Persverklaring: Huldeblyk aan Breyten Breytenbach – NB-Uitgewers

  • 1

Breyten Breytenbach (Foto: Izak de Vries)

NB-Uitgewers en Human & Rousseau bring hiermee hulde aan ons volksdigter Breyten Breytenbach wat op 23 November 2024 op 85-jarige ouderdom oorlede is.

“Die verlies is onmeetbaar,” het sy uitgewer, Nèlleke de Jager van Human & Rousseau, gesê.

“Breyten se teenwoordigheid was alom. Nie net sy onvolprese digterstem nie, maar ook sy wysheid en insig, en ja, sy driftigheid teenoor kleinlikheid en stiksienigheid. Laat ons ’n kers aansteek om hom te eer, en opnuut sy poësie – van oud tot nuut – waardeer.”

Van die mees onlangse publikasies wat by Human & Rousseau verskyn het, sluit in Die singende hand (Versamelde gedigte 1984 – 2014), die na-dood (2016), op weg na kû (2019), en ’n keur uit sy liefdesverse, Rooiborsduif (2019).

“Breyten was internasionaal een van die grootste digters van ons tyd,” het Eloise Wessels, uitvoerende hoof van NB-Uitgewers, gesê.

“Dit was vir ons ’n voorreg om sy werk te kon uitgee en ’n plesier om hom te ken. Dit is die einde van ’n era.”

* * *

A tribute to Breyten Breytenbach 

NB Publishers and Human & Rousseau wish to pay homage to our iconic poet and national treasure Breyten Breytenbach, who passed away yesterday at the age of 85.

“The loss is immeasurable,” Human & Rousseau publisher Nèlleke de Jager said.

“He was forever present – as poet, but also in his words of wisdom and his vision. As well as in his irascible impatience with pettiness and myopic politicians. Let us light a candle in remembrance, and return to his poetry – old and new – where his voice remains alive, flaming.”

Some of his most recent Human & Rousseau publications include Die singende hand (Collected poems 1984 – 2014), die na-dood (2016), op weg na kû (2019), and Rooiborsduif (2019), a selection of his love poems.

“Globally, Breyten was one of the greatest poets of our time,” NB Publishers CEO Eloise Wessels said.

“It was a privilege for us to publish his work and pleasure to have known him. This is the end of an era.”

Sien ook:

Breytenbach family press release

Persverklaring: Breyten Breytenbach-begrafnisaankondiging

  • 1

Kommentaar

  • Ek en so ’n klomp ander Breyten-liefhebbers hou môre ons eie huldiging aan hom - met Pampoenkoekies en Pampoen en Garnaalsop en voorlesings van sy gedigte en ander skryfsels. Hy kon emosies in woorde omsit wat ons sal onthou.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top