Elders gesien: Dankie vir al die stories

  • 0

Frederick Botha skryf op Facebook:

Abraham H de Vries is oorlede, die meester van die Afrikaanse kortverhaal wat soveel meer erkenning verdien het. Dat die Hertzogprys vir prosa nooit aan hom toegeken is nie, is ’n skande, en een van die hartseerste oomblikke in die Afrikaanse letterkunde.

Ek het die groot voorreg gehad om twee keer in sy geselskap te wees. Die eerste keer was in 2013 by die bekendstelling van Nuwe stories 2, waarin twee van my kortverhale opgeneem is, en die tweede keer in 2014, toe drie van my kortverhale in Nuwe stories 3 opgeneem is, en ek ook as wenner aangewys is. Die hoogtepunt van daardie aand was egter toe hy ná die bekroning my kom vra het om sy bundel te teken. Vir ’n 26-jarige aspirantskrywer is dit ’n gróót oomblik, een waaraan ek altyd terugdink wanneer daardie selftwyfel jou wil laat glo dat jy eerder die hele skryfbesigheid moet laat vaar.

Rus in vrede, Abraham H de Vries. En dankie vir al die stories.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top