Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

Ikonoklas!

Jannike Bergh Menings 2024-08-01

"Philippe Katerine, ’n Franse national treasure, is so Frans dat Gérard Depardieu sy skoonpa is (wat in elk geval nie vandag ’n baie woke ding is om te wees nie). Maar sy onbekendheid buite Frankryk bied toe later ’n verdere laag van komiese effek: hy is nou die random blou ou in die middel van ’n globale geloofsherrie."

TK-lesing 4: Die werkwyse van die Taalkommissie

Monique Rabé, Jana Luther Seminare en essays 2024-08-01

"Die Taalkommissie het in die uitvoer van sy mandaat een kerndoel voor oë: Om ’n bron daar te stel wat leiding gee oor hoe om – in soverre dit moontlik is – konsekwent eenvormig te skryf en te spel sodat eerste-, tweede-, derde- én vreemdetaalsprekers van Afrikaans met die minimum moeite die maklikste met mekaar kan kommunikeer wanneer hulle formeel, amptelik moet lees en skryf."

Wat doen die Menseregtekommissie?

Freek Robinson, Chris Nissen Rubrieke 2024-07-31

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) was onlangs weer in die nuus toe ’n EFF-lid snedige opmerkings teenoor lede van die DA en die VF+ gemaak het. In hierdie gesprek verduidelik Chris Nissen, die voorsitter van die MRK, waarom hulle nie anders kan as om sulke gevalle te veroordeel nie.

Koeke, terte, Paris se twisappel en ’n bietjie Marita van der Vyver

Izak de Vries Boeke en skrywers 2024-07-31

"Maar hierdie bepaalde geleentheid rondom die Griekse gode en ’n skunnige boek was anders en is op ’n heel, heel ander plek gehou."

Elders gesien: Die Jirre het kêk gehou die nawiek

Frazer Barry Elders gesien 2024-07-30

"Ennie Kristene mettie minste kennis ennie onaktiefste liefde hettie meeste te sê gehad maar die woorde het niks verander nie. Ennie ongaloewiges wattie meeste te sê gehad het mettie minste kennis en ervaring vannie Jirre het steeds leeg weggestap."

Elders gesien: Waarom is dit nou skielik godslasterlik as ons dieselfde doen?

Tom Dreyer Elders gesien 2024-07-30

"Lede van die LGBTQ-gemeenskap beskou nie hulself as onaangenaam of bespotlik, of as spreekwoordelike vrot tamaties wat jou kultuurskatte kan ontsier nie. As jy hulle teenwoordigheid by daai tafel as ’n 'aanval' op jou godsdiens sien, verraai jy eintlik maar net hoe onverdraagsaam en kleingeestig jy is."

The power of symbolism

Mphuthumi Ntabeni Opinion 2024-07-30

"Christianity might not own the Last Supper symbolism, but would the symbol have been able to gain so much power and presence without Christianity? Who today knows or remembers the Dionysian feast of the gods, except perhaps some lonely professor of ancient Greek mythology?"

’n Huldeblyk aan Douglas D’Barcayce Davis (4 September 1943 – 28 Julie 2024)

Vicky Davis In memoriam 2024-07-30

"As joernalis en nuusredakteur het hy in sy loopbaan ’n groot bydrae gelewer tot die Suid-Afrikaanse mediabedryf, so ook gedurende sy tyd (wat oor vier dekades gestrek het) waar hy werksaam was in openbare betrekkinge aan die Universiteit Stellenbosch."

Kuns, godsdiens en daai Olimpiese openingstoneel

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-07-29

"Godsdiens en kuns was altyd deel van die Olimpiese Spele, en dalk het die Franse hierdie jaar daarin geslaag om ons daaraan te herinner. Hulle grootste fout was nie dat hulle Christendom oneer aangedoen het nie, dis dat hulle die diepte van skynheiligheid en die absolute gebrek aan basiese ingeligtheid van mense onderskat het."

Projek T en die verowering van die Noorde

Hennie van Deventer Menings 2024-07-29

"Projek T is gebore – ’n inisiatief so in geheim gehul dat geen lid van die direksie snuf in die neus had nie. Die T het gestaan vir Transvaal."

Die Olimpiese Spele, feminisme en sumo

Hermione le Roux-Ellis Menings 2024-07-29

"Mens moet wonder wat sou kon gebeur as daar plakkate van Landman of ander vrouesportsterre in meisies se slaapkamers pryk. Dalk sou daar op ’n dag genoeg vroue op motorfietse wees om dit na die Spele toe te bring of selfs dalk ’n vrou wat aan Formule 1-wedrenne deelneem."

Elders gesien: Op Olimpus word die gode bymekaargemaak

Jean Oosthuizen Elders gesien 2024-07-28

"Een ding is waar, die Franse het hier ’n gesprek aan die gang gesit en mens laat nadink oor goed waaroor hulle selde dink, en dis goed."

Die verampteliking van Suid-Afrikaanse Gebaretaal – diversiteitstokenisme as taalbeplanning?

Theodorus du Plessis Seminare en essays 2024-07-26

"Wat taalverwerwingsbeplanning of taal-in-die-onderwys-beplanning betref, blyk dit dat die histories gemarginaliseerde inheemse tale (HGIT’s) slegs tot graad 3 as onderrigmedia aangewend word. In die geval van Suid-Afrikaanse Gebaretaal (SAGT) is dit onseker – volgens die onderwysdepartement was daar in 2021 slegs ses huistaal-SAGT-skole waar ons waarskynlik kan aanneem dat SAGT as voertaal gebruik is." Lees Theo du Plessis se hoofreferaat, gelewer by die SAALT-kongres 2024, Breakwater Lodge, Kaapstad, 10–12 Julie 2024.

Wenner van die Jan H Maraisprys 2024: ’n onderhoud met Wannie Carstens

Menán van Heerden, Wannie Carstens Onderhoude 2024-07-25

Wannie Carstens is in Julie 2024 met die Jan H Maraisprys van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bekroon. Hierdie toekenning gee erkenning vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur wetenskaplike werk en publikasies op hoë vlak en van hoë gehalte in Afrikaans. Die prys word aan Carstens toegeken ter erkenning van sy vakkundige bydrae ten bate van die Afrikaanse taalkunde. Menán van Heerden gesels met Wannie oor sy loopbaan en oor Afrikaans.

LitNet Akademies-resensie-essay: Mite as krisis en krisis as mite – In die rede geval deur Charl-Pierre Naudé

Hans Pienaar Resensies 2024-07-25

"Mitewerking gaan nie oor die mites self nie, of die inhoud nie, maar die denkstrukture (’n mens sou in ’n ander verband kon praat van pseudostrukture) wat van hedendaagse inhoude mites of mitewerking maak. Mense verlaat hulle op hierdie strukture wanneer gewone redelikheid nie meer werk nie."

Hoe bepaal ek die puntetellings?

Crito (Kerneels Breytenbach) Boeke en skrywers 2024-07-25

"Intussen wil iemand by my weet hoe ek die puntetellings by die resensies bepaal. Nie maklik nie, maar daar is sekere vrae wat, indien ek hulle positief kan beantwoord, altyd vir my ’n punt werd is."

Politics and economics: "We know what needs to be done."

Freek Robinson, Busisiwe Mavuso Rubrieke 2024-07-24

Busisiwe Mavuso, CEO at Business Leadership South Africa (BLSA), sketches a very dark picture of the ANC’s monumental failures at providing the basics for a conducive economic environment. However, the GNU represents "the last chance".

Elders gesien: Die prezzie word maar net die salesperson

Albert du Plessis Elders gesien 2024-07-24

"Hoe slaap mens as jy weet jy teken af op bomme wat derduisende onskuldige kinders vermink. Elke dag. Elke uur?"

Agterstories: Die ekonomie van styl

Johan Fourie Rubrieke 2024-07-23

"Maar hier is my hipotese: Ons (haar)style raak al hoe minder uitsonderlik. Society has cramped our style. Dit het begin as ’n waarneming."

Harris vs Trump: November kan nie gou genoeg kom nie

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-07-22

"Die afgelope week moes vir Amerikaners gevoel het asof hulle op die Kobra by die eertydse Ratanga Junction ry. Dis in elk geval hoe dit vir my as buitestander gevoel het."

Top