Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Frits Gaum: In memoriam
2024-10-03"Frits was teologies en polities – in sommige opsigte – betreklik behoudend, maar hy kon op ’n waardige manier met jou verskil. Hy het ook aanvaar dat ons mekaar nie altyd van ons standpunte sou oortuig nie."
Openbare skole se finansies: hoekom ouers in Oktober oor die geldsake van hul kinders se skole moet praat
2024-10-02"Eienaarskap en verantwoordelikheid. Die 'openbare' aard van ons skole plaas die eienaarskap van ons skole in die gemeenskap, en die model van samewerkende beheer deur die beheerliggaam versterk dit. ’n Skool met betrokke ouers het ’n baie groot voordeel."
Toyota Stellenbosch Woordfees: Is etniese politiek en mobilisering op die terugkeerpad? (Netwerk24-gespreksreeks)
2024-10-02Theuns Eloff, Christo van der Rheede en Tessa Dooms het met Gert van der Westhuizen oor etniese politiek en mobilisering gesels, spesifiek na aanleiding van politieke partye soos die MKP van Jacob Zuma en Gayton McKenzie se PA se goeie prestasies in sekere gebiede in die afgelope verkiesing, asook die vroeëre Afrikaner Verklaring deur ’n aantal Afrikaner-organisasies en individue. Jean Oosthuizen gee ’n oorsig van die gesprek.
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: videogesprek met Louise Cilliers oor Kostis Palamas, die ses woorde van die sigeuner
2024-10-01In hierdie aflewering van die Johann Rossouw-gespreksreeks praat Louise Cilliers met Johann Rossouw oor haar vertaling van hierdie Griekse boek.
Elders gesien: Laat ons genade hê met mekaar se offers.
2024-09-29"Ek het geen veroordeling in my hart vir enige iemand wat die land verlaat nie – na ons gewelddadige inbraak in Kaapstad in 2005 wou ons emigreer."
Elders gesien: Naamloos onder die naamloses, en nou ook sonder adres
2024-09-27"Die treurige nuus oor die huis herinner aan ander vreemdhede rondom Louw se dood waarvan die ergste sekerlik is die verloop van sake met sy as."
China se strategie om die medialandskap in Afrika te verander
2024-09-26"Die oproep vir Afrika is om Chinese disinformasie te verwerp en objektiewe kanale vir die verspreiding van nuus te skep."
Wat kan ek en jy doen om klimaatsverandering te keer?
2024-09-25Freek Robinson gesels met Peter Johnston, ’n klimaatspesialis van die Universiteit Kaapstad, oor klimaatsverandering en vra hom ’n aantal vrae: Kan ons die sneeu oor groot dele van die land toeskryf aan klimaatsverandering, of nie? Is daar wel ’n probleem, of is al die gesprekke bloot bangmaakpraatjies?
Elders gesien: Dis Erfenisdag
2024-09-24"Dis die rugbypale waar jy nooit geleer het om ’n rugbybal te skop nie. Dis jou troppie bont skape, en jou kinders wat hul hart verloor op ’n plaasperd. Dis Erfenisdag."
Wat sê Bettina? Oor erfenis
2024-09-23"Ons verstaan dat ons ambassadeurs nie net van ons gesin is nie, maar van ons hele gemeenskap."
Is verengelsing die Bela-wet se skuld?
2024-09-20"Maar om te Bela of nie te Bela nie is eintlik nie ter sake nie. Dit lewer dalk lekker nuus op, maar die lot van Afrikaans as voertaal in skole hang van meer af as net een wet. Bela is ’n strydkreet vir rolspelers aan albei kante van die geveg, maar ook ’n skuifmeul vir veel meer prosaïese maar harde werklikhede."
Vlambare verkiesings en politieke geweld in die VSA
2024-09-19"Die sluipmoordpoging op Donald Trump op 15 Augustus, na ’n vorige poging op 13 Julie, geskied in ’n vlambare politieke orde. Wat is die kans dat politieke geweld in die VSA voor en na die presidentsverkiesing van 5 November 2024 sal eskaleer?"
Antjie Krog se eredoktorsgraad by UP: Willie Burger se commendatio
2024-09-19"Sy het ’n soort verslingering in die woordkuns, ’n aangryp van die estetiese ter wille van die estetiese, van die begin af oneties gevind. Indien die estetiese nie iets te doen het met die onreg, ongeluk, hardvogtigheid, arrogansie, lyding, swaarkry van mense nie, is dit nie vir Krog aanvaarbaar nie. Dan kan dit die wêreld net bevestig en nie verander nie."
Kallie Kriel gesels oor sy gesprek met Nommer Een
2024-09-18Toe Kallie Kriel ’n oproep van die President kry, was hy vir ’n oomblik oortuig dis Leon Schuster wat met hom spot. Tog was dit nie. Vir 35 minute het die twee met mekaar gesels. In hierdie onderhoud vertel Kriel aan Freek Robinson waarom hy dink die President het die erns van die situasie ingesien, en hy verduidelik ook hoe die volgende drie maande daar gaan uitsien.
Amerika se politieke alfabet het in ’n tuimeldroër beland
2024-09-18"In die November 2023-uitgawe van The Economist skryf John Prideaux dat Amerika ’n nuwe leksikon benodig om vanjaar se verkiesing te bespreek. Met net meer as ’n maand oor tot stemdag voel dit asof woorde ontbreek om te beskryf wat tans in die VSA gebeur. Die Amerikaanse politieke alfabet, asof in ’n tuimeldroër gegooi, blyk ontoereikend te wees vir die ontleding van die gang van sake."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Oor Crito
2024-09-17"Wie gee hom die reg om ons anoniem te kritiseer? is gevra. Dog júis omdat Crito nie gesag aan sy openbare beeld kon ontleen nie, kon hy dit slegs aan sy styl en die gesag van sy kritiek ontleen – en die beste bewys daarvan is die verwyt dat hy agter ’n skuilnaam skuil. Trouens, die sukses van sy openbare persona was ’n funksie van die styl en gesag van sy kritiek."
A multidisciplinary approach to Alzheimer’s
2024-09-17"It involves supporting the individual and their family as they process the diagnosis and adjust to the impact of the disease on the family system, and walking the road with them all till the end of the life of the person living with dementia."
Wat sê Bettina? – Wat beteken die tweede Trump-sluipmoordpoging vir sy verkiesingsveldtog?
2024-09-16"Die eerste aanval het Trump se veldtog aansienlik versterk, in beide entoesiasme en finansiële bydraes. Sedertdien het hy verskeie terugslae gehad. Eers het Biden onttrek as die Demokratiese kandidaat, en daarmee saam Trump se hele strategie, om homself as die meer energieke kandidaat te posisioneer, laat inmekaar tuimel."
Agterstories: Om ’n kaart in die donker te teken
2024-09-16"Dit is verbysterend hoe baie prominente historici, ekonome en ander sosiale wetenskaplikes dit verkeerd gehad het."
Op dees aarde: Die tragedie van Suid-Afrika se kinders
2024-09-16"In Suid-Afrika sterf een uit elke 25 kinders voor hul vyfde verjaardag. ’n Volle 71% leef onder die boonste armoedegrens in huishoudings wat nie genoeg inkomste het om in hul basiese behoeftes te voorsien nie. En net 4% – ja, só min – leef in huishoudings waar beide die ma en die pa teenwoordig is."
