Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
LitNet Akademies-resensie-essay: Mite as krisis en krisis as mite – In die rede geval deur Charl-Pierre Naudé
2024-07-25"Mitewerking gaan nie oor die mites self nie, of die inhoud nie, maar die denkstrukture (’n mens sou in ’n ander verband kon praat van pseudostrukture) wat van hedendaagse inhoude mites of mitewerking maak. Mense verlaat hulle op hierdie strukture wanneer gewone redelikheid nie meer werk nie."
Hoe bepaal ek die puntetellings?
2024-07-25"Intussen wil iemand by my weet hoe ek die puntetellings by die resensies bepaal. Nie maklik nie, maar daar is sekere vrae wat, indien ek hulle positief kan beantwoord, altyd vir my ’n punt werd is."
Politics and economics: "We know what needs to be done."
2024-07-24Busisiwe Mavuso, CEO at Business Leadership South Africa (BLSA), sketches a very dark picture of the ANC’s monumental failures at providing the basics for a conducive economic environment. However, the GNU represents "the last chance".
Elders gesien: Die prezzie word maar net die salesperson
2024-07-24"Hoe slaap mens as jy weet jy teken af op bomme wat derduisende onskuldige kinders vermink. Elke dag. Elke uur?"
Agterstories: Die ekonomie van styl
2024-07-23"Maar hier is my hipotese: Ons (haar)style raak al hoe minder uitsonderlik. Society has cramped our style. Dit het begin as ’n waarneming."
Harris vs Trump: November kan nie gou genoeg kom nie
2024-07-22"Die afgelope week moes vir Amerikaners gevoel het asof hulle op die Kobra by die eertydse Ratanga Junction ry. Dis in elk geval hoe dit vir my as buitestander gevoel het."
Sewentiende Artscape Women’s Humanity Festival vra vir sterker optrede teen GBV
2024-07-22"Vroue behoort aan die voorpunt van sosiale verandering te wees en die gereedskap gegee te word om verandering teweeg te bring."
TK-lesing 2 en 3: Die inhoud van die AWS
2024-07-22"Die hooftaak van die Taalkommissie (TK) is om die inhoud van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) by te werk sodat dit tred hou met veranderinge wat in formele, geskrewe Afrikaans plaasvind. In die tweede en derde lesings in die TK-lesingreeks is die inhoud van die AWS bespreek."
’n Ope brief aan die president
2024-07-19"Dankie dat u persone met gestremdhede genoem het as deel van die toekoms van ’n inklusiewe en transformerende Suid-Afrikaanse samelewing. Laat my toe om ’n paar punte voor te stel wat daartoe kan bydra dat hierdie lofwaardige inisiatief ’n betekenisvolle, gefokusde aksieplan word."
Ons biblioteke: ’n onderhoud met Christelle Lubbe
2024-07-19Hierdie onderhoud met bibliotekaris Christelle Lubbe is die vierde aflewering oor ons biblioteke. Christelle is Hoof: Professionele Dienste en Programme van Biblioteek- en Inligtingsdienste by Stad Kaapstad.
… so ook op die aarde deur Betsie van Niekerk: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2024-07-18"Betsie van Niekerk ... lewer ’n besondere bydrae met die roman, wat tematies sy plek in die klein korpus Afrikaanse tekste met die Rooms-Katolieke geloof as konteks inneem."
An open letter to Gayton McKenzie: responses from Yvette Hardie and Mthokozisi Zulu
2024-07-18"The arts give us the space and capacity to express ourselves freely on any topic and any concern, to meet those who are most unlike us, and to understand their points of view" ... "We create conversations that confront and heal. We speak for those who don’t have a voice and take those who need to escape, to far-away places. Audiences leave changed."
Behels konflikbestuur kompromie?
2024-07-18Freek Robinson gesels met Andre Vlok, kenner op die gebied van konflikbestuur, oor konflik en die Suid-Afrikaanse politiek.
Risikopersepsie en klimaatsverandering
2024-07-18"Die term risikopersepsie verwys na ’n indiwidu se subjektiewe oordeel oor die waarskynlikheid van negatiewe uitkomste van ’n gebeurtenis (soos aardverwarming/klimaatsverandering) gebaseer op voorafgaande kennis en ervaring, sowel as emosionele reaksies wat daarmee geassosieer word."
’n Dag in die lewe van ’n Facebook-narsing
2024-07-17"Laatmiddag neem Yolandré-Marie wéér ’n selfie, die suffelste een vir die dag. Die regterarm groei grotesk uit, maar word genadiglik geamputeer deur die lens. Selfie, selfie, in my hand, wie’s die mooiste in die land?"
Video-opname: die tweede Karel Schoeman-gedenklesing by die Vrystaat Kunstefees, 2024
2024-07-16Willie Burger het die tweede Karel Schoeman-gedenklesing by 2024 se Vrystaat Kunstefees gelewer. As mediavennoot van die geleentheid publiseer LitNet ’n video-opname van die volledige lesing.
In die kruisvuur: moderne identiteitskonflik en strategiese oplossings
2024-07-16"Konflik kan ’n wonderlike masjien vir beter verhoudings, groei en vooruitgang wees as ons dit reg verstaan en aanwend. Ons het nie minder konflik nodig nie, ons het beter konflik nodig."
Hlophe en die Afrikanisering van ons howe
2024-07-15"Ons Grondwet is een van die jongste en mees modernes in die wêreld. Maar ons Grondwet het ’n Achilles-hiel."
Die Ampie Teater: ’n onderhoud met Anne-Ghrett Erasmus
2024-07-11"Na afloop van die wonderlike konsert op ons agterstoep, moes ek bedankings doen en voilà! Daar spoel die woord spontaan uit my mond: 'Welkom by die Ampie Teater.'"
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Geagte president Ramaphosa
2024-07-11"Waarde President, as u hierdie drie voorstelle in oënskou neem, sal u merk dat al drie voorstelle dit wat my generasie as belemmering op ons deelname aan en vooruitgang in ons land ervaar, uit die weg sal ruim en dit terselfdertyd vir ons moontlik sal maak om die informele samewerking oor grense heen wat soveel van ons reeds beoefen, te formaliseer sodat die ekonomie en die onderwys kan floreer."
