
Prente: Canva
Naomi Meyer praat met die skrywers van ’n LitNet Akademies (Opvoedkunde)-artikel: “Beroepsvoorligting in Suid-Afrikaanse hoërskole: verleentheid of geleentheid?” Sommige van die vrae word in Engels beantwoord.
Daar het onlangs ’n artikel in LitNet Akademies (Opvoedkunde) verskyn wat handel oor beroepsvoorligting in skole. Julle was ’n paar navorsers uit verskillende universiteite wat saam aan die navorsing en die artikel gewerk het.
Wat is elkeen van julle se agtergrond en belangstellings?
Tony Naidoo, emeritus professor, Departement Sielkunde, Universiteit Stellenbosch, met ’n diep belangstelling, betrokkenheid en spesialisering in gemeenskapsielkunde, jeugontwikkeling, ekosielkunde and beroepsielkunde.
Stephan Rabie, medeprofessor en hoofnavorsingsbeampte in die Departement Psigiatrie en Geestesgesondheid aan die Universiteit van Kaapstad. Die meerderheid van my navorsing is gewy aan die ontwikkeling en implementering van geestesgesondheidsingrepe in diverse omgewings. My navorsing fokus op die kruising van geestesongesteldheid en chroniese toestande, met spesifieke fokus op MIV en gedragsnakoming. Ek het akademiese toesig verskaf en verskeie ingrepe bestuur wat fokus op MIV, dwelmgebruik, seksuele trauma, en gemeenskapsgebaseerde gesondheidsorg. Ek het tans ’n Emerging Global Leader-toekenning van die Fogarty Internasionale Sentrum, wat fokus op die ontwikkeling van ’n selfmoordvoorkomingsingryping onder mense met MIV in Suid-Afrika.
Francois van den Berg, ’n student by Universiteit Stellenbosch. Ek was besig met my navorsingmeestersgraad in sielkunde en was betrokke by die projek as koördineerder tussen die skole en ander sielkunde- en bedryfsielkundestudente wat bygedra het tot die ontwikkeling van die hulpbronne, en het as fasiliteerders opgetree.
Izanette van Schalkwyk, spesialis in die welstand van adolessente (sielkunde-agtergrond); en my haar longitudinale navorsing fokus op die impak van kontekstuele uitdagings en leerders se akademiese prestasie. Een van die belangrikste uitdagings van adolessent leerders is die gebrekkige ondersteuning van hul ouers/voogde vir hul daaglikse versorging en toekomstige loopbaanbeplanning; die blootstelling aan skole met ontoereikende hulpbronne; en die direkte blootstelling aan hoërisikofaktore van hul gemeenskappe.
Michelle Visser, ’n senior dosent in die Departement Bedryfsielkunde, Universiteit Stellenbosch, en geregistreerde bedryfsielkundige, met ’n passie vir loopbaanvoorligting. Ek is al etlike jare betrokke by die projek as een van die projekleiers en geniet dit om met adolessente te werk. Gedurende die bedryfsielkunde-internskap, raak ek ook graag betrokke by loopbaanvoorligting in die werksplek.
Hoe het dit gekom dat julle almal saam hierdie studie gedoen en ’n artikel geskryf het?
...........
Ons werk sedert 2018 as projekspan saam. Ek dink wat ons na mekaar getrek het, was die gemeenskaplike behoefte om op ’n manier te werk met die gemeenskap, maar so ook terug te gee. Dit is amper asof daar ’n hoër-orde-dryfveer/motivering was wat ons momentum en rigting gegee het met hierdie bepaalde projek.
............
Ons werk sedert 2018 as projekspan saam. Ek dink wat ons na mekaar getrek het, was die gemeenskaplike behoefte om op ’n manier te werk met die gemeenskap, maar so ook terug te gee. Dit is amper asof daar ’n hoër-orde-dryfveer/motivering was wat ons momentum en rigting gegee het met hierdie bepaalde projek. Daarmee saam het ons almal al gewerk in die veld van beroepsvoorligting, wat dus ’n pluspunt was. Die groepsdinamika is uitsonderlik, in die sin dat elke projeklid unieke bydraes kan lewer. Ons bring ook die beste in mekaar uit en skep ’n spasie waar ons kreatief en gefokus kan wees. Ons waardes stem ooreen rondom vertroue, integriteit en gemeenskaplike visie.
Die artikel het gevolg na aanleiding van ons projek waarmee ons al vanaf 2018 besig is. Dit was dus ’n natuurlike uitvloeisel van die werk waarmee ons op daardie stadium besig was.
Skoolkinders moet in graad 9 besluite neem oor vakkeuses in graad 10. Hulle moet dus al op ’n jong ouderdom begin nadink oor die toekoms en die beroepe wat hulle sou wou beoefen. Dis een van die praktiese redes waarom beroepsvoorligting vir kinders van hierdie ouderdom (die ouderdomme van die tieners wat in julle studie gebruik is) van belang is. Is kinders van hierdie ouderdomsgroep emosionele gereed om reeds oor die toekoms en hul beroepe na te dink? Tot watter mate sal die vakke waarin hulle akademies presteer, help om ’n aanduiding van belangstelling of aanleg te gee?
Research findings indicate that adolescents in developed countries, where career education and guidance services are in place, are engaging in the dynamic process of career exploration – exploring the world of work, examining their sense of self, and understanding how these two are related – from an earlier age. Evidence suggests that from an early age children are able to use their curiosity, interests, abilities, values and beliefs to guide how and what they learn, and to formulate their future, occupational goals in relation to the adult world of work. A different reality is extant, however, in developing countries where historical, political and economic conditions present a more challenging developmental pressure for young children and adolescents denying them access to adequate career guidance services and resources as part of their secondary education, thereby negatively influencing their career preparation and aspirations. In the absence of an enabling school environment (with qualified and motivated teaching staff, adequate resources, services and extra-curricular programmes), supportive parents and mentors, and increasing confidence in their sense of self and exploration of the adult world of work, adolescent learners may be uncertain, tentative, and anxious about their career decision-making. External factors such as Covid restrictions and the spectre of high unemployment add to the uncertainty facing adolescents who feel the pressure to make this important decision about their post-matric lives.
While their school subjects may provide a formative indication of potential related career considerations, other factors, such as hobbies, interests, values, role models and fantasies, may offer equally valid exploration avenues for the young individual to explore. Our position is unequivocal: Career guidance should be the right of all South Africa’s learners.
In julle studie het julle ’n rampspoedige tydperk gebruik: die 2020/2021-tydperk. Die wêreld se kinders het in daardie tyd meestal virtueel skoolgegaan, oftewel aanlyn (diegene wat bevoorreg genoeg was om virtuele toegang tot skoolmateriaal te kon hê, of waar die skole bevoorreg genoeg was om die inhoud virtueel beskikbaar te stel). Waarom het julle hierdie tydperk gekies om die navorsing te doen?
Covid het die meeste mense onkant betrap; definitief vir ons ook. Ons beplanning vir 2020 was gefinaliseer en ons was vas oortuig om ’n diens in die skole te gaan lewer. Met die aankondiging van die inperkings moes ons baie vinnig alternatiewe planne maak. Ons het besluit om voet by stuk te hou, en die hele loopbaanvoorligtingaanbieding is toe in ’n kwessie van weke verander na ’n aanlyn aanbieding, waar ons spesiale reëlings met die skole getref het om darem hardekopieboekies by die skole te kon aflaai. Die idee was dat leerders die boekie as selfgerigte gids gebruik met die aanlyn hulpbronne wat ons geskep het.
Daar is verskillende redes waarom kinders aangemoedig sal word om sekere vakke te kies as hulle besluite vir graad 10 moet neem. Julle artikel verwys onder andere na tegnokratiese, ontwikkelingskundige en sosiaal rekonstruksionistiese redes waarom kinders aangeraai word om sekere vakke te kies. As ek hieroor nadink, besef ek natuurlik dat beroepsvoorligting en die leerders se keuses van wat húlle wil word, ’n groot effek kan hê op wat die samelewing sal kan wen as die individue die regte besluite oor hulle toekoms neem. Dis ook een van die dinge waaroor julle in jul artikel skryf.
Leerders se vakkeuse in graad 10 behoort inderdaad beïnvloed te word deur faktore wat vir hulself en hul samelewings tot voordeel kan wees. Hierdie uitgangspunt kan op die volgende maniere gestel word:
|
i) Praktiese vaardighede vir die toekoms en vakke soos wiskunde, wetenskap en tegnologie word voorgestel vir die bou van vaardighede in ’n hoëtegnologie-wêreld (tegnokratiese redes). Die kies van hierdie vakke kan leerders voorberei vir loopbane waar hulle in staat is om werklike probleme op te los deur die ontwerp en bou van nuwe tegnologie tot uitvinding van mediese deurbrake. ii) Persoonlike groei en ontwikkeling kan dui op die kies van vakke soos kuns en sosiale wetenskappe om leerders se kreatiwiteit te ontwikkel en ’n dieper verstaan van mense en kulture. Die ontwikkeling van kritiese denke is fundamenteel vir gesonde volwassenes wat op positiewe maniere tot hul gemeenskappe kan bydra. iii) Sosiaal rekonstruksionistiese redes vir die kies van sekere vakke is van kernbelang vir die bou van ’n beter Suid-Afrikaanse samelewing. Dit beteken dat ons leerders voortdurend bewus sal wees van die groot rol wat hul toekomstige loopbane sal speel in die uitbou van ons samelewing, soos maatskaplike werk, onderwys en omgewingswetenskappe. |
In die algemeen, wanneer leerders aangemoedig word om oor hul toekoms te dink en vakke te kies wat ooreenstem met hul doelwitte en belangstellings, gaan dit nie net oor hul individuele toekomstige sukses nie; hulle stel ook die hele land op vir ’n beter toekoms. Burgers wat in beroepe werk wat die samelewing bevoordeel, help om ’n sterker, meer bekwame en deernisvolle nasie te skep. Dus, wanneer leerders die regte keuses vir hulself maak, is dit werklik ’n besluit met ’n positiewe wyd uitkringende effek met groot waarde vir die groter samelewing. Die teenoorgestelde is ongelukkig ook waar.
Dit is dus nie so eenvoudig as om net ’n kind se persoonlike aanleg en belangstellings in ag te neem nie, maar daar moet ook gekyk word na behoeftes in die land of in die wêreld waar die kind hom bevind as oor die toekoms gepraat word. ’n Ander vraag is: Wat van beroepe wat nog nie bestaan nie? Of moet mens nie so gespesialiseerd daaroor nadink as daar vakke gekies word nie?
.............
As beroepsvoorligter is dit belangrik om in voeling te bly met wat in die wêreld van werk aangaan. Die nuwe loopbane is fassinerend en baie vinnig veranderend, met die gevolg dat ’n mens maar jou vinger op die pols moet hou om sodoende ’n beter geheelindruk te kan vorm rondom vraag en aanbod in die land, maar so ook ’n moontlike loopbaankeuse wat ’n jong adolessent moontlik sou kon volg, dus deeglike en professionele voorligting te kan doen.
..............
As beroepsvoorligter is dit belangrik om in voeling te bly met wat in die wêreld van werk aangaan. Die nuwe loopbane is fassinerend en baie vinnig veranderend, met die gevolg dat ’n mens maar jou vinger op die pols moet hou om sodoende ’n beter geheelindruk te kan vorm rondom vraag en aanbod in die land, maar so ook ’n moontlike loopbaankeuse wat ’n jong adolessent moontlik sou kon volg, dus deeglike en professionele voorligting te kan doen. Om hiermee te help, gebruik ons nagraadse studente wat navorsing doen oor nuwe loopbaanopsies en gepaardgaande psigometriese toetse wat belangstelling hierin kan meet.
Sekere vakke, soos wiskunde, word altyd aanbeveel, omdat dit soveel geleenthede vir kinders kan ontsluit. Maar hoe gemaak as ’n kind eerder wiskundige geletterdheid moet neem omdat hy nie ’n aanleg vir wiskunde het nie? My vraag is dus nou eerder toegespits op redes waarom kinders afgeraai word om sekere vakke te neem eerder as om te kyk na watter vakke wenslik is om wel te neem. Is daar wat beroepsvoorligting betref altyd ’n alternatiewe roete wat vir kinders beskikbaar is wat eerder afgeraai word om sekere van die vakke te neem wat in die samelewing doodgewoon as vanselfsprekend aangedui word omdat dit geleenthede bied?
We often encounter learners who have unrealistic career aspirations at matric level given their subject combinations. For example, he or she wants to become a medical doctor without having maths. Rather than discourage the individual, the career counsellor may explore a range of medical/health-related careers that may be viable for the individual to explore; for example, social worker, psychologist, nurse, receptionist, palliative care giver working in a hospital setting are a few options, or an emergency service provider, ambulance attendant, safety officer, first aid specialist. A job shadowing conversation with a health professional may help the learner discover that careers do not always follow a linear pathway but do offer opportunities for the individual to link their interests to their unfolding careers.
A personal story of an individual who has reset her career plans by going back to matric to improve her matric marks or retake a required subject for university admission may also given the learner options to consider. Also, considering moving to a different school that offers the required subjects may be considered if the person is strongly motivated about her/his career decision, and is able to relocate.

Prent: Pixabay
Ek is bewus daarvan dat daar in graad 11 in sekere hoërskole moeite gedoen word dat die kinders werkskaduwerk verrig, en so op ’n praktiese wyse te doen kry met beroepe wat hulle dan vir studie kan oorweeg. Behoort daar nie al in graad 9 ook ’n baie meer praktiese soort werkswyse by skole gebruik te word om kinders van hierdie jong ouderdom ’n idee te gee van watter beroepe daar alles beskikbaar is, en die kinders dalk reeds in graad 9 sekere beroepsomgewings te laat besoek nie? Of wat sal die uitdagings of positiewe uitwerkings van hierdie soort blootstelling wees (vir ’n graad 9-kind)?
Werkskaduwerk is ’n baie betekenisvolle ingreep wat ’n moontlik beroep kan laat kristalliseer vir adolessente. Hulle sien wat die werk behels, maar neem ook notisie van die konteks – fyn nuanses soos die maatskappykultuur, klimaat, asook die dinamika tussen werknemers (is dit ’n gelukkige span werknemers of nie?) kan waargeneem word. Daar kan ’n dialoog gevoer word rondom wat die voordele en nadele van die werk is. Om toegang tot hierdie instansies te verkry kan egter uitdagend wees, en die getalle leerders is ook problematies, aangesien sekere skole groot getalle leerders in sekere grade het. Opsies wat dalk hier oorweeg kan word, is fabrieksbesoeke, ope dae van opleidingsinstansies of ope dae van werkgewerinstansies; selfs dae soos “Bring a child to work”.
Job shadowing should be an activity already introduced at primary school level. It can be linked to school subjects, parents’ or mentors’ occupations, careers of interest to the learner. Actual in vivo visits to job sites can provide valuable insight for the curious learner. More so when these are coupled with report-back sessions to the class that allow for broader dissemination and interrogation of the information.
For high school learners, the internet allows ready access to learners to explore career job titles and experiences across the spectrum.
Vertel asseblief van die ingrepe wat julle met die leerders uit verskillende agtergrond gedoen het – die eerste werkswinkels wat gefokus het op beroepsbelangstellings, en die tweede werkswinkels wat die beroepsprofiele vir die leerders saamgestel het.
Dit is belangrik om onderskeid te tref tussen die twee verskillende intervensiemetodes wat deel vorm en gevorm het van die projek. Die oorspronklike werkswinkelmetode het behels om tydens die eerste kontaksessie psigometriese vraelyste met die leerders te doen. Die resultate van hierdie vraelyste is dan gebruik tydens werkswinkels wat vir die leerders aangebied was. Die tweede werkswinkelsessie het gewoonlik so min of meer twee weke na die assesseringsessie plaasgevind by die skool.
Hierdie in-persoon werkswinkelmetode was egter nie moontlik tydens die geen-kontak-inperkings wat gedurende die Covid-tyd ingestel is nie. Die projekspan het tydens hierdie tydperk besluit om hulpbronne te ontwikkel wat so goed as moontlik in die plek van die werkswinkels en psigometriese vraelyste kon staan. Daaruit is die eerste selfgerigte weergawes van die hulpbronne wat in die projek gebruik is, ontwikkel. Dit sluit die selfgerigte beroepsvoorligtingboekie en aanlyn hulpbronne in. Na die inperkings tot ’n einde gekom het, is die besluit geneem om steeds met hierdie metodes voort te gaan eerder as om weer die werkswinkelmetode op te neem. Een van die redes agter hierdie besluit was die hoeveelheid tyd wat die werkswinkels uit die skooldag opgeneem het. Die selfgerigte metode was baie meer buigsaam om by die verskillende skole in te pas in terme van die tyd wat hulle beskikbaar het om aan die beroepsvoorligtingsessies toe te staan.
The two approaches have evolved in response to specific needs and time availability at the schools. They also imitate career guidance and counselling approaches adopted by professional career counsellors.
In the first workshop we used the career flower to assess the learners’ subjective career attributes in a group context. Each petal of the career flower explores a specific aspect of the learner’s sense of him-/herself: own interests, hobbies, achievements, personality attributes, favourite subjects, role models, dream jobs being the more prominent petals. The group discussion context allows for a broadening of individual perspectives and career ideas and gives learners exposure to how their peers may be thinking about their careers.
The second workshop follows a similar process, but instead of using the learners’ subjective interests and personality attributes, we integrate the objective interest and personality attributes obtained from psychometric testing. With younger adolescents who may not have clearly developed notions of their sense of self, the psychometric data provides a basis for them to build their career exploration on.
Julle het unieke uitdagings tydens hierdie studie ondervind, want daar was inperkings. Wat moes julle doen in die tydperk waartydens direkte kontaksessies nie moontlik was nie? In watter tale, in watter omgewings, en op watter maniere?
Tydens die geen-kontak-inperkingsperiodes was dit nie moontlik om enige in-persoon intervensies aan te bied nie. Gedurende hierdie tyd het die projekspan gewerk om met oplossings vorendag te kom wat steeds sal toelaat dat die voorligtinghulpbronne die leerders sal kan bereik. Toe die inperkings verminder is, het dit moontlik geword om met die verskillende skole te bespreek hoe dit moontlik sal wees om die selfgerigte hulpbron by hulle te implementeer. Die maatreëls wat skole ingestel het, was verskillend per skool, aangesien alle skole die verpligte persoonlike beskermende toerusting moes begin gebruik, en ook moes hulle hul leerdergetalle aanpas om die maksimum okkupasiegetalle wat die klaskamers kon toelaat, te reël. Sommige skole het hul leerders op alternatiewe dae laat inkom of het op alternatiewe weke hul leerders laat skool toe kom. Die meeste skole het ook slegs onderwysers en leerders op hul persele toegelaat. In die gevalle waar dit nie moontlik was om die skool te besoek nie, is die gedrukte materiaal by die skool afgelewer en die aanwysings van hoe om dit te gebruik oor die foon met die LO-onderwysers bespreek. Sommige van die kleiner skole kon egter akkommodasies tref wat gestrook het met die inperkingsvereistes. Een van die skole het byvoorbeeld die leerders buite laat aantree op hul netbalbane waar ’n lid van die projekspan hulle kon toespreek. Daar was genoeg spasie op die netbalbane vir die leerders, onderwyser en projeklid om sosiale afstand te handhaaf. Dit het ’n 20-minute-sessie behels waar die projeklid die materiaal en hulpbronne verduidelik het, asook wat die leerders moet doen om dit te voltooi. Die leerders is ook bewus gemaak van die aanlyn hulpbronne en aangemoedig om dit en die WhatsApp-kontaklyn te gebruik of om via hul onderwysers kontak te maak as hul enige verdere hulp benodig het.
Julle het vir graad 9-leerders uit verskillende omgewings oor hul toekoms gevra, wat beteken het dat julle ook in die proses iets geleer het van hulle huidige werklikheid.
Dink julle die kinders uit die verskillende omgewings het almal toegang tot dieselfde inligting gehad?
Ja, hulle het almal dieselfde inligting ontvang, aangesien die beroepsvoorligtingintervensie juis ingesluit het die gebruik van ’n selfgerigte beroepsvoorligtingwerksboek wat ontwikkel is tydens die inperkingsperiode deur die aanpassing van die inhoud van die oorspronklike groepsgebaseerde beroepsvoorligtingwerkswinkel. Verder is die leerders van ons navorsing almal verbonde aan hulpbronbeperkte hoërskole in die Wes-Kaap (sien van Schalkwyk ea, bl 4).1
a) Is die kinders uit die hoër sosio-ekonomiese omstandighede beter ingelig oor die moontlikheide wat tot hul beskikking is? Is hulle noodwendig die kinders wat akademies beter vaar en wat meer aangeraai sou kon word om vakke te neem wat hulle toegang gee tot beroepe wat goed betaal – ’n voortsettting van welvaart?
Ons het hierdie saak in die artikel bespreek (ble 6–7). Leerders uit die hoër sosio-ekonomiese inkomste groepe of meer gegoede skool-/leeromgewings was egter nie deel van ons navorsing nie.
b) Sou die kinders uit laer sosio-ekonomiese omstandighede dalk weens ’n gebrek aan geleenthede onafwendbaar nie in staat kon wees om vakke te kies wat hulle uit swakker omstandighede sou kon ophef nie?
(Burger ea 2014 in Van Schalkwyk ea 2022) gebruik wel die konsep van “oorgeërfde armoede” (“inherited poverty”) wat daarop dui dat in lae-inkomste-omgewings en die negatiewe effek van eksterne faktore soos ekonomiese ontbering, hoë jeugwerkloosheidsyfers, gebrek aan toegang tot loopbaandienste en hulpbronne en afwesigheid van ouerondersteuning, adolessente leerders se loopbaanontwikkelingsproses ernstig ondermyn. Daar is egter ook kragtige faktore te make met adolessente leerders se interne omgewings, byvoorbeeld hul persoonlike stukrag tot sinvolle bestaan en motivering om hul lewensdrome te verwerklik, wat hulle in staat stel om besluite te neem wat hulle uit hierdie ontmagtigende eksterne kontekste kan help kom.
Die tegnologiese ontwikkelinge die afgelope tyd is verbysterend. Die vraag is dikwels of die MENS kan byhou met die TEGNOLOGIE. Nou is die vraag natuurlik vir doeleindes van julle studie en bevindinge: Kan die TEGNOLOGIE byhou met die MENS se behoeftes? Kan ’n YouTube-video of die tegnologiese ingrepe wat gebruik is om alternatiewe tot kontaksessies te probeer bied, die nodige gedoen het wat ’n vlees-en-bloed-sessie sou kon bewerkstellig? Was dit geslaagd om die tegnologie te gebruik in die Covid-tyd en sal dit steeds ’n goeie plan wees om dit te doen as dit nou weer moontlik is om die leerders van aangesig tot aangesig die toetse te laat doen of met hulle te ontmoet? Was die tegnologie effektief vir doeleindes van jul studie?
Teen die huidige pas ontwikkel tegnologie te vinnig vir navorsing om heeltemal by te bly. Ons bevindinge dui aan dat tegnologie wel gebruik kan word om beroepsontwikkeling te bevorder, alhoewel dit nie vlees-en-bloed-interaksie gaan kan vervang nie. Ons navorsing is steeds reaktief in plaas van proaktief, en ons moet beter gebruik maak van ’n kombinasiebenadering om beide tegnologie en individuele benadering te benut.
............
Teen die huidige pas ontwikkel tegnologie te vinnig vir navorsing om heeltemal by te bly. Ons bevindinge dui aan dat tegnologie wel gebruik kan word om beroepsontwikkeling te bevorder, alhoewel dit nie vlees-en-bloed-interaksie gaan kan vervang nie. Ons navorsing is steeds reaktief in plaas van proaktief, en ons moet beter gebruik maak van ’n kombinasiebenadering om beide tegnologie en individuele benadering te benut.
...............
In die konteks van ’n konstant veranderende werkswêreld moet ons beoog om loopbaanaanpasbaarheid te kweek waar individue die noodsaaklike selfkennis en vermoë besit om enige uitdagings wat ons toekoms inhou, aan te pak.
Hoe omskep die onderwysstelsel van hierdie land ’n verleentheid in ’n geleentheid? Waar begin mens?
Om die uitdagings met beroepsvoorligting vir graad 9-leerders in Suid-Afrika om te draai, kan onderwysers verskeie benaderings volg om positiewe geleenthede te skep wat beide leerders en die samelewing bevoordeel. Naas die harde werk om aan hul leerders op ’n byderwetse manier met bemoedigende taal die loopbaanwêreld bekend te stel, is die alledaagse interaksies in die leeromgewing van deurslaggewende belang, byvoorbeeld om leerders nuuskierig te maak (en te hou) oor die groot verskeidenheid loopbane wat daar is, die volgehoue fokus op leerders se belangstellings en sterk punte, die voorhou van suksesstories, en die aanhitsing van ouers/voogde se betrokkenheid by hul kinders se loopbaangesprekke en -keuses.
...........
’n Onderwyser wat self die voorbeeld stel van ’n persoon wat sy/haar lewensdoel verwerklik en met opgewondenheid elke dag beleef, is een van die kragtigste voorbeelde van hoe hierdie verleentheid omskep kan word in wonderlike geleenthede vir gesamentlike verkenning en gesprekke.
...............
’n Onderwyser wat self die voorbeeld stel van ’n persoon wat sy/haar lewensdoel verwerklik en met opgewondenheid elke dag beleef, is een van die kragtigste voorbeelde van hoe hierdie verleentheid omskep kan word in wonderlike geleenthede vir gesamentlike verkenning en gesprekke. In ons ontwikkelde wêreld het leerders duidelik laat blyk dat hulle soek na die persoonlike kontak en die opregte omgee van volwassenes wat graag en aandagtig na hulle vrae luister. Deur loopbaanvoorligting in ’n deurlopende, interaktiewe ervaring te omskep, kan onderwysers hul leerders bemagtig om ingeligte besluite oor hul toekoms te neem, paaie na betekenisvolle beroepe te skep en positief tot Suid-Afrika se ontwikkeling by te dra. Hierdie benadering help om ’n stelsel te bou waar leerders, opvoeders, ouers en gemeenskappe almal in die opvoedkundige reis deel.
Vir die leerders: Hoe wys mens vir kinders vanuit alle inkomstegroepe ’n groter prentjie: die belang van harde werk om vir jouself as mens, en vir jou gemeenskap en jou land iets te kan beteken? Sodat jy al in graad 9 die regte vakke kies, jou energie aan die regte dinge bestee?
a) Hierdie “demonstrasie” van die groter prentjie, en faktore soos die belangrikheid van persoonlike of elke individu se verantwoordelike dink-en-doen vir self en die groter samelewing, behoort deel te wees van elke Suid-Afrikaanse kind se ouerhuis, leeromgewing en geloofsgemeenskap se gewone praktyke. Ons as volwassenes is bewus van die spreekwoord dat kinders nie noodwendig sal onthou wat ons gesê het nie, maar dit wat ons met ons gedrag gewys het – in die alledaagse.
Omdat dit ongelukkig nie die werklikheid is waaraan vele adolessente leerders blootgestel is nie (ongeag inkomstegroep), is doelgerigte intervensies nodig om die kies van graad 9-leerders se “regte vakke” te bemiddel asook die oopsluit van daardie innerlike bronne van motivering en vasberadenheid wat meer as die blote bereiking van individuele lewensdrome behels. Die ontwikkeling van hierdie persoonlike hulpbronne is van essensiële belang vir ons land sodat roepingbewuste jongmense hulle opnuut anker aan en bind tot hierdie Suid-Afrikaanse grond.
Gesprekke met LO-onderwysers was van waarde vir die projekspan om die prioriteite van hul graad 9-leerders beter te verstaan. In sommige gevalle voel leerders van hierdie ouderdom baie oorweldig deur al hul verantwoordelikhede, wat insluit akademies, familie en sosiaal. Die addisionele verantwoordelikheid om vakke te kies, veral as die leerder nie seker is wat hulle op hierdie stadium na skool wil doen nie, mag bydra tot hul gevoel van oorweldiging, wat beteken dat hul lukrake besluite rakende hul vakke neem.
In hierdie gevalle is leerders baie afhanklik van goeie leiding vanaf onderwysers en ouers om hul te help om die regte rigting in te slaan asook om te besef wat die impak sal wees van goeie vakkeuses en harde werk op lang termyn. Dus besef die projeklede die belang van ’n goeie raamwerk van inligting en selfondersoek wat die leerder sowel as die onderwyser kan bystaan in hierdie tyd. Die huidige hulpbronne, asook die hulpbronne wat nog ontwikkel gaan word in die projek, fokus dus nie slegs op beroepsvoorligting en vakkeuses nie, maar sluit ook addisionele inligting in wat vir persoonlike sowel as akademiese ontwikkeling van hoërskoolleerders belangrik is. Hierdie temas sluit onder andere emosionele intelligensie, finansiële besluitneming en doelwitstelling in wat die leerder se holistiese loopbaanontwikkeling ondersteun.
b) It is necessary to begin the life and career guidance process in primary school to broaden perspectives and minds from an early age. Also create opportunities for the learners to have exposure to extracurricular activities beyond the confines of their communities, for example, visiting the museum in the city, Kirstenbosch Gardens, a performance at Artscape and the like.
My own fantasy is that each school should have a suitably trained career and life counsellor who is tasked with providing such programmes across the curriculum, who runs group-based programmes commensurate with the developmental level of the grade, and also provides individual counselling. These functions are beyond the focus of teachers and are central to the development and wellness of the school’s psycho-social mandate.
Vir die onderwysers: Hoe word die prosesse van beroepskeuses eendag nou al in die onderwys geïntegreer? Wat kan in skole gedoen word?
Die inhoud wat in die LO-kurrikulum met leerders behandel word, is reeds ’n goeie beginpunt. Die effektiwiteit in die oordra van hierdie inligting word in sommige skoolomgewings egter belemmer waar LO-kontak tyd gebruik word vir ander vakke of skoolaktiwiteite of waar onderwysers wat nie opgelei is om LO aan te bied nie, periodes toegewys word om hul roosters te vul. LO-onderwysers het ook genoem dat in baie gevalle ouers, leerders en selfs ander onderwysers LO as ’n minder belangrike vak beskou teenoor die ander vakke wat leerders neem wat meer prioriteit moet geniet. In hierdie gevalle loop leerders baie van die belangrike beroepsinligting mis wat as deel van die kurrikulum behandel behoort te word. Aanvullende hulpbronne tot die kurrikulum vir leerders wat meer inligting of meer ondersteuning benodig, is ook in sommige skole nie beskikbaar nie. Dit kan insluit tegnologie en internettoegang waar leerders ’n loopbaan kan navors of aanlyn aansoeke vir werk of tersiêre studie kan voltooi. LO-onderwysers se werkslading laat ook nie altyd toe vir individuele ondersteuning vir leerders wat meer hulp nodig het met hul vak- of beroepskeuses nie. In hierdie gevalle sal toegang tot ’n beroepsvoorligtingonderwyser of sielkundige waardevol wees waar leerders meer ondersteuning benodig.
Die uitdagings wat skole en leerders dus in die gesig staar, is in sommige omstandighede oorweldigend. Om dit te begin aanspreek kan die waarde van die LO-kurrikulum aan leerders, onderwysers, skoolbestuur en ouers gekommunikeer word, asook die rol wat dit speel in die leerders se ontwikkeling en toekoms. Baie van die uitdagings mag ook sistemies wees, soos die beskikbaarheid van tegnologie en internettoegang. Hulpbronne wat tegnologie en toegang tot professionele beroepsvoorligting insluit, moet ook as deel van die onderwysdepartement se begrotings en prioriteite gelys word.
Vir ouers wat hierdie onderhoud lees: Hoe kan jy jou kind wat op pad is graad 9 toe, of reeds daar trek, help om na te dink oor beroepe? Hoe weet mens wat daar alles beskikbaar is; hoe word jy as ouer ingelig om jou kind te kan help inlig?
a) Vir ouers en grootouers van kinders wat op pad is na graad 9 wat hierdie onderhoud lees is die goeie nuus dat daardie alledaagse gesprekke met ons kinders/kleinkinders wat so belangrik is, nie geld kos nie – dit is gratis; maar die voordele en uiteindelike uitkomste van hierdie daaglikse belegging is goud werd. In ons digitale wêreld en besige lewe moet hierdie gesels- en luistertye doelbewus beplan word (vergelyk dit met formele afsprake). Hierdie saamgesels- en luistergeleenthede na ons kinders/kleinkinders kan dan geleenthede bied vir verdere verkenning en saampraat.
..............
Vir ouers en grootouers van kinders wat op pad is na graad 9 wat hierdie onderhoud lees is die goeie nuus dat daardie alledaagse gesprekke met ons kinders/kleinkinders wat so belangrik is, nie geld kos nie – dit is gratis; maar die voordele en uiteindelike uitkomste van hierdie daaglikse belegging is goud werd. In ons digitale wêreld en besige lewe moet hierdie gesels- en luistertye doelbewus beplan word (vergelyk dit met formele afsprake). Hierdie saamgesels- en luistergeleenthede na ons kinders/kleinkinders kan dan geleenthede bied vir verdere verkenning en saampraat.
................
Die rol van ouers was in hierdie projek nog nie aangeraak nie, en verdere gesprekke en navorsing is nodig om dit beter te verstaan. Ouers speel egter ’n belangrike rol in die beroepsontwikkeling van hul kinders. Ouers is in die posisie dat hulle hul kinders goed ken en waardevolle gesprekke met hulle kan voer oor hul kinders se belangstellings en moontlike beroepe. Ouers kan ook help met die stel van prioriteite wat belangrik gaan wees vir die leerders wanneer hulle hul skoolloopbaan voltooi. Dit kan insluit gesprekke rakende finansies en die moontlikheid vir verdere studie of werksgeleenthede. Die ouers kan ook bystand bied wanneer verdere inligting benodig word of waar hul eie kennis oor ’n sekere loopbaan of onderwerp beperk is. Leerders mag dalk nie die motivering of selfvertroue besit om verder ondersoek in te stel nie, maar met die hulp en ondersteuning van ouers mag hulle meer bereid wees om ’n professionele persoon te nader vir inligting of selfs vir skaduwerkgeleenthede.
In sommige gevalle mag dit egter gebeur dat ’n ouer se beroepskeuse verskil van dit wat hul kind graag sou wou doen. Dit het ook implikasies vir vakkeuses, aangesien die ouers in die skole waarby ons projek betrokke is, hul kinders se keuses moet goedkeur voor hul die vakke mag neem. In gevalle waar ’n ouer sekere vakke vir ’n leerder kies wat nie gepas is vir hul belangstellings en of aanleg nie, mag dit probleme veroorsaak in die leerder se vordering in graad 10 tot 12. In hierdie gevalle is dit belangrik vir die ouer om gesprekke te voer met die leerder se onderwysers asook om loopbaanopsies te ondersoek wat ooreenstem met die ouer en die leerder se prioriteite. Boonop mag dit ook waardevol wees om aan te klop vir kundige raad eerder as om besluite te neem wat probleme mag veroorsaak in die leerder se skoolloopbaan en beroepsontwikkeling.
Weer eens vir ouers: Is dit eerder alles die werk van beroepsvoorligters – is jou rol om jou kind in die skool te ondersteun en dan maar eerder by ’n beroepsvoorligter aan te klop vir kundige raad? Hierdie verkenningsproses behels die insette van ’n span, byvoorbeeld die ouers/voogde; beroepsvoorligters (kundiges); asook verdere pogings, soos internetsoektogte en die blootstelling aan werkskadugeleenthede.
Ek stem 100% saam. Daar is ’n verskeidenheid van rolspelers in die beroepsvoorligtingsproses en elkeen het ’n unieke bydraende rol in die adolessent se toekoms: die gesprekke met ouers oor moontlike beroepe, of selfs net die ouers wat as rolmodelle vir kinders dien, die onderwysers by die skool wat die kinders se belangstelling wek met ’n nuwe eksperiment en vrae, skoolmaats wat hulle drome en aspirasies met mekaar deel, informele gesprekke met familie, vriende en kennisse, die media, asook spesialiste soos beroepsvoorligters.
Engaged parents have an important role to play to supplement the education and career guidance provided by the school to ensure that their young adolescent receives optimal support in their career exploration and planning. Parents are likely to know their child’s interests, developmental status and proclivities best and be better placed to see how they, in consultation with their child and a preferred teacher, can support the child to explore options, or seek out external help or professional assistance (mentor, family friend, career counsellor).
Ouers en kinders is geneig om hul blind te staar teen beroepe wat goed betaal. Soms kan verkeerde vakkeuses aangemoedig word, of verkeerde studierigtings later, omdat die ouers en/of die kinders meen daar is geld in ’n sekere rigting en in ander rigtings weer nie. Om te oorvereenvoudig: “Moenie in die kunste studeer nie, studeer eerder iets wat vir jou ’n groot salaris sal verseker.” Dan is daar weer ander mense wat sal sê: “Jy gaan jou lewe lank hierdie beroep moet beoefen; volg eerder jou hart!” Het julle uit ’n beroepsvoorligtingsoogpunt iets hieroor te sê?
Daar is verskille tussen Westerse en tradisionele wêreldsienings rondom beroepe en beroepsvoorligting. In sekere gevalle word leerders aangemoedig om te probeer optimaliseer, dus ’n beroep te volg waarin die individu gelukkig sal wees, genoegsame vergoeding sal kan verdien en ’n verskil kan maak. Ander word weer geposisioneer om ’n beroep te volg waarin die individu die maksimale vergoeding kan verwerf, om sodoende ander in die gemeenskap te help. Enige individu wat egter in ’n beroep werk waarin daar ’n persoon-pos-passing is, is in die ideale posisie.
...............
Daar is verskille tussen Westerse en tradisionele wêreldsienings rondom beroepe en beroepsvoorligting. In sekere gevalle word leerders aangemoedig om te probeer optimaliseer, dus ’n beroep te volg waarin die individu gelukkig sal wees, genoegsame vergoeding sal kan verdien en ’n verskil kan maak. Ander word weer geposisioneer om ’n beroep te volg waarin die individu die maksimale vergoeding kan verwerf, om sodoende ander in die gemeenskap te help. Enige individu wat egter in ’n beroep werk waarin daar ’n persoon-pos-passing is, is in die ideale posisie.
................
Hierdie individue beweeg baie vinnig deur ’n hiërargie van behoeftes waar hulle hulleself optimaliseer en geweldige genot en bevrediging uit die beroep kry. Dit dra nou weer by tot groter werksbevrediging, beter werksprestasie, verhoogde moraal ens wat indirek kan bydrae tot maatskappysukses.
Parents exert a profound influence of their children’s career decisions, particularly on first study and career choices, especially when they are financially responsible for the decision.
Black university students find themselves needing to reconcile personal with parental career aspirations for them, and enhancing family status. Indications are that as the individual matures into adulthood they may begin to exercise their own individuality, may change careers, roles, and engage in activities more in line with their own choice and interests. Parents may well benefit from their own life experience to share personal insights with their child, while recognising the child’s right to exercise his or her own right to decide and learn from their own decisions.
Bronnelys:
Van Schalkwyk, I, AV Naidoo, M Visser, S Rabie en F van den Berg. 2024. Beroepsvoorligting in Suid-Afrikaanse hoërskole: Verleentheid of geleentheid? LitNet Akademies, 21(3). https://doi.org/10.56273/1995-5928/2024/j21n3d3.1
Van Schalkwyk, I, C Streicher, AV Naidoo, S Rabie, M Jäckel-Visser en F van den Berg. 2022. Teacher evaluation of a self-directed career guidance intervention for South African secondary school learners amidst severe COVID-19 restrictions. Frontiers in Psychology, 13. https://doi.org/10.3389/fpsyg.2022.854748.
Lees ook:
Beroepsvoorligting in Suid-Afrikaanse hoërskole: verleentheid of geleentheid?


Kommentaar
Dis wonderlik om te weet dat beroepsvoorligting deur die skrywers en medewerkers onder die loep geneem word. Die belangrikheid van regte beroepskeuses kan moeilik oorbeklemtoon word. Die regte beroepskeuse, glo ek, kan vergelyk word met 'n koffietafel waarvan die vier pote ewe lank moet wees om "reg te werk": Vir 'n wegspring, moet daar 'n optimale verhouding wees tussen die vier elemente: Die individu se Belangstelling, Aanleg, Persoonlikheid en ook die Aanvraag na die beroep.
Professionele bystand met 'n beroepskeuse is 'n wonderlike voorreg, sou dit beskikbaar wees. Bystand deur skole is 'n baie prositiewe stap ter ondersteuning van hierdie belangrike ontdekkingsreis. Skoliere/leerders moet aangemoedig word om kennis te neem van soveel moontlike beroepe binne hulle belangstellingsveld ten einde ingeligte besluite te kan neem. 'n versigtige, wetenskaplike ondersoek na die regte beroep kan jare se beroepsbevrediging en persoonlike groei tot gevolg hê.