Carien Smith

Carien Smith is tans ’n doktorale kandidaat by die Universiteit van Sheffield in Brittanje en doen haar navorsing in klimaatsveranderingetiek, meer spesifiek rondom wetenskapsontkenning, pseudowetenskap en samesweringsteorieë. In 2023 wen sy die UJ-debuutprys vir haar kortverhaalbundel Bot (Tafelberg, 2022). In 2020 was sy Writing Fellow by die Johannesburg Institute for Advanced Study. In 2019 ontvang sy die Iceland Writers Retreat Alumni-toekenning (meer as 700 inskrywings internasionaal, 5 wenners, onder meer ’n Pushcart Prize-finalis) en in 2018 en 2016 was sy op die kortlys vir die toekenning. In 2015 is Carien op die langlys van ses vir die PEN International New Voices-toekenning. In 2016 en 2018 is sy ’n wenner van die Ad Hoc Fiction-kompetisie (’n Bath Flash Fiction-projek). In 2015 is sy naaswenner in die Nuwe stories 3-kompetisie met haar verhaal “Binnekort”, en kry sy eervolle vermelding vir “Likkewaan”, ook in die bundel opgeneem. In 2009 is sy op die langlys van 10 vir die Nagtegaal-teksprys. In 2007 is sy naaswenner in ’n Golden Key-poësiekompetisie by die Universiteit van die Vrystaat.

Buiten haar debuut Bot is sy gepubliseer in Op die spoor van (Tafelberg, 2017), Nuwe Stories 3 (Human & Rousseau, 2015) en ’n kuns- en sprokiesverhaalbundel Spreek die woord / Break the spell, uitgegee in 2016 as deel van ’n Woordfeesprojek. In 2015 publiseer sy ’n kortverhaal getiteld “’n Gesnoeide roosboom vir Kersfees” in Die Burger. Sedert 2006 het sy ’n hele paar dramas geskryf wat by ’n paar feeste en geleenthede opgevoer is.

Nuwe Stories 2014-kortverhaalwedstryd: Tweede weergawe van "Binnekort"

Carien Smith 2014-06-10 Nuwe Stories 2014-kortverhaalwedstryd: Tweede weergawe van "Binnekort"

Nuwe Stories 2014-kortverhaalwedstryd: Tweede weergawe van "Likkewaan"

Carien Smith 2014-06-10 Nuwe Stories 2014-kortverhaalwedstryd: Tweede weergawe van "Likkewaan"

Nuwe Stories 2014-kortverhaalwedstryd: Eerste weergawe van "Akkedis"

Carien Smith, Anoniem 2014-04-22 Nuwe Stories 2014-kortverhaalwedstryd: Eerste weergawe van "Akkedis"

Nuwe Stories 2014-kortverhaalwedstryd: Eerste weergawe van "Binnekort"

Carien Smith, Anoniem 2014-04-22 Nuwe Stories 2014-kortverhaalwedstryd: Eerste weergawe van "Binnekort"
Top