Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Taalkommissie-lesing 1: AWS en vaktaal
2024-06-25Hier is ’n video deur Jana Luther wat meer agtergrond oor Afrikaanse vaktaal verskaf.
Die ekonomie van koerantnuus
2024-06-25"Die sluiting van Afrikaanse koerante moet dus geen verrassing wees nie; die groter verrassing is eerder dat hulle so lank teen die oormag van die internet – en die verbrokkeling van hul sakemodel – kon uithou."
Land reform in South Africa: Policy and implementation
2024-06-25"As with other cases in the 'new' South Africa, where the state failed, the private sector moved in to repair damages. Today, an integrated support structure provides services to white and black farmers, and a number of joint venture projects continue the land reform programme."
Die jong man van Oekraïne, ’n ware verhaal
2024-06-24"Ek kyk af vloer toe. Ek kan die man se oë op my voel. Ek krap in die sak vir nog ’n bier. G’n mens kan in sulke geselskap wees sonder drank nie."
’n Grondhervormingsvoorstel na die verkiesing
2024-06-24Die LitNet Akademies Weerdink-reeks skakel akademiese navorsing met vandag se aktuele kwessies. Die volgende artikel het in 2019 in LitNet Akademies (Regte) verskyn: Grondhervorming: Is onteiening sonder vergoeding die magiese "silwer koeël" of is dit ’n (berekende) skoot in die donker? Gerrit Rautenbach skryf in hierdie bydrae dat daar ná 2024 se verkiesing opnuut oor ’n apolitieke koalisie en grondhervorming nagedink behoort te word.
Ons biblioteke: ’n onderhoud met Edna van der Linde
2024-06-24Hierdie onderhoud met bibliotekaris Edna van der Linde is die tweede aflewering oor een van ons biblioteke, naamlik die Gansbaai Openbare Biblioteek.
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Die ontbinding van die Weste – ’n oorsig oor Emmanuel Todd se La défaite de l’Occident
2024-06-21Lees Johann Rossouw se bespreking van Emmanuel Todd se veelbesproke boek, 𝘓𝘢 𝘥𝘦́𝘧𝘢𝘪𝘵𝘦 𝘥𝘦 𝘭’𝘖𝘤𝘤𝘪𝘥𝘦𝘯𝘵 (Die ontbinding van die Weste), aan die hand van uittreksels, ekslusief vertaal in Afrikaans: "As die mense en die elites nie meer saamstem daaroor om sáám te funksioneer nie, het die begrip van verteenwoordigende demokrasie nie meer betekenis nie."
What beast is being born in our Jerusalem?
2024-06-21"My guess is that the growing radicalism from the left will gain momentum, especially if things don’t get better. As it is now, they too are at sixes and sevens and have no workable solutions. Anger at the failures of the ANC and the betrayal of the revolutionary mandate is their only political fund. They will probably take the coming few years to unite, organise and consolidate before coming to take yet another bite out of the sinking leviathan."
Kommunikasie binne aftreeoorde en boeke oor aftreeoordbewoners: ’n gesprek met Rudie van Rensburg
2024-06-21Daar het onlangs ’n artikel rondom die bestuur van aftreeoorde in LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) verskyn. Rudie van Rensburg, skrywer van die Hans-reeks wat oor die ouderdom en die wel en wee van bejaardes in aftreeoorde handel, praat met Naomi Meyer oor die gevorderde ouderdom, uitdagings en grysheid met die wysheid.
Hoe om ’n trein te stop deur Stephanie Ebert en Kathryn Pillay: vir lekker lees én om in die klaskamer te gebruik
2024-06-20"Hierdie boek is ideaal vir die geskiedenisprojek wat leerders in die derde kwartaal oor die lewensverhaal van ’n leier moet voltooi."
UKkasie: ’n terugblik en ’n gesprek
2024-06-19"Ons was onapologeties trots Afrikaans. Omdat ons in die buiteland gewoon het, het ons gesien hoe subkulture in multikulturele samelewings trots omgaan met hul eie identiteit en dat hoewel almal doodpragmaties Engels gebruik vir besigheid, daar nie van hulle verwag is om hul identiteite prys te gee nie."
Postverkiesing: Hoe kan die burgery eienaarskap neem van die demokrasie?
2024-06-19Christo van der Rheede (FW de Klerk-stigting) benadruk die belang van nasionale dialoog vir impak en deelnemende demokrasie op plaaslike, provinsiale en nasionale vlak.
Zuma: Messiah or populist?
2024-06-19"Put differently, Zuma revived Buthelezi’s pre-1994 messaging in 2023 with a blend of false pro-black advocacy, myopic rule-by-chiefs nonsense, and promises to wannabe politicians and tenderpreneurs of a return to rent-seeking practices reminiscent of the Gupta era."
Mites oor die Afrikaner en Afrikaans
2024-06-19"Mites oor wit Afrikaners en hulle heldedade is legio – soos daar stories in elke kultuur is. Máár ... wat sê die geskiedenis oor dié mense en 'die Taal' in ’n land waar gelyksoortigheid nog nooit bestaan het nie? Óf daar is halwe waarhede aan beide kante, óf daar is feite waaroor daar geswyg word."
LitNet Akademies-NALN aanlyn katalogus: ’n onderhoud met Burgert Senekal
2024-06-19Of jy ’n leeskringlid, akademiese navorser, joernalis of leerder is, kan jy NALN (Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum) nou via LitNet bereik. As jy byvoorbeeld op soek is na inligting oor ’n spesifieke skrywer, kan jy nou die LitNet Akademies-NALN-katalogus van meer as 38 000 papier- en digitale tekste aanlyn besoek. Hierdie katalogus strek so ver terug as 1973, NALN se stigtingsjaar, en lê as subdomein op LitNet se hoofraam.
TK-lesing 1 (deel 3): Korpustaalbeplanning
2024-06-19"In hierdie skryfstuk verwys ek graag na (net) enkele historiese momente om die aanloop van korpustaalbeplanning vir Afrikaans te illustreer. Dit is van waarde om te meld dat hierdie momente aan die begin nie doelbewuste korpusbeplanning vir Afrikaans ten doel gehad het nie, maar dat dit dikwels die produk was daarvan om ’n gemeenskaplike kommunikasiemiddel tussen verskillende kontaktale daar te stel."
Afrikaanse resensies: Nuwe ruimtes?
2024-06-18"Dit is te vroeg om nou al te probeer voorspel wat sal gebeur, maar ek hoop van harte dat die verskraling van gedrukte media, en die rol van die kuberruim, op ’n manier nuwe ruimtes vir die resenseer van Afrikaanse boeke sal laat ontstaan. Miskien ’n ydele droom, maar gun my dit."
Watter Suid-Afrikaanse politici ondersteun ons vir Field?
2024-06-18"Of dalk het Field nog nie by Suid-Afrika, of die suidelike deel van Afrika, of énige deel van Afrika, uitgekom nie juis omdat die oes so skraal is. Nie onder leiers nie, onder politieke leiers."
Wilgenhof: quo vadis, Willows?
2024-06-14"I've heard of the blacklisting of campus speakers and the toppling of statues as a result of cancel culture and by the woke brigade generally, but cancelling an entire 'koshuis' must surely rank as a world first."
“Die ewige lewe is geleefde lewe” en “Aan die einde is die begin”. ’n Persoonlike besinning oor die afsterwe van Jürgen Moltmann
2024-06-14"Op Maandag 3 Junie 2024 het een van die bekendste teoloë van die 20ste eeu, Jürgen Dankwart Moltmann (1926–2024), die grense van hierdie lewe oorgesteek en die 'onbeperkte ruimte' (Job 36:16, 2020 Afrikaanse Vertaling) van God betree."
