Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Ons biblioteke: ’n onderhoud met René Schoombee
2024-11-04"Ek is die trotsste op hoe ons Durbanville Biblioteek getransformeer het in ’n sosiale kern wat mense van alle ouderdomme en agtergronde bymekaarbring. Om te sien hoe die biblioteek gegroei het van ’n plek waar boeke uitgeneem word na ’n plek waar werklik ’n verskil in die gemeenskap gemaak word." Hierdie onderhoud met René Schoombee is die tiende aflewering oor ons biblioteke.
'n Huldeblyk aan Mellet Moll
2024-11-04"djy was daai ou, het lekke’ in science en poetry
gebaljaa’, djy het presies soos ’n scientist
en diep soes ’n poet geskryf
ek dink’ie djy het writer’s block gekry nie
ek sien net discipline"
Spore: Hans du Plessis (1945–2024)
2024-11-04"Hans het nooit 'afgepraat' nie; ’n mens is as’t ware saam op reis geneem deur ’n ervare toergids. Hy het altyd die onervarenes saamgenooi."
Elders gesien: Danie Odendaal was briljant op ’n onvolprese wyse
2024-11-03"Ek was ’n japsnoet van nog nie dertig nie toe ek vir hom begin werk het. Hy het my vaderlik onder die vlerk geneem."
"Hoekom maak skrywers soms hulle stories so ingewikkeld?"
2024-11-01"Juis hierom is daar ook 'moeilike letterkunde' nou noodsaaklik. Om ons te dwing om weer te dink, om onhaastig te oordeel, om versigtiger te wees in ons oordeel en besluite."
Die sepiewêreld is armer sonder Danie Odendaal
2024-11-01"Danie het presies verstaan hoe om die regte akteur vir ’n rol te kry, praatbare, gemaklike, dikwels spitsvondige dialoog vir daardie akteur te skryf (of te laat skryf), en die karakters deurgrondelik deel van die volkskultuur te maak. Afrikaanse televisie sou soveel armer gewees het sonder Sewende laan."
Elders gesien: RIV, Danie Odendaal
2024-10-31"RIV, Danie Odendaal, briljante skepper van 7de laan en vriend."
Digtersweek 2024: ’n onderhoud met Amanda de Lange
2024-10-31"Een van die lekkerste dinge van woordkuns is dat jou brein iets kan oplewer wat jy nooit gedink het moontlik is nie. Dis soos kwashale met letters waar iets geskep word wat nie net vir die woordkunstenaar self vreugde verskaf nie, maar ook vir elkeen wat dit lees."
Meneer, mevrou, dominee, professor, doktor of eredoktor?
2024-10-31"In die Suid-Afrikaanse media is daar geen duidelikheid oor die gebruik van eretitels nie. So word daar byvoorbeeld in mediaberigte (asook op die US se webwerf) na die voorsitter van die US-raad as dr Newton-King verwys terwyl daar nêrens enige aanduiding is dat sy enige doktorale kwalifikasies het nie."
Hans du Plessis, ’n huldeblyk
2024-10-31"Oom Hans se humor is so natuurlik deel van elke gesprek dat dit net ’n plesier was om na hom te luister. In hulle kamer in die hotel het hy ’n bottel wyn uitgehaal en kon ek op die hoek van die bed sit en na hom en tannie Magdaleen se stories luister."
Are doctors opposing the NHI fat cats or problem solvers?
2024-10-30Simon Strachan calls himself "an advocate for the most vulnerable little people in our society" and says he is "passionate about the access to quality care for everyone". But if this is true, why, then, does he, like many other doctors, oppose the government’s National Health Insurance (NHI) scheme when the politicians say it is a "strategy to achieve universal health coverage"?
In memoriam: Mellet Moll
2024-10-29"Sy woordeskat het my dikwels beïndruk – hy het nooit ophou studeer nie en was tot die dag van sy dood nog besig met navorsing."
Persverklaring: Huldeblyk aan Hans du Plessis (1945–2024)
2024-10-29Met groot hartseer en ’n gevoel van diep verlies neem ons afskeid van Hans du Plessis, wat op 25 Oktober 2024 skielik oorlede is. Sy heengaan laat ’n groot leemte by LAPA Uitgewers, maar ons is ook oneindig dankbaar vir die rykdom van gedigte, verhale en ander werke wat hy aan ons nagelaat het. Hans sal voortleef in die bladsye van sy boeke en in die harte van sy lesers.
Romantiese en erotiese fiksie in Afrikaans: variasies op ’n wenresep?
2024-10-28"Die genre-en-leser-verhouding is simbioties. Ek dink die genre verander om by te bly met hoe lesers verander, maar ook dat die lesers se opvattings verander aan die hand van wat hulle lees."
Wat sê Bettina? Die Kolisi-egskeiding: Roem is die derde party
2024-10-28"Watter jongmense kan onder die gewig van verwagtinge leef dat hulle eiehandig ’n land se geskiedenis moet verander?"
Elders gesien: Slaapgas in ’n stasiewa
2024-10-27"Hy was ook ’n betroubare babawagter … in ruil vir Tokkie se lekker Boerekos. Johan was toe vyf en Marisa, wat Hans juis na aanleiding van die Halloween-gedoente Pampoenspokie gedoop het, ’n energieke drie."
Persverklaring: Huldeblyke stroom in ná Hans du Plessis se afsterwe
2024-10-27Familielede, vriende, talle skrywers, akademici en ander persone uit die Afrikaanse media-, taal- en letterkundewêreld het hul skok, hartseer en medelye uitgespreek oor die nuus dat die geliefde Hans du Plessis Vrydagnag oorlede is.
Persverklaring: Hans du Plessis is oorlede
2024-10-26Die ATKV neem met groot leedwese kennis van Hans du Plessis – letterkundige, digter, skrywer en ATKV-erelid – se heengaan op 25 Oktober.
Elders gesien: Brics is die toekoms
2024-10-25"Israel en Oekraïne is besig om Amerika en die Weste onder te trek. Navo val uitmekaar uit. Cyril kan mos nie nou nie die obvious verloorperd opsaal nie? Brics is die toekoms."
