Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Oor die toekoms van die geskrewe en gedrukte woord in Afrikaans
2024-08-07"Toe ’n aantal Afrikaanse skrywers en intellektuele toenemend vanaf rofweg die jaar 2000 hulle groeiende kommer oor die toekoms van Afrikaans in die onderwys, die regspraak, die wetenskap, die kunste en ander hoër funksies begin uitspreek het, is hulle dikwels afgelag met die argument 'solank die taal nog gepraat word, sal alles goed gaan'."
LitNet Akademies-resensie-essay: Interaksie met Hans Pienaar oor In die rede geval
2024-08-06"’n Konvensionele resensie sou groter sukses met komplekse begrippe opgelewer het."
Woke: kompliment of skeldwoord?
2024-08-05"Die waarskuwing om waaksaam te wees is glad nie volksvreemd vir ons in Afrikaans nie. Die terme hou jou oë oop, wakker slaap of wakker loop is bekend aan ons."
Ons toekoms op die spel
2024-08-05"Spel oefen ’n sterk invloed op die samelewing uit, daarin neem ons die beste in menswees waar: uithouvermoë, vaardigheid, mededingendheid, spangees, oordeel, maar ook die swakste, naamlik vuilspel, knoeiery, onregverdigheid en selfsug."
Imane Khelif slaan antigenderbeweging bloedneus
2024-08-05"Dit is nogal ironies dat ’n cisgender meisie van ’n konserwatiewe, godsdienstige agtergrond onlangs kolhoue geslaan het teen die antigenderbeweging se onlogiese haatspraak rakende minderhede."
Die aard van verlies, deel 2
2024-08-02"Treur is om te leer om ’n sinvolle lewe te lewe sonder jou geliefde. Treur sien jy dan as ’n vorm van leer, en leer is in elk geval iets wat jy jou lewe lank doen. Sodoende begryp mens treur as iets wat meer bekend en verstaanbaar kan wees, en dit gee jou geduld om hierdie merkwaardige proses te laat ontvou."
Om vakwoordeboeke by te werk is belangrik: ’n onderhoud met Mariëtta Alberts
2024-08-02"Afrikaanse vaktaal het daartoe bygedra dat Afrikaans as akademiese en wetenskapstaal kon ontwikkel. Dit sal ’n hartseer dag wees as Afrikaanse terminologie tot niet moet gaan omdat die waarde daarvan onderskat word." Mariëtta Alberts praat met Naomi Meyer oor Mariëtta se artikel "Voorgestelde proses vir die hersiening en bywerking van vakwoordeboeke" wat onlangs in LitNet Akademies verskyn het.
Ikonoklas!
2024-08-01"Philippe Katerine, ’n Franse national treasure, is so Frans dat Gérard Depardieu sy skoonpa is (wat in elk geval nie vandag ’n baie woke ding is om te wees nie). Maar sy onbekendheid buite Frankryk bied toe later ’n verdere laag van komiese effek: hy is nou die random blou ou in die middel van ’n globale geloofsherrie."
TK-lesing 4: Die werkwyse van die Taalkommissie
2024-08-01"Die Taalkommissie het in die uitvoer van sy mandaat een kerndoel voor oë: Om ’n bron daar te stel wat leiding gee oor hoe om – in soverre dit moontlik is – konsekwent eenvormig te skryf en te spel sodat eerste-, tweede-, derde- én vreemdetaalsprekers van Afrikaans met die minimum moeite die maklikste met mekaar kan kommunikeer wanneer hulle formeel, amptelik moet lees en skryf."
Wat doen die Menseregtekommissie?
2024-07-31Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) was onlangs weer in die nuus toe ’n EFF-lid snedige opmerkings teenoor lede van die DA en die VF+ gemaak het. In hierdie gesprek verduidelik Chris Nissen, die voorsitter van die MRK, waarom hulle nie anders kan as om sulke gevalle te veroordeel nie.
Koeke, terte, Paris se twisappel en ’n bietjie Marita van der Vyver
2024-07-31"Maar hierdie bepaalde geleentheid rondom die Griekse gode en ’n skunnige boek was anders en is op ’n heel, heel ander plek gehou."
Elders gesien: Die Jirre het kêk gehou die nawiek
2024-07-30"Ennie Kristene mettie minste kennis ennie onaktiefste liefde hettie meeste te sê gehad maar die woorde het niks verander nie. Ennie ongaloewiges wattie meeste te sê gehad het mettie minste kennis en ervaring vannie Jirre het steeds leeg weggestap."
Elders gesien: Waarom is dit nou skielik godslasterlik as ons dieselfde doen?
2024-07-30"Lede van die LGBTQ-gemeenskap beskou nie hulself as onaangenaam of bespotlik, of as spreekwoordelike vrot tamaties wat jou kultuurskatte kan ontsier nie. As jy hulle teenwoordigheid by daai tafel as ’n 'aanval' op jou godsdiens sien, verraai jy eintlik maar net hoe onverdraagsaam en kleingeestig jy is."
The power of symbolism
2024-07-30"Christianity might not own the Last Supper symbolism, but would the symbol have been able to gain so much power and presence without Christianity? Who today knows or remembers the Dionysian feast of the gods, except perhaps some lonely professor of ancient Greek mythology?"
’n Huldeblyk aan Douglas D’Barcayce Davis (4 September 1943 – 28 Julie 2024)
2024-07-30"As joernalis en nuusredakteur het hy in sy loopbaan ’n groot bydrae gelewer tot die Suid-Afrikaanse mediabedryf, so ook gedurende sy tyd (wat oor vier dekades gestrek het) waar hy werksaam was in openbare betrekkinge aan die Universiteit Stellenbosch."
Kuns, godsdiens en daai Olimpiese openingstoneel
2024-07-29"Godsdiens en kuns was altyd deel van die Olimpiese Spele, en dalk het die Franse hierdie jaar daarin geslaag om ons daaraan te herinner. Hulle grootste fout was nie dat hulle Christendom oneer aangedoen het nie, dis dat hulle die diepte van skynheiligheid en die absolute gebrek aan basiese ingeligtheid van mense onderskat het."
Projek T en die verowering van die Noorde
2024-07-29"Projek T is gebore – ’n inisiatief so in geheim gehul dat geen lid van die direksie snuf in die neus had nie. Die T het gestaan vir Transvaal."
Die Olimpiese Spele, feminisme en sumo
2024-07-29"Mens moet wonder wat sou kon gebeur as daar plakkate van Landman of ander vrouesportsterre in meisies se slaapkamers pryk. Dalk sou daar op ’n dag genoeg vroue op motorfietse wees om dit na die Spele toe te bring of selfs dalk ’n vrou wat aan Formule 1-wedrenne deelneem."
Elders gesien: Op Olimpus word die gode bymekaargemaak
2024-07-28"Een ding is waar, die Franse het hier ’n gesprek aan die gang gesit en mens laat nadink oor goed waaroor hulle selde dink, en dis goed."
Die verampteliking van Suid-Afrikaanse Gebaretaal – diversiteitstokenisme as taalbeplanning?
2024-07-26"Wat taalverwerwingsbeplanning of taal-in-die-onderwys-beplanning betref, blyk dit dat die histories gemarginaliseerde inheemse tale (HGIT’s) slegs tot graad 3 as onderrigmedia aangewend word. In die geval van Suid-Afrikaanse Gebaretaal (SAGT) is dit onseker – volgens die onderwysdepartement was daar in 2021 slegs ses huistaal-SAGT-skole waar ons waarskynlik kan aanneem dat SAGT as voertaal gebruik is." Lees Theo du Plessis se hoofreferaat, gelewer by die SAALT-kongres 2024, Breakwater Lodge, Kaapstad, 10–12 Julie 2024.
