Izanette van Schalkwyk

Izanette van Schalkwyk het haar eerste PhD in die Sielkunde in 2010 aan die Noordwes-Universiteit behaal en die titel van die tesis is: “Flourishing in a group of South African adolescents”. Sy is sedert 2010 as direkteur van projekte by ’n spesifieke hoërisikogemeenskap in die Wes-Kaap betrokke om die welstand van kinders, adolessente, gesinne/families en skoolgemeenskappe te bevorder. Hierdie werksaamhede het tot verdere navorsing in dié gemeenskap gelei met die fokus om moeders (hoofsaaklik enkelouergesinne) se persoonlike en ouerskapsvaardighede uit te bou. Izanette het in 2020 haar tweede PhD suksesvol aan die Universteit Stellenbosch voltooi, met die titel: “A wellness programme for mothers living in a high-risk community in the Western Cape to promote their personal and parental competencies”. Sy is tans verbonde aan die Noordwes-Universiteit se Afrika-eenheid vir Transdissiplinêre Gesondheidsnavorsing [AUTHeR] as medeprofessor en navorser. Sedert 2018 is sy deel van ’n hoërskoolberoepsvoorligtingspan vir graad 9-leerders verbonde aan lae-inkomstegemeenskappe en beperktehulpbronskole.

Die wêreld van werk is nie kinderspeletjies nie: waarom beroepsvoorligting lewensbelangrik is

Naomi Meyer, Michelle Visser, Francois van den Berg, Izanette van Schalkwyk, Anthony V. Naidoo, Stephan Rabie Onderhoude 2024-11-20

"In die algemeen, wanneer leerders aangemoedig word om oor hul toekoms te dink en vakke te kies wat ooreenstem met hul doelwitte en belangstellings, gaan dit nie net oor hul individuele toekomstige sukses nie; hulle stel ook die hele land op vir ’n beter toekoms."

Career guidance in South African high schools: catastrophe or opportunity?

Izanette van Schalkwyk, Anthony V. Naidoo, Michelle Visser, Stephan Rabie, Francois van den Berg Academic research 2024-10-07

"In South Africa, the disparity in access to career guidance services between well-resourced and resource-poor schools remains a significant challenge."

Beroepsvoorligting in Suid-Afrikaanse hoërskole: verleentheid of geleentheid?

Izanette van Schalkwyk, Anthony V. Naidoo, Michelle Visser, Stephan Rabie, Francois van den Berg LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2024-10-07

"In Suid-Afrika bied die ongelykheid in toegang tot beroepsvoorligtingsdienste tussen skole met goeie hulpbronne en dié met beperkte hulpbronne ’n beduidende uitdaging."

A photovoice exploration by mothers living in a high-risk community of community resources towards transformation

Izanette van Schalkwyk, Anthony V. Naidoo Academic research 2021-08-20

"The focus of this qualitative study was to explore with mothers of a particular high-risk community the resources and needs of their community by means of participatory action research towards transformation as a process of empowerment."

Moeders van ’n hoërisikogemeenskap se fotostemverkenning aangaande gemeenskapsbronne en behoefte aan verandering

Izanette van Schalkwyk, Anthony V. Naidoo LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2021-08-20

"Die implikasie van hierdie navorsingsbevindings beklemtoon die gebruik van teoretiese perspektiewe soos ekologiese raamwerke en ’n makrogemeenskapslens sodat deelnemende-aksie-navorsing en gepaste metodes soos fotostemtegnieke die aktiewe rol van gemeenskapslede kan beklemtoon."

Relational well-being of adolescents in a South African high-risk community 

Odette Geldenhuys, Izanette van Schalkwyk Academic research 2020-03-05

"Although adolescents have a good idea of healthy relationships, they described positive interactions mostly in terms of the absence of dysfunctional behaviour or relational abuse, such as violence."

Verhoudingswelstand van adolessente in ’n Suid-Afrikaanse hoërisiko gemeenskap

Odette Geldenhuys, Izanette van Schalkwyk LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2020-03-05

"Alhoewel adolessente wel ’n goeie idee het van gesonde verhoudings, is positiewe interaksies hoofsaaklik in terme van die afwesigheid van krenkende gedrag of mishandeling, soos geweld, beskryf."

Waarom sielkundiges sélf ook emosionele versorging benodig

Izanette van Schalkwyk, Naomi Meyer Onderhoude 2017-06-29

"Dié eerlike erkentenis en dapperheid tot volgehoue selfsorg om [as sielkundiges self] te floreer, word dan ook die spieël vir ander."

Guidelines for the promotion of the well-being of South African psychologists

Erika Hitge, Izanette van Schalkwyk Academic research 2017-05-10

"Psychologists work long and inconvenient hours, have an unstable income when working in private practice, work with difficult cases such as homicide and suicide and are frequently faced with clients’ exhausted medical aids."

Riglyne vir die bevordering van die welstand van Suid-Afrikaanse sielkundiges

Erika Hitge, Izanette van Schalkwyk LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2017-05-10

"Die sosio-ekonomiese situasie in Suid-Afrika lei daartoe dat sielkundiges leef en werk in gemeenskappe wat gekenmerk word deur misdaad, armoede, siekte en maatskaplike euwels, wat hierdie riglyne vir die verryking van sielkundiges se welstand ’n noodsaaklikheid maak."

Top