Moeg vir groet

  • 0

Breyten Breytenbach (Foto: Naomi Bruwer)

Moeg vir groet

Sterwe is nie ’n einde nie,
jy het my so vertel.
Dood is nie die stilte nie,
jy het mos gepraat van die brug
waar jy staan en wag vir die nagvoël,
waar water oor die klippe gly,
waar die dood sy stem verloor.
Die skrywer sterf, maar die woorde bly.

Jy staan in die mond van die deur.
Moet ek totsiens sê?
Ek is bitter moeg vir groet, maar
dankie, ou jagter,
dat jy vir anderman leer korrel
om voëls te vang in sy mond
en hulle te sluk soos heel eiers.

Die bloeisel reik na die hemel;
jy word die lug, die lig, die stof.
Woorde nou vir ander om te praat,
sinne vir ons om klaar te maak.
Vlerke dra jou nie hemel toe nie, maar
jou silwer tong sal die skarniere
van die pêrelpoorte laat kreun.

Lekker rus, Breyten.

Anderman
24/11/24

Lees ook:

Altyd Breyten, die man met die groen trui

Gesprekskuns: Breytenbach se blywende, lewende nalatenskap

UNISA’s Breyten Seminar: "The birthday poem ritual as self-portrait in Breyten Breytenbach’s poetry: 1964–2014"

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top