Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

Johann Kinghorn: ’n huldeblyk

Bernard Lategan, Murray Hofmeyr, Christiaan Maasdorp Menings 2024-09-04

"Johann Kinghorn was ’n onafhanklike denker, ’n onkonvensionele akademikus en ’n ontdekkingsreisiger wat onvermoeid en met nuuskierigheid idees, landskappe en nuwe moontlikhede verken het. As dosent, vriend en mentor het hy die lewens van talle studente ingrypend en blywend beïnvloed." Drie kollegas bring hulde aan ’n buitengewone leermeester en gids.

Drag me to church: ’n preek deur Maryna Blomerus

Maryna Blomerus Menings 2024-09-04

"En daar hang ek toe ook by ’n Tollie Parton drag show uit. Die konsertsaal sit op die rand van die dorp, aan die eindpunt van Kerkstraat wat begin daar waar dit met Hoofstraat kruis. Die Moederkerk sit reg by hierdie kruising."

Anastasia was ma' net nou eenmal "Ôse Stacey"

Jacques du Toit In memoriam 2024-09-03

"The B lecture hall would be packed at that time. This small woman managed to bring students together to such an extent that they would even sacrifice their lunch breaks to attend her classes instead of watching the daily Klawerjas tournaments in the student cafeteria."

The story of Emily: ’n gesprek oor Emily Hobhouse se huis as besienswaardigheid in Engeland

Naomi Meyer, Elsabé Brits Onderhoude 2024-09-03

"Die huis het alles in wat ’n gesin van die tyd sou gehad het: gordyne, beddegoed, klere, meubels, boeke, speelgoed, skilderye van die familie teen die mure, en kos in die spense. ... Die resultaat is die mees akkuraat gerestoureerde middel-Victoriaanse huis in Engeland."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: video-opname van gesprek met Dana Snyman oor Seun

Johann Rossouw, Dana Snyman Onderhoude 2024-09-03

Dana Snyman gesels in hierdie videogesprek met Johann Rossouw oor die geboorte van Seun en oor die raakpunte in hul onderskeie verwysingsraamwerke.

Die mag van vreugde in politiek

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-09-03

"Kyk na die uitdrukkings op mense se gesigte. Daar is hoop, daar is vreugde. Dis in skerp kontras tot die strak gesigte by Trump se skares. Haat kan net só ver gedryf word. Deur te kies om dit weg te lag eerder as om vurige retoriek te lewer, het Harris bewys dat sy die Amerikaanse temperament baie beter lees as wat die Republikeine kan."

La Campanella: Wat is alles in ’n naam?

Elise Bishop Menings 2024-09-02

"Jislaaik, ons het darem eienaardige name nou in ons land. En met die talle herdopings deesdae van dorpsname wat ons erfnis mismaak en ontneem, raak dit nóg meer snaaks."

Laat die vervolgingsgesag ons almal in die steek?

Freek Robinson, Glynnis Breytenbach Rubrieke 2024-08-31

Sou Deveney Nel (16) nog geleef het as die Nasionale Vervolgingsgesag beter gefunksioneer het? Hierdie vraag is tans op baie mense se lippe. Minister Simelane het Nel se dood as ’n hartseer geval beskryf nadat Glynnis Breytenbach aan Simelane gesê het die moord sou vermy kon gewees het. Freek Robinson gesels met Breytenbach om te hoor wat sy daarmee bedoel het. Daarna kom die einste minister se opspraakwekkende "lening" ter sprake, waarna Robinson en Breytenbach oor ons land se oorvol tronke en moontlike oplossings vir die probleem idees uitruil.

Ons biblioteke: ’n onderhoud met Christine Gerber

Braam Peens, Christene Gerber Onderhoude 2024-08-30

Hierdie onderhoud met Christine Gerber is die sesde aflewering oor ons biblioteke.

’n Regering van nasionale eenheid en die pad vorentoe

André Duvenhage Seminare en essays 2024-08-30

"Die uitdaging waarvoor ons primêr te staan gekom het, is om met bestaande demokratiese waardes as grondslag ’n Suid-Afrika te herbou wat die gekompliseerde eise maar ook die verwagtinge van ons tyd daadwerklik kan aanpak; met kortertermyn-suksesse ’n grondslag vir langtermyn-ontwikkeling kan lê; en waarin algemene belang hoër geag word as bepaalde belang. Dit benodig leierskap wat vanuit ’n gesonde waardestelsel kan dink en help bou aan ’n nuwe tydvak wat voor die deur lê."

Ons het groot verloor, Anastasia

Timothy Nel In memoriam 2024-08-30

"Sien, Anastasia het net daardie manier gehad om mens te laat glo dat niks onmoontlik is nie, dat ons vir niemand hoef terug te staan nie, dat die wêreld ooplê vir ons."

Anastasia, omdat jy geglo het ek kon

Andréa van Rooi In memoriam 2024-08-30

"By jou het ek geleer baklei vir my taal, my reg op bestaan, my vrouwees en my bruinwees. Jy wat dit tot diep binne ons deurboor het dat ons bruin mense staan vir niemand terug nie en ons kou aan g’n agterspeen nie. Ons claim ons space."

Die confidence van ’n witkind

Tyron de Villiers In memoriam 2024-08-29

"Sedert ek jou ontmoet het, was jy vir my ’n juffrou en nie ’n doktor nie. Die tipe juffrou oor wie kleuterkinders huil as hulle na ’n volgende graad oorgaan. Dis presies hoe ek nou voel en waar ek my bevind."

Stacey, die gange is nou stil

Carla Lindt In memoriam 2024-08-29

"En dis net daai vir my – ek wil nie net ’n gewone dosent wees nie. Ek wil, net soos Stacey, ’n dosent wees wat vir ons mense en studente omsien en hulle opbou, en ’n 'way' maak sodat hulle kan presteer in die lewe."

Momente met Braam de Vries

Hans Ester In memoriam 2024-08-29

"Ons hier in Nijmegen gedenk dankbaar en vol ontroering ’n dierbare vriend, ’n 'friend of friends' wat van mense gehou het en ook goed was vir mense wat hy nie geken het nie."

Hoe Juffrou se woorde my lewe gered het: "Djy doenit’ie vi my nie, Troubles."

Angelo Julies In memoriam 2024-08-29

"Nog voor ek kon sê 'Juffrou ...', druk sy die foon in my oor neer. Dis Juffrou. My Afrikaans-dosent. Anastasia de Vries, Anna of Stacey vir ander, maar vir my was sy altyd Juffrou. Sy vat nie nonsens nie. Ek het so pas haar kwartaaltoets misgeloop ..."

Hervorming van die tronkstelsel: Is dit moontlik?

Freek Robinson, Pieter Groenewald Rubrieke 2024-08-29

Pieter Groenewald, die minister van korrektiewe dienste, skets vir Freek Robinson ’n breër perspektief.

’n Groetwoord vir Anastasia de Vries

Frank Hendricks In memoriam 2024-08-28

"Maar jy hét vertrek, en dít kort op die hakke van Braam de Vries, ons oudkollega, en Brian O’Connell, voormalige rektor van die Universiteit. ’n Mens sou as’t ware kon uitroep: Die spore van die dood lê in die gange van die UWK, en sy spore is vars ..."

VVA Ommietafelgesprek: Hoekom ’n musiekloopbaan in Afrikaans?

Jean Oosthuizen ATKV-Portaal 2024-08-27

"Al die gespreksgenote was dit eens dat Afrikaanse musiek ’n blink toekoms het en dat die taal in al sy vorme gevier en omarm moet word as ’n inklusiewe taal."

Ons biblioteke: ’n onderhoud met Rachel Williams

Braam Peens, Rachel Williams Onderhoude 2024-08-27

"Ons smee bande met gelykdenkende organisasies wat hulle toevestig op die bevordering van ’n leeskultuur, soos Nal’ibali; boekwinkels; die ATKV; interaksie en gesprekke met outeurs; boekuitstallings; radio-onderhoude; bewusmakingsdae soos Wêreld-Hardoplees Dag, Nasionale boekeweek, Wêreldboekedag; drama, opvoerings en leesprogramme." Hierdie onderhoud met Rachel Williams is die vyfde aflewering oor ons biblioteke. 

Top