ons lyf kon kom, was ’n gedempte huil. Gedrae klanke vanuit diep binne ons."

Springmielies: ’n Ode aan popcorn

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2024-09-11

"Popcorn is inderdaad ’n demokratiese lekkerny wat as globale verskynsel ’n bewys is van veelsydigheid: Dit het aangepas by die smake en tegnologieë van elke era, en ’n geliefde lekkerny geword wat kulturele en geografiese grense oorskry. As simbool van vermaak en kulinêre genot het springmielies ’n ryk geskiedenis, ’n unieke wetenskap en kulturele betekenis wat (op dieper vlak) iets sê van die mens se historiese weerstandigheid."

Op soek na ’n billike beeld van die kerk

Johannes Froneman Seminare en essays 2024-09-11

"[D]ie Christelike kerk [het] dramaties in styl en inhoud verander. Hoe vat jy so ’n veelkantige verskynsel in enkele woorde vas? En hoeveel daarvan word in die media weerspieël?"

Springbokke vs All Blacks

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-09-11

"Daar is iets omtrent sport wat toeskouers saambind in ’n gemeenskaplike aktiwiteit op ’n manier wat bitter min ander dinge dit doen. Daar is iets helend omtrent die kohesie wat ’n sportspan bring."

In jou moeder

Jitsvinger Menings 2024-09-10

"Jou oorsprong se bronnelys knetter voort op’ie tonge soes kaggelvure tydens ancient gesprekke van my voorvaderfigure. Jy is die geestelike organisasie van my spraakstrukture. Dit hang soes waardevolle portrette in’ie binnekant van my verstand se gerookte kamermure."

James Matthews (1929–2024)

Hein Willemse In memoriam 2024-09-10

"James Matthews was ’n toonaangewende literêre figuur wat aanvanklik internasionaal en later ook plaaslik erken is. Vir opeenvolgende geslagte skrywers was hy die toonbeeld van ’n verbonde kunstenaar met ’n beginselvaste verbintenis tot vryheid."

Top