Lewensreis: ’n huldeblyk aan Breyten Breytenbach

  • 5

Breyten Breytenbach (Foto: Izak du Plessis)

Lewensreis

Op Ounooi se skoot het jou tong geleer
om uit klanke en ritme woorde te skep.
Vir haar kon jy om die dood nie ’n wrang
vers skryf nie, want sy bly jou Ounooi.
By haar het jy geleer om om die dood nie
aan ’n mondvol bitter woorde te smul nie.

In jou swerfjare het sy jou met heimwee
gekoester en gesmeek dat berge jou behoed.
Op gekneusde knieë en met geboë hoof
het sy jou ná sonsak aan haar God gewy. 

Wie is dit wat só lig loop as die aandwind
opsteek en die skaduwees begin uitstrek? 
Dit is Yolande wat vreugdeklokke laat beier;
sy haas haar om jou met lente se olie te geur. 
Jou troeteling wil liefdesvlerke oor jou sprei 
en jou tree vir tree na die liefdestuin lei.

Mag die digter tot rus kom
in die boord se donker aarde.

Lees ook:

Moeg vir groet

Altyd Breyten, die man met die groen trui

Gesprekskuns: Breytenbach se blywende, lewende nalatenskap

Breytenbach family press release

Breyten Breytenbach (1939–2024)

  • 5

Kommentaar

  • Cas Vos
    Jy eggo met woorde
    soos hamerslae
    Breyten se impak
    op ons taal

    ons moet ligloop
    in die aandwind
    van lewensdenke
    wat uitreik na die albegrip.

  • Al het Breyten die aardse bestaan verlaat, sal die mirakelman se woorde en gedigte sonder ophou met ons praat. En ons sal spitsoor luister.

  • Hercules Boshoff

    Dankie Prof, vir hierdie woorde oor 'n vreeslose verkenner. Mag die oneindigheid aanhou spreek tot ons begrensde bestaan.

  • Johan van der Merwe

    Daar gaan Breyton ook

    Daar gaan sit my hart in my keel
    nooit sal ek my held ontmoet nie
    die nederige woord ridder
    wat gewoon was
    niks opstairs nie
    niks verbeel nie
    net plein afrikaans
    soos ons hom praat
    tog een van die reuse

    daar is ‘n paar -
    nou was daar ‘n paar
    die enkeles kan ek tel
    op my een hand

    Ingrid was ook een
    maar ‘n ander een
    ‘n spesiale boodskap een
    ‘n seer boodskap een

    soos Breyton
    die mens – mens
    wat my gerus gestel het
    dat ek moet skryf
    wat my hart voorlees
    sonder ‘n woordeboek
    sonder spoggerige woorde
    sonder verbeel

    skryf soos jy praat
    stadig matig en duidelik
    sodat ‘n kind jou kan verstaan
    soos Jesus gepraat het
    nou glo ek is hy daar

    daar waar hy geglo het
    God sy Vader is
    in rus in gerus wees
    vry van wees en vrees
    in liefde en vrede
    wat hy so hard voor geveg het
    gestry en baklei voor het
    nou rus hy

    rus sag my held
    my groot vriend
    wat ek nooit geken het nie
    hoe wens ek -
    dat ek het

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top