
Foto van koerantuitknipsel: Markus Spiske op Unsplash
Almal het hulle teorieë hoekom Trump gewen het, maar ek weet dit het alles met die prys van eiers te doen. Die narratief oor inflasie, en dat alles onder Biden net duurder is, kon die Demokrate net eenvoudig nie verander nie. Selfs al was die ekonomie op ’n ongekende hoogtepunt en die werkloosheidsyfer die laagste, kon die hulle nie die mense oortuig dat dit goed gaan in Amerika nie, want Trump het net eenvoudig retoriese stellings soos “Just look at the price of eggs” uitgegooi.
........
Vandag is heelwat sogenaamde gelowige mense veel sterker in hul verdediging van Trump as van hul Christelike waardes. Kyk hoe maklik val hulle die vroulike biskop aan wat Trump om genade vir ander mense smeek – “Dit was nie haar plek om Trump so aan te spreek nie.”
........
Vandag is heelwat sogenaamde gelowige mense veel sterker in hul verdediging van Trump as van hul Christelike waardes. Kyk hoe maklik val hulle die vroulike biskop aan wat Trump om genade vir ander mense smeek – “Dit was nie haar plek om Trump so aan te spreek nie.” Wel, dit het in ’n kerk gebeur, dus glo ek die kerk was die perfekte plek vir haar preek en dat haar preek Christelik was – askuus, nie “meer Christelik” nie, want wat beteken die term Christelik deesdae? Kom ons stel dit liewer so: Haar preek was die tipe preek wat jy kon verwag dat Jesus sou lewer. “Jesuslik” liewer as “Christelik”.
In sy eerste week het Trump met groot ondersteuning van Christene alreeds wette gemaak wat on-Jesuslike gevolge het. Meer ongedokumenteerde Samaritane – askuus, immigrante – is al gepos buiteland toe. Wetgewing wat pryse van medisyne laag hou, is opgehef. Armer mense sal dus nie die medikasie kan bekostig wat hul benodig nie. Jesus, daarenteen, het mense gesond gemaak sonder om betaling te verlang.
Trump is die mees onchristelike, of sal ons sê antichristiese leier wat Amerika nog ooit gehad het, en tog geniet hy die ondersteuning van “daardie tipe” Christene. Dis ’n interessante verskynsel, maar dis nie onvoorsien nie. Daar staan in Openbaring dat mense in onkunde die antichris sal aanbid – soos vandag met Trump gebeur. Hulle dink hulle is reg en Jesus is aan hulle kant, en hulle vra hulle nie eers af of Jesus ook vir Trump sou ondersteun nie. Nee, in stede daarvan tree hulle op en verdedig Trump asof hy Jesus self is.
Helder klink die krete: “So what, cry your liberal tears, wat het dit met die prys van eiers te doen?” Dan vra ek jou: Kyk hoe die prys van eiers die hoogte ingeskiet het in Amerika sedert Trump se bewind. Hier by ons is die prys van eiers steeds billik, so wat traak dit ons? Die ware hartseer, waaraan ek glad nie energie gaan spandeer om hartseer te voel nie, is dat Trump sy eie ondersteuners meer skade aandoen as omtrent enige deel van die wêreld, so dis eintlik net snaaks om te sien dat die mense uit vrye wil kies om slegter af te wees as dit beteken jy maak die lewe vir jou “lefty neighbor” moeiliker. Ek is nie meer so seker dat die armstes wat vir Trump gestem het, steeds so bly gaan wees oor hul besluit as hulle by die till staan en twee appels in die rak moet terugsit nie.
So Trump het gewen en die prys van eiers styg, so is die prys van eiers Trump se skuld? Nee, ek voel nie dit is nie, net soos die prys van brandstof nie Biden se skuld was nie. Die punt is dat Trump lieg as hy sê hy gaan alles goedkoper maak, en soos ons uitvind, gaan hy nie kan nie. Hy lieg vir Christene, en dis nie die ergste nie. Die ergste is, hulle gee nie om nie. Hulle gee nie om watter aaklighede hy aanvang, wie hy verkrag, verneuk of nie betaal vir dienste nie. Hulle gee nie om dat sy presidentskap eerstens gaan oor eie gewin nie. Al waarvoor hulle omgee, is dat dit Trump is wat gewen het en mense wat “anders” is, gaan nou tot orde geroep word in ooreenstemming met “ons” waardes of uitgeskop word, en dit maak hulle bly.
........
Christenskap is gekaap en Trump se Christene gee nie om nie.
........
Dis nie liefde nie, dis haat, en dis wat Trump voorstaan. En dis waarvoor sy Christene staan.
Wat my bring by die oortreding van nog ’n gebod, en dis diefstal, want hierdie diewe het die term “Christen” gesteel van ’n konsep wat gevul is met liefde vir die medemens na een van haat. Christenskap is gekaap en Trump se Christene gee nie om nie.
Maar wat weet ek – my opinie is saam met die minderheid. Julle weet miskien nie van beter nie, maar julle is meer, so lekker wen die ewigheid in.
Nota: Al hierdie gedagtes laat my verstom oor hoe min belang die moderne regse Christendom aan waarheid heg, wat my verder laat wonder: Maar as hulle nie die waarheid na waarde ag nie, hoeveel waarheid steek daar in die Christendom self?
Oor ’n geskiedenis sonder lewende ooggetuies gedokumenteer deur mense met politieke agendas kan ons net spekuleer. Niemand weet presies wat toe gebeur het nie; ons beskik nie een oor daardie waarheid nie. Maar ’n Christen wat verkondig dat Trump ’n ordentlike mens is wat die waarheid verkondig, lieg vir ons en homself. Al verskil is, ons weet hy lieg, maar hy weet dit self dalk nog nie, want die waarheid is vir hom net eenvoudig nie belangrik nie.
Lees ook:
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Donald Trump en ’n nuwe wêreldorde?
Kommentaar
Bravo, Riku. En ja, helaas, jy gaan geeneen van daardie kristene (sic) oortuig nie. Hulle geloof in Trump is onwrikbaarder as hulle geloof in God. “ I want to believe” het Scully destyds vir Mulder gesê, en helaas was hulle avonture meer geloofwaardig as die waarheid vandag.
O genade, en praat jy nou wat sekerlik nóg een is wat wil besluit wat sou waar wees in Sy Woord en wat nie.
Om te noem dat die sogenaamde biskop die reg het om Trump te herinner is waar, ja, maar presies met wie moes hy genade hê? En Jesus se preek aan diegene wat Trump genade moes betoon sou definitief meer iets in die lyn wees van: Jy is vergewe, gaan en DOEN DIT NIE WEER NIE. Ek wil sien wie van daai mense, vir wie die biskop genade gevra het, sou omdraai en presies doen wat Jesus van hul vra? Kan jou amper verseker bitter min. Want die kerk soos hy deesdae daaruit sien, gaan nie meer oor God se Leer nie, dit gaan oor wat die mense behaag.
Die feit dat sondaars juis kerk toe moet gaan om met God te worstel om uit die sonde te kom waarin hulle vasgevang is, is mos te veel gevra. God moet mos by HULLE aanpas. So nou soek hulle allerhande verskonings, delf selfs in die letterlike wetenskap en biologie om God se standpunt in Sy Woord as verkeerd af te skiet.
Daar is absoluut GEEN heiliges op hierdie aarde nie, nie onder die mensdom in elk geval nie. Maar God sal gebruik wie Hy wil om diegene wat WEL 'n verhouding met Hom het se gebede te verhoor.
Die liefde wat hulle vir Donald het, is wonderbaar, wonderbaar.
Sterk meningsstuk met ’n duidelike ideologiese standpunt.
Die skrywer se ontleding van die spanning tussen geloof en politieke pragmatisme is insiggewend, maar die stuk is polêr en emosioneel gelaai, wat die argument se akademiese gewig verminder.
Die artikel ontbreek aan balans en nuanse, aangesien dit nie alternatiewe perspektiewe oorweeg of die strukturele redes vir Trump se ondersteuning ondersoek nie.
As 'n polemiese stuk slaag dit, maar as 'n poging tot oortuiging is dit minder effektief weens die absolute toon.
Die Amerikaners wat vir Trump gestem het, gaan kry, of nie, waarvoor hulle gestem het. Hy val daagliks in 'n gat wat hy vir homself grou. Dis voëlgriep wat wêreldwyd eiers duurder gemaak het, lyk my hy weet nie eers wat gebeur het nie!
Ek is nie so oortuig dat Jesus altyd die ander wang gedraai het nie. In Lukas 22 beveel Jesus sy volgelinge om swaarde te koop. Jesus is deur die Romeine tereggestel as misdadiger. Die Bybel is die Pauliniese interpretasie van Jesus se lewe. Paulus se teologie van 'atonement', was die dryfkrag agter meeste van die dokumente wat vandag die sogenaamde 'Nuwe Testament' vorm. En Paulus se teologie het duidelik verskil van die van Jesus self.
Jou skrywe is vir my ongelukkig so bietjie onsamehanged. Dit lees soos los gedagtes. Ek moet, waar dit Trump aangaan, altyd eers stel dat ek geen Trump aanhanger is nie. Hierdie verklaring van my help gewoonlik niks, en ek word gewoonlik aangespreek asof ek 'n Trump aanhanger is. Dit maar daar gelaat. Ek het al geleer mense sukkel om die emosies uit hulle redenasies uit te haal.
Donald Trump se politiek gaan net oor homself. Daarmee kan ek nogal saamstem. Maar die demokrate? Het Biden nie ook maar sy vriende kwytgeskeld nie? Politici is almal dieselfde. Left wing, right wing, same bird.
Mens sien op sosiale media die eindelose geweeklaag oor hoe horribaal Trump is. Nou stel ek dit, met Trump wat so verskriklik horribaal is, dink vir 'n oomblik hoe absoluut pateties was die Demokrate se veldtog. Eers het hulle probeer deurdruk met Biden. Toe dit uiteindelik begin deurdring dit gaan nie werk nie, toe word Harris ingespan. Sy het reeds op die agtervoet begin. As tweede keuse wat ingedruk is om die sinkende skip te probeer red. Dus. Sy gaan toe en smous ook maar 'n klomp onwaarhede (beter bekend as 'leuens' onder gewone mense). Net soos Trump self, is Harris uit gegoede omstandighede. Sy het geen direkte bande met arm mense nie. Tipies politikus wil sy egter graag as 'n messias oorkom.
Dit was 'n keuse tussen twee leuenagtige mense: Trump en Harris.
En Trompie het sy kaarte eenvoudig reg gespeel. Hy het gevry na die kriptoe-gemeenskap. Daar was sy onderhoud met die potgooier Joe Rogan. Trump het in sy veldtog gedurig beleide aangespreek wat kiesers na aan die hart gele het. Elke tree en optrede was haarfyn beplan. Die aanslag op sy lewe in Pensilvanië was 'n groot bonus vir sy veldtog, maar ook een wat dodelik kon uitgedraai het.
Daarteenoor het Harris dikwels onsamehangend gebabbel en gesukkel om direkte antwoorde op eenvoudige vrae te gee. Selfs haar eie ondersteuners het aan haar begin twyfel, en het gesukkel om te sien hoe sy enige verskil sal kan maak. Sy sou maar net 'n voortsetting van Biden se presidentskap gewees het.
Vir ons lotjie hier in Suid-Afrika, sou dit waarskynlik beter gewees het as Harris gewen het. Die media berig heelwat werksgeleenthede is verlore weens Trump se opskorting van buitelandse befondsing.
Ten slotte, dink ek mens moet versigtig omgaan met die Christen-konsep. Die konsep word maklik verromantiseer. Die VSA wat 'n Christelike land is, is ook die land wat sekerlik die meeste oorlog gemaak het in die geskiedenis van die mensdom. Dink maar aan die kruistogte en die inkwisissies, die geweld teen vroue. Die oorloe tussen Katolieke en Protestante. Dink aan kolonialisme. Hoe wreed dit was. Die Atlantiese Slawehandel. Al die dinge het gebeur in die naam van die Christelike God.
Bravo, Riku.
Ek het onlangs THE WIND KNOWS MY NAME deur Isabel Allende gelees. Dit gaan oor die vlugtelinge oor die Meksiko-grens tydens ou Donald Duck se eerste vier jaar. 'n Pragtige verwikkelde storie van hoe 'n half-blinde dogtertjie uit El Salvador op die ou end 'n veilige heenkome in Berkeley gevind het by 'n man van Joodse afkoms wat self deel van die Kindertransport was en in 1938 in Wene op 'n trein gesit is Londen toe. Hy het nooit weer sy ouers gesien nie, net soos Anita Díaz, hierdie dogtertjie, se ma toe dood is, maar sy het weer haar San Salvador-ouma kon sien daar in Kalifornië.
Hierdie onregte wat die Republikeine onder die mal man aanblaas, gaan dus ondermeer oor kinders wat se menseregte geskend word en dan verder met die vreeslike letsels probeer leef.
Toe ek nog so tien jaar terug op FB self dikwels ontsteld gereageer het oor onregte, was ek self nog diep seergemaak. Nou laat ek dit liewers: al die geskree op die sosiale media.
Emosionele eerste reaksies in onmiddellike bevrediging en ai, dit is so dat sulke mense dikwels dom is en veral onbelese is en dít vrees wat hulle geheel en al glad nie verstaan nie en voel hulle word bemagtig deur ander uit te probeer druk.
Dit dan wat aanbetref die golf op golf beswadderende haat teenoor gay mense nou weer, oor hierdie gebeurtenis, waaroor Dana Snyman skryf op Netwerk.
Isabel Allende skryf ook egter in THE WIND KNOWS MY NAME, dat: Wat die gesukkel om den brode elke dag betref, maak dit nie veel saak of 'n demokraat of selfs 'n nar soos hierdie eend, aan bewind is nie. Die welaf mense sal steeds floreer (waaronder bevoorregte transgenders). Die arm werkersklas en ook die middelklas, sal steeds sukkel. Struikel. Selfs vermoor word.
Maar diegene in die regte, die dapper joernaliste, diegene verbonde aan universiteite en soms ryk skrywers en veral Hollywood waar hierdie weerloses se menseregte wel uitgebring word in verhale, is wel daar en kan nie onderdruk word nie.
Kerke is maar hoogs opswepend, maar mense is onvergenoeg in hulleself. Weet nie hoe om in kennis, in letterkunde en in hulle eie verbeeldings te ontvlug nie. Verstaan zat van die lgbtiqap+-gemeenskap. Hulle wil skree op die internet en in hulle benepe groepies. Die massas is maar die gepeupel wat hierdie aap volg.
Gelukkig is biskop Mariann Edgar Budde wel genadig self en ook aanvaardend en dit het my goed gedoen om nou van hierdie storie te hoor – dat daar wel gelowiges is wat vol menslike deernis is. Ek het nie haar praatjie gekyk nie, maar dit lyk of sy kalm gebly het. Dapper vrou.
Ek volg nie eintlik vir Duke Duck nie. Ek hou nie van sy gesig nie. Ek kry hom jammer eintlik dat hy so vol haat is. Hoe kan mense so lewe. Ons een lewe. Mense is mooi as mooi met hulle omgegaan word en baie van hierdie skreebekke is diep beseerde mense wat nooit hulle eie diep pyn baie goed verwerk het nie.
Ek het darem nie gelees dat Lord Shitbucket Duck nou verbied het dat gay mense kan trou nie.
En die Musk is ook maar ver gek. Om darem jou eie kind (transgender dogter) so te verwerp. Maar die ou twee is wel slim op ander gebiede, so ek kruis maar vingers dat mense iewers net vrede in hulleself kan vind in hulle moeilike bestane omring van strooi ... en sjit.
Die transgendermense. Lank leef.
Die tyd SAL draai. Julle tyd onder die son daar sal kom. Het eintlik al. In so baie ware en ook fiktiewe stories. Mense kan nooit onderdruk word nie. Dit het die geskiedenis ons geleer.
In 2009 het ek naar en siek gevoel toe ek vir die eerste keer van transgender mense gehoor het. Ek het geleer. Selfs gesien: kinders. Volwassenes. Alles. Ek verstaan nou ten diepste en het lief vir hulle geraak. Dies wat ek ontmoet het is die lieflikste mense. Dit gebeur. Dit is natuurlik en het nog altyd bestaan. My hoop vir hulle is dat hulle in veilige omgewings kan beweeg in Amerika. Dat hulle baie versigtig sal wees.
Laat ek maar aangaan, die vier gemeeskapskatte in die tuin gaan kossies gee, swem, my skemerkelkwyntjie by my watergat, en bly wees dat ek weereens vandag my hart van gode rein kon hou het.
x 'n vrede wat bo alles is x
"Daar is 'n ster waar mense en diere almal gelukkig leef, en dit is selfs beter as die hemel, want jy hoef nie te sterf om daarheen te gaan nie."
– Anita Díaz