Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Ons biblioteke: ’n onderhoud met Daniel Arendse
2025-01-29"Ons koördineer ons gemeenskapsuitreikpogings om programme te verskaf wat in die behoeftes van ons mense voorsien." Hierdie onderhoud met Daniel Arendse is die sestiende aflewering oor ons biblioteke.
SA se soldate in die DRK
2025-01-29Suid-Afrika se soldate in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) is in die moeilikheid. Freek Robinson gesels met Abel Esterhuyse (Fakulteit Krygskunde, Universiteit Stellenbosch) oor hul benarde situasie.
Praktiese wenke as onteiening sonder vergoeding jou in die gesig staar
2025-01-29Reghard Brits, ’n praktiserende regskenner en deeltydse dosent verbonde aan Akademia se Fakulteit Regsgeleerdheid, meen onteiening sonder vergoeding is ’n ingewikkelde proses. Dit is egter belangrik om te weet dat dié wetgewing nie die staat toelaat om grond (of ander eiendom) summier weg te neem nie.
Wat het die waarheid met die prys van eiers te doen?
2025-01-28"Vandag is heelwat sogenaamde gelowige mense veel sterker in hul verdediging van Trump as van hul Christelike waardes ... Christenskap is gekaap en Trump se Christene gee nie om nie."
Heupvuur: Theo Venter oor die Onteieningswet
2025-01-27"Waarom sou die President die wetgewing teken vier dae nadat hy by die Wêreld- Ekonomiese Forum sakeleiers uitnooi om Suid-Afrika as beleggingsgeleentheid te oorweeg, wetende dat eiendomsreg ’n kritieke risikofaktor vir enige besigheid is? Waarom sou hy die wetgewing onderteken sonder om dit met senior lede van die RNE te bespreek of ten minste sy optrede op ander maniere te kommunikeer?"
Straight shot: Tembeka Ngcukaitobi about the Expropriation Act
2025-01-27"For property rights holders, nothing dangerous will come of it. For the landless, their aspirations have been deferred. Perhaps once again."
Elders gesien: Hoekom so pro-Trump?
2025-01-27"Die sektariese verval wat hieruit volg, sal Amerika inhaal. Die gevolge vir die wêreld (ook ons) sal moeilik herstel word, maar dit sal."
Breyten Breytenbach – ’n besinnende en kritiese waardering
2025-01-27"Kortom, dit gaan hier oor ’n voorlopige waardering (as tipe huldeblyk) wat die volgende motiewe in sy kuns en besinnende werk onder die loep neem: jeugherinneringe, ’n komplekse spiritualiteit, vervreemding en ballingskap, politieke verset en aktivisme, en taal as ruimte van mag en weerstand."
Bloed op die spore
2025-01-23"Maar waar’s die siel van ’n nasie waarvan die president ’n pleidooi vir genade en barmhartigheid openlik en met minagting verwerp? Waar lê so ’n land se geestesgesondheid? Waar’s Amerika?"
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Donald Trump en ’n nuwe wêreldorde?
2025-01-23"Watter wêreldorde? Daar is nie tans so iets nie, maar miskien help hy die wêreld stabiliseer, was my onmiddellike reaksie. Hoekom?"
Elders gesien: Stop ontgroening!
2025-01-22"As jou kind se menseregte aangetas word, moenie stilbly nie. Verkla die skuldiges by die onderwysdepartement, by die polisie, by die media. Ek weet van ’n hele paar ouers wat hul kinders maar stilweg vir terapie gevat het, eerder as om ’n bohaai op te skop en dalk geviktimiseer te word – en sodoende baan jy maar die weg vir die volgende sarsie slagoffers wat gaan deurloop."
Wat sê Bettina? Trump 2.0 in volle swang
2025-01-22"Alle aanduidings is in elk geval dat Trump 2.0 meer kragdadig gaan optree as voorheen, minder respek vir die reg gaan hê, meer onverdraagsaamheid gaan aanmoedig en al verder regs gaan skuif."
Loeriesfontein Hoërskool behaal ’n 100%-slaagsyfer: oud-matrikulante vertel hoe hulle dit reggekry het
2025-01-22"As ek moes in ’n ander taal onderrig gehad het, sou dit slegter gegaan het. Afrikaans is my huistaal wat ek mee grootgeword het en dis die taal wat ek die meeste gebruik en verstaan."
Trump en Suid-Afrika
2025-01-22Donald Trump is die afgelope Maandag as die 47ste Amerikaanse president beëdig. Wat beteken die Trump-presidensie vir Suid-Afrika? Freek Robinson praat met Jakkie Cilliers (Instituut vir Sekerheidstudies).
Hiporheïese sones: die lewer van riviere
2025-01-21"Net soos die menslike lewer voedingstowwe verwerk en skadelike stowwe in die liggaam ontgif, speel die hiporheïese sone ’n deurslaggewende rol in die filtrering en transformering van voedingstowwe en organiese materiaal. Dit reguleer die siklus van koolstof en stikstof, wat noodsaaklik is vir die handhawing van gesonde akwatiese ekosisteme."
Jan Alleman vs ChatGPT: Kan KI uit regswerk gehou word?
2025-01-21"[D]ie land se regspraktisyns wou hulself slap lag oor die nuus dat ’n litigant oënskynlik met ChatGPT-geskrewe hofstukke voor ’n hooggeregshofregter opgedaag het en gedink het hulle kan daarmee wegkom. Hierdie kollektiewe leedvermaak verklap wel iets van die eksistensiële krisis waarmee die globale witboordjiewerkskorps die laaste twee jaar worstel."
ATKV-SA Akademiepryse 2024: ’n onderhoud met Johann Rossouw
2025-01-20"Dit is in hierdie lig fassinerend om te sien hoe waarskynlik die mees mimeties wedywerende, moderne Amerikaanse president, Donald Trump, hom nou bevind in ’n bondgenootskap met tegno-oligarge wat hierdie wedywering industrialiseer." Johann Rossouw se LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)-artikel oor outomatisering as vername aspek van kunsmatige intelligensie (aan die hand van die denke van Bernard Stiegler en René Girard) is met ’n 2024 ATKV-SA Akademieprys bekroon. Jean Oosthuizen het met hom gesels oor sy navorsingsproses en hoe sy navorsing prakties toegepas kan word in die debat oor kunsmatige intelligensie en outomatisering in Suid-Afrika.
Agterstories: Hoe koffie ons ryk gemaak het
2025-01-20"Soos Galofré-Vilà verduidelik, het hierdie ruimtes die inligtingsnetwerke van daardie tyd verteenwoordig, waar mense ingekom het om ’n koffie of ’n drankie te geniet, idees te deel en in kontak te kom met mense uit verskillende omgewings en dissiplines. Dit is waarom ek die ontstaan van die nywerheidsomwenteling in Engeland sou korreleer met die aankoms van Londen se eerste koffiehuis, wat in 1652 deur Pasqua Rosée gevestig is."
Imigidi and the (d)evolution of Xhosa culture
2025-01-20"As much as I understand and respect the now common practice of clustering young boys under the care of a district surgeon or something similar, I lament the loss of other rituals in this arrangement. For one, unless families privately arrange this, there is now no teaching of the young men who they are amid the myriad clan origins. They come out of the mountains without any better or deeper understanding of their history and identity."
In memoriam: Johan Diederick Ungerer Geldenhuys
2025-01-20"Vanaf 1979 kan hy as hoof van Nedbank Groep se taaleenheid en later as dokumentasiehoof, tot sy uittrede in 2007, sy passie en loopbaan kombineer en ’n tasbare bydrae tot doeltreffende kommunikasie op hoofsaaklik finansiële gebied, en veral die ontwikkeling en standaardisering van saketerminologie, lewer."
