Elders gesien: My hart is stukkend, Crystal-Donna Roberts

  • 0

Carien Smith skryf op Facebook:

My hart is stukkend. Daar is soveel wat gesê kan word. Maar hier is net ’n paar:

  1. Sy was presies dieselfde persoon voor en ná sy beroemd geword het. Want sy het geweet waarheen sy gaan, waarvandaan sy kom.
  2. ’n Mens het altyd geweet sy gaan groot dinge doen. Daar was nie eers ’n vraag nie. Haar drome was groot en ek het geweet sy gaan dit doen. Maak nie saak hoe hard en ver sy sal moet klim nie. Sy het dit ook geweet. Min mense besef hoe hard sy moes werk. Hulle dink hulle weet, maar daar is soveel meer.
  3. Haar lag en glimlag.
  4. Ons het haar nie verdien nie.
  5. Ons het op ons mae en rûe rondgekruip en skuifel om verhoogstelle te bou en saam geleer om met drills en sulke goed te werk. Dit was nie maklike werk nie. (Sy was beter as ek met die drills. Daar was soms selfs hakskoene betrokke as ons planne vir later gehad het.) Maar sy het enige job met grasie en met dankbaarheid gedoen. Solank ons slaptjips met HELSE baie asyn en sout in die parkeerterrein in die son kon eet ná die geswoeg en gesweet. Sy het altyd gesê ek kon nog méér asyn gegooi het. Totdat die tjips amper soos visse swem in die asyn.
  6. Tequila en Mystic Boer in Bloem.
  7. Sy het altyd tyd gehad vir luister. Sy was daar in van die donkerste tye.
  8. Sy kon ’n mens ’n blerrie goeie reality check gee. Met liefde.
  9. Sy het ’n mens só gebou en ondersteun. Elke ding saam met jou gecelebrate, een van die grootste cheerleaders vir haar vriende se suksesse en harde werk.
  10. Daar was ’n tyd jare gelede dat sy reeds begin dink het aan skryf. Sy het nie eers ’n rekenaar gehad nie. Sy het die draaiboek vir ’n reeks op haar selfoon gesit en tik met baie moeite en dit in e-posse aan my gestuur om te vra wat ek dink (ek dink wraggies ek het op hierdie punt geen cooking clue gehad wat ek doen nie en sy was eintlik net nice om dit met my te deel en sulke vertroue in my te wys.). Haar deursettingsvermoë was ontsettend. En ek dink hierdie moeite om dit vir my te stuur was eintlik ’n poging om my weer aan te moedig om te skryf.

Ek het haar laas gesien toe ek in die Kaap gekuier het. Sy het my gevra om my boek vir haar te teken. Dit was die grootste voorreg. Indien ek geweet het dis die laaste sou ek dit ’n baie langer drukkie gemaak het.

En dan: weer nommer 4. Ons het haar nie verdien nie.

Ek het vanoggend seker al twintig keer na haar laaste voice notes op WhatsApp geluister.

Al my liefde aan haar familie, Schalk Cornelessen: Ek dink aan julle.

Sien ook:

Speurder Sammi: die blou steen – ’n onderhoud met Crystal-Donna Roberts

#opdielug met Crystal-Donna Roberts

Pasverskyn: Speurder Sammi: Die blou steen deur Crystal-Donna Roberts

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top