Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

Agterstories: Wat ons op skool leer

Johan Fourie Rubrieke 2024-08-27

"Tog, dit wat ons opdoen in daardie klaskamers – die blootstelling aan nuwe idees en die ontwikkeling van kritiese denke – kan ons lewens beïnvloed op maniere wat ons dalk nooit besef nie."

LitNet Akademies Weerdink-onderhoud – skole: kompetisies of waardes?

Naomi Meyer, Jaco Deacon SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2024-08-27

"Mense wil van nature deel wees van ’n 'wenkultuur'. Ons raak almal opgewonde as die Springbokke wen, ons atlete medaljes by die Olimpiese Spele verwerf en Dricus du Plessis sy titel suksesvol verdedig. Daar is soveel uitdagings in ons land wat mense moedeloos en negatief laat, soos swak dienslewering, werkloosheid, verlies van mag, dat ek oortuig is dat skole en skole se prestasies dalk as ’n kruk gebruik word."

In memoriam Abraham H de Vries (1937–2024)

Wium van Zyl In memoriam 2024-08-27

"Braam het ’n skrywer en akademikus geword wat ver buite sy eie land sy merk gemaak het."

Die storieman wat ons aan die verlang kon skryf

Willie Burger In memoriam 2024-08-26

"As kind het ek net ’n vae verbeeldingsprentjie van die Storieman in my kop gehad. Eers as volwassene het daardie beeld helder en vaste vorm aangeneem, met ’n bokbaardjie. Die 'slim ou, stokou, storieman' heet Braam."

Abraham H de Vries (1937–2024)

Daniel Hugo In memoriam 2024-08-26

"... die lewe is ’n kortverhaal
maar in jou geval was dit glad nie
so kort nie, dit was vol gebeure
en interessante karakters"

Elders gesien: Braam de Vries, jy was onvolprese

Valda Jansen Elders gesien 2024-08-25

"Maar Braam is so ’n vriendelike siel, met ’n glimlag wat altyd gereed staan en helder, meelewende oë. Ek groet hom en sê my naam. Ons skud hand en hy begin onmiddellik praat oor my boek."

Elders gesien: Dankie vir al die stories

Frederick Botha Elders gesien 2024-08-24

"Die hoogtepunt van daardie aand was egter toe hy ná die bekroning my kom vra het om sy bundel te teken."

Boeksemdais 1: Die groter prentjie, die legkaartstukke, lekkerleesboeke en swart swane

Jonathan Amid Boeke en skrywers 2024-08-22

"Boeksemdais. Nooit die finale woord of afsluiting oor die saak nie; eerder die totstandkoming, oor tyd, van nuwe voetpaadjies, proesels van ’n nuwe umamigeur."

The science of Kaaps: Reflections on the 3rd Kaaps Symposium

Quentin Williams Opinion 2024-08-22

"In a previous article published on the LitNet platform, I suggested openly and candidly that Kaaps is the future of Afrikaans. I take that back: Kaaps has its own future; it is now in the hands of us all. Help us secure the future of this historically marginalised and indigenous language."

Amerikaanse presidentsverkiesing 2024: Hoe raak dit ons?

Theo Venter Menings 2024-08-22

"Gaan ons ’n voortsetting van die Biden-era sien met Harris as president, of gaan ons weer vier jaar van ’n ontwrigtende Trump ervaar? Suid-Afrika het nogal ’n interessante belang by die uitkoms, want in 2025 neem ons die voorsitterskap van die G20-groep lande oor. ... Dit is belangrik dat Suid-Afrikaners die ontwikkelinge in die VSA met erns bejeën, want ons het betekenisvolle politieke, ekonomiese, tegnologiese en maatskaplike belang daarby."

Afrikaans: 100 jaar as amptelike taal – ’n erfenis om te vier of om te verwerp?

Merlyn van der Rheede Menings 2024-08-21

"Die viering van Afrikaans se eeu as amptelike taal is inklusief en ons nooi almal uit om hieraan deel te neem. Die vieringe gee erkenning aan die taal se bydrae tot die Suid-Afrikaanse samelewing. Om ’n inklusiewe en regverdige toekoms te bou, is dit noodsaaklik om die volle omvang van Afrikaans se geskiedenis te erken en te waardeer en om bewus te wees van al die verskillende invloede, gebruike en veranderinge wat die taal oor tyd gevorm het."

Malema vs Shivambu

Freek Robinson, Piet Croucamp Rubrieke 2024-08-21

Gaan die MK-party ’n politieke tuiste vir Floyd Shivambu wees? Freek Robinson vind meer uit by politieke ontleder Piet Croucamp.

Ope brief aan Mellet Moll

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-08-21

"Ek hoop verder dat jy jou sal afvra hoe letterkunde in al sy vorme deur die huidige vetes en moddergevegte gedien word."

En ek is nog hy

Crito (Kerneels Breytenbach) Boeke en skrywers 2024-08-21

"Ek is al persoon wat ooit onder die naam Crito geskryf het. En ek is nog steeds hy."

Twee sekondes: Tyd en ruimte in die lewe van ’n sluipskutter

Johan de Waal Menings 2024-08-21

"Beskermers het net twee Mississippi’s om ’n verskil te maak. Hulle fout het die wêreld byna permanent verander. Byna was in dié geval genoeg. Volgende keer dalk nie."

Tuin van Digters 2024: ’n onderhoud met Francois Lötter

Naomi Meyer, Francois Lötter Boeke en skrywers 2024-08-21

"Natuurlik is skryf en dig ’n persoonlike en sit-alleen-op-die-stoel-tipe ervaring. ... Maar ek vermoed skryf en dig kan (en moet dalk) in sekere gevalle meer as net ’n solo-ervaring wees, soos vanjaar se Tuin van Digters met die saamsaam-tema wil beklemtoon."

Elders gesien: "Dis ons ammal se land"

Wim Vorster Elders gesien 2024-08-20

"Die nartjies is helderoranje, die koejawels geelgroen. Die bloed in my en in my weldoener se are is ewe rooi."

Jeanette Ferreira (1954–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-08-20

"Prosa is loop, poësie is dans – ’n taal moet kan loop en dans." Lees meer oor Jeanette Ferreira in hierdie ATKV-skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche en nou volledig bygewerk.

Enkele standpunte oor postume spermonttrekking en voortplanting

Handré Brand Menings 2024-08-19

"Reproduktiewe mediese tegnologie ontwikkel teen ’n vinnige tempo. Dit is duidelik uit ’n oorsig van beide plaaslike en Westerse internasionale regsraamwerke dat die wetgewer dit problematies vind om op hoogte te bly van hierdie ontwikkelings."

Emily Hobhouse se storie nou ’n nuwe, moderne toeriste-attraksie in Engeland

Elsabé Brits Rubrieke 2024-08-16

"Die Story of Emily is ’n nuwe historiese terrein, wel eintlik ’n ganse ervaring, wat uit 40 akker bestaan. Dit is geleë in die dorpie St Ive (uitgespreek Saint Eve) in Cornwall, naby Liskeard. Met jou hoëtegnologie-oorfone sal jy installasies, animasies, video’s en virtuele realiteit (VR) beleef, verryk met ou dekor, historiese foto’s en artefakte."

Top