Elders gesien: Dit is tyd dat die regering wakker word

  • 0

Charles Smith skryf op sy persoonlike* Facebookblad:

Daar gaan nog lank gepraat word oor die gesprek tussen president Donald Trump en president Cyril Ramaphosa, veral die vurige gesprek oor plaasmoorde en misdaad in Suid-Afrika. Ek het self Julius Malema verskeie kere afgeneem waar hy “Kill the Boer” sing. Ek dink president Ramaphosa is onkant gevang, uitgeslaan toe hy met die beelde gekonfronteer is.

John Steenhuisen, Anton Rupert en Ernie Els het die balans gebring.

Die video van ’n optog teen plaasmoorde is waarskynlik na die moorde op die Brand-gesin van Hartswater deur ons geneem wat in die Withuis gewys is.

As die gesprek die lig op die geweld en plaasmoorde gaan gooi en een boer en burger van SA gaan red, was die gesprek broodnodig. Daarvoor was die gesprek ’n goeie, broodnodige gebeurtenis. Dit is tyd dat die regering wakker word.

*

Hier is my video van Julius Malema wat op Brandfort ’n paar weke gelede “Kill the Boer” sing. president Donald Trump het vandag in die Withuis gevra hoekom hy nie in hegtenis geneem word nie en president Cyril Ramaphosa het Malema ’n idioot genoem.

John Steenhuisen het gesê die DA veg vir jare om die EFF uit die regering te hou en Johan Rupert het gesê hy is Malema se grootste teiken.

Daar gaan van vandag af baie aandag op Malema wees – en dit is aandag wat hy nie graag sou wou hê nie:

* Hierdie siening is sy eie en verteenwoordig nie die van enige instansie met wie hy saamwerk of vir wie hy werk nie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top