Abraham H de Vries (1937–2024)

  • 1

Daniel Hugo (foto: Naomi Bruwer) en Abraham H de Vries (foto: Izak de Vries)

  • Abraham H de Vries is op 23 Augustus 2024 oorlede. Daniel Hugo het vir hom ’n gedig geskryf.

Braam, dis maklik om ná jou dood
met ’n slap metafoor vorendag te kom
soos: die lewe is ’n kortverhaal
maar in jou geval was dit glad nie
so kort nie, dit was vol gebeure
en interessante karakters – meer
soos ’n roman van Kazantzakis
wat jy in Afrikaans vertaal het
die lewe is ’n katastrofe, ja
maar soos Zorba het jy dit waardig
en wys onder woorde gebring
daarvoor is ons jou dankbaar
sê ons graag in Grieks: eucharisto

Lees ook:

Abraham H de Vries (1937–2024)

Elders gesien: Dankie vir al die stories

Elders gesien: Braam de Vries, jy was onvolprese

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top