Elders gesien: My hart is stukkend, Crystal-Donna Roberts
2025-03-07"’n Mens het altyd geweet sy gaan groot dinge doen. Daar was nie eers ’n vraag nie. Haar drome was groot en ek het geweet sy gaan dit doen."
Elders gesien: Hoekom skryf ouers hul kinders se take?
2025-01-28"Mense weet nie meer hoe om ’n onderskeid te tref tussen goeie en slegte bronne nie."
SteedsDink met LitNet Akademies: Carien Smith
2024-03-04In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie video gesels Carien Smith oor onder meer die sielkunde agter samesweringsteorieë, ideologie en die belangrikheid van filosofie.
Carien Smith: skaak-Jedi en rekenaarbouer by uitstek
2023-04-25"Kunsmatige Spesifieke Intelligensie is orals – selfone, ens. Dit beteken dat dit reeds deel is van ons wêreld en net al hoe meer daarvan gaan deel word. Hoe slimmer dit word en hoe meer funksies dit vir ons gaan uitvoer, hoe meer van ’n bewussyn gaan ons daaroor ontwikkel."
Herrie die olifant, ’n engel uit die buitenste ruim, en ’n blinkgoue eier: Loeloeraai 100 jaar later en CJ Langenhoven 150 jaar later
2023-04-17"Ekokritici moedig mense aan om ook op hierdie kritiese wyse na die natuur te kyk. Dit daag die mens in die Antroposeen uit; die mens wie se aksies negatiewe gevolge het. Dit draai die antroposentriese idee van die wêreld om en maak dit ekosentries."
Plaasmoorde in Treurgrond: Carien Smith gesels met Dian Weys
2016-10-05"Plaasmoorde is ’n werklike en gruwelike werklikheid, maar as dit met vinnige redigering, stadige aksie, oombliklike geweld en oorweldigende klankbane uitgebeeld word, met ander woorde, skouspelagtig, neem dit ons al hoe verder weg van die werklikheid daarvan."
The woman, pregnancy, and the animal in the short story “Katvoet” by Riana Scheepers: a phenomenological study
2016-08-17"This research provides a new perspective on the phenomenon of the body, bodily ownership, woman, the experience of pregnancy and the experience of the woman’s pregnant body, and is significant in Afrikaans literature."
Die vrou, swangerskap en die dier in die kortverhaal “Katvoet” deur Riana Scheepers: ’n fenomenologiese ondersoek
2016-08-17"Hierdie navorsing gee ’n nuwe blik op die verskynsel van die liggaam, liggaamlike eienaarskap, die vrou, die ervaring van swangerskap en die ervaring van die vrou se swanger liggaam, veral in die Afrikaanse letterkunde."
Einstein-kompetisie: Carien Smith
2016-07-21Carien is ’n skrywer en 'n honneursstudent aan die Universiteit van Fort Hare.
Die tyd van ons tydlike wese: Carien Smith gesels met Anné Verhoef
2016-05-18"Ricoeur voer aan dat ons gebore word in ’n horison van betekenis wat reeds teenwoordig is – ons bevind ons altyd alreeds in ’n lewenswêreld, nie net in ’n wêreld nie. "
LitNet Akademies-resensie-essay: Oorsee deur Tertius Kapp
2016-03-31"Oorsee slaag daarin om op ’n speelse manier die absurditeite van bestaande hiërargieë te bevraagteken en sodoende kontroversiële onderwerpe te ondersoek."
Die geval van Romeine 13:1–7: Carien Smith gesels met Bernard Lategan
2016-03-17"Owerhede mag wel hul gesag van God ontvang, maar dan rus die verpligting op hulle om as dienaars van God op te tree en die goeie te dien. As hulle hierdie roeping versaak en hul mag misbruik, verval die verpligting om gehoorsaam te wees en word burgerlike ongehoorsaamheid ’n praktiese opsie."
’n Plek waar ek tuis voel: Carien Smith gesels met Franci Greyling oor haar navorsing en Mooirivier: weerspieëling en weerklank
2016-02-03"Die betekenis en gevoel wat met sin van plek vereenselwig word, word oa opgebou deur persoonlike ervarings, stories en inligting oor die plek, en die wisselwerking tussen individu, gemeenskap en plek. My eie sin van plek, wat tydens die navorsing verdiep het, het sonder twyfel in die vormgewing van die werk neerslag gevind."
Is navorsing oor slawerny vandag nog steeds relevant?
2015-09-22"Daar is vandag steeds miljoene mense wat hulself in ’n vorm van slawerny, dwangarbeid, of “trafficking” bevind. Dus kan die krities-teoretiese studie van slawerny, soos in die geval van doulologie, ons ook help om hedendaagse slawerny beter te verstaan en te bekamp."

