Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Hoe Juffrou se woorde my lewe gered het: "Djy doenit’ie vi my nie, Troubles."
2024-08-29"Nog voor ek kon sê 'Juffrou ...', druk sy die foon in my oor neer. Dis Juffrou. My Afrikaans-dosent. Anastasia de Vries, Anna of Stacey vir ander, maar vir my was sy altyd Juffrou. Sy vat nie nonsens nie. Ek het so pas haar kwartaaltoets misgeloop ..."
Hervorming van die tronkstelsel: Is dit moontlik?
2024-08-29Pieter Groenewald, die minister van korrektiewe dienste, skets vir Freek Robinson ’n breër perspektief.
’n Groetwoord vir Anastasia de Vries
2024-08-28"Maar jy hét vertrek, en dít kort op die hakke van Braam de Vries, ons oudkollega, en Brian O’Connell, voormalige rektor van die Universiteit. ’n Mens sou as’t ware kon uitroep: Die spore van die dood lê in die gange van die UWK, en sy spore is vars ..."
VVA Ommietafelgesprek: Hoekom ’n musiekloopbaan in Afrikaans?
2024-08-27"Al die gespreksgenote was dit eens dat Afrikaanse musiek ’n blink toekoms het en dat die taal in al sy vorme gevier en omarm moet word as ’n inklusiewe taal."
Ons biblioteke: ’n onderhoud met Rachel Williams
2024-08-27"Ons smee bande met gelykdenkende organisasies wat hulle toevestig op die bevordering van ’n leeskultuur, soos Nal’ibali; boekwinkels; die ATKV; interaksie en gesprekke met outeurs; boekuitstallings; radio-onderhoude; bewusmakingsdae soos Wêreld-Hardoplees Dag, Nasionale boekeweek, Wêreldboekedag; drama, opvoerings en leesprogramme." Hierdie onderhoud met Rachel Williams is die vyfde aflewering oor ons biblioteke.
Agterstories: Wat ons op skool leer
2024-08-27"Tog, dit wat ons opdoen in daardie klaskamers – die blootstelling aan nuwe idees en die ontwikkeling van kritiese denke – kan ons lewens beïnvloed op maniere wat ons dalk nooit besef nie."
LitNet Akademies Weerdink-onderhoud – skole: kompetisies of waardes?
2024-08-27"Mense wil van nature deel wees van ’n 'wenkultuur'. Ons raak almal opgewonde as die Springbokke wen, ons atlete medaljes by die Olimpiese Spele verwerf en Dricus du Plessis sy titel suksesvol verdedig. Daar is soveel uitdagings in ons land wat mense moedeloos en negatief laat, soos swak dienslewering, werkloosheid, verlies van mag, dat ek oortuig is dat skole en skole se prestasies dalk as ’n kruk gebruik word."
In memoriam Abraham H de Vries (1937–2024)
2024-08-27"Braam het ’n skrywer en akademikus geword wat ver buite sy eie land sy merk gemaak het."
Die storieman wat ons aan die verlang kon skryf
2024-08-26"As kind het ek net ’n vae verbeeldingsprentjie van die Storieman in my kop gehad. Eers as volwassene het daardie beeld helder en vaste vorm aangeneem, met ’n bokbaardjie. Die 'slim ou, stokou, storieman' heet Braam."
Abraham H de Vries (1937–2024)
2024-08-26"... die lewe is ’n kortverhaal
maar in jou geval was dit glad nie
so kort nie, dit was vol gebeure
en interessante karakters"
Elders gesien: Braam de Vries, jy was onvolprese
2024-08-25"Maar Braam is so ’n vriendelike siel, met ’n glimlag wat altyd gereed staan en helder, meelewende oë. Ek groet hom en sê my naam. Ons skud hand en hy begin onmiddellik praat oor my boek."
Elders gesien: Dankie vir al die stories
2024-08-24"Die hoogtepunt van daardie aand was egter toe hy ná die bekroning my kom vra het om sy bundel te teken."
Boeksemdais 1: Die groter prentjie, die legkaartstukke, lekkerleesboeke en swart swane
2024-08-22"Boeksemdais. Nooit die finale woord of afsluiting oor die saak nie; eerder die totstandkoming, oor tyd, van nuwe voetpaadjies, proesels van ’n nuwe umamigeur."
The science of Kaaps: Reflections on the 3rd Kaaps Symposium
2024-08-22"In a previous article published on the LitNet platform, I suggested openly and candidly that Kaaps is the future of Afrikaans. I take that back: Kaaps has its own future; it is now in the hands of us all. Help us secure the future of this historically marginalised and indigenous language."
Amerikaanse presidentsverkiesing 2024: Hoe raak dit ons?
2024-08-22"Gaan ons ’n voortsetting van die Biden-era sien met Harris as president, of gaan ons weer vier jaar van ’n ontwrigtende Trump ervaar? Suid-Afrika het nogal ’n interessante belang by die uitkoms, want in 2025 neem ons die voorsitterskap van die G20-groep lande oor. ... Dit is belangrik dat Suid-Afrikaners die ontwikkelinge in die VSA met erns bejeën, want ons het betekenisvolle politieke, ekonomiese, tegnologiese en maatskaplike belang daarby."
Afrikaans: 100 jaar as amptelike taal – ’n erfenis om te vier of om te verwerp?
2024-08-21"Die viering van Afrikaans se eeu as amptelike taal is inklusief en ons nooi almal uit om hieraan deel te neem. Die vieringe gee erkenning aan die taal se bydrae tot die Suid-Afrikaanse samelewing. Om ’n inklusiewe en regverdige toekoms te bou, is dit noodsaaklik om die volle omvang van Afrikaans se geskiedenis te erken en te waardeer en om bewus te wees van al die verskillende invloede, gebruike en veranderinge wat die taal oor tyd gevorm het."
Malema vs Shivambu
2024-08-21Gaan die MK-party ’n politieke tuiste vir Floyd Shivambu wees? Freek Robinson vind meer uit by politieke ontleder Piet Croucamp.
Ope brief aan Mellet Moll
2024-08-21"Ek hoop verder dat jy jou sal afvra hoe letterkunde in al sy vorme deur die huidige vetes en moddergevegte gedien word."
En ek is nog hy
2024-08-21"Ek is al persoon wat ooit onder die naam Crito geskryf het. En ek is nog steeds hy."
Twee sekondes: Tyd en ruimte in die lewe van ’n sluipskutter
2024-08-21"Beskermers het net twee Mississippi’s om ’n verskil te maak. Hulle fout het die wêreld byna permanent verander. Byna was in dié geval genoeg. Volgende keer dalk nie."
