Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

Waarom ek boekfeeste bywoon

Igno van Niekerk LitNet25-skrywersberaad 2025-04-10

"Mandela, die omie wat in die tronk was en met die aantrek van ’n rugbytrui opinies swaai in 1995. Einste Mandela wat een van die oorsake was dat ons weekliks in bruin kadetklere die skoolrugbyvelde tot paradegronde moes omskep. Hoe goed was ons nie?"

Trump-handelsoorlog van 2025 (10 April 2025)

Theo Venter Menings 2025-04-10

"Globaal het daar ’n anti-Trump sentiment ontwikkel wat oplossings van ekonomiese en politieke probleme gaan kompliseer. Kom ons hou Kanada op 28 April tydens hulle verkiesing dop, met Donald Trump as die gemeenskaplike vyand."

Skermgreep: Adolescence – ’n TV-resensie

Leon van Nierop TV 2025-04-10

"Vergeet grense wat tuimel. Philip Barantini het met die meesterlike Adolescence die voorkoms van die erg omgeploegde en misbruikte televisielandskap met daadwerklike krag omgedolwe."

"Dit het begin by my liefde vir boeke en lees": ’n onderhoud met Marga Stoffer

Naomi Meyer, Marga Stoffer Onderhoude 2025-04-10

"Vir my persoonlik voel dit ook asof ’n siklus voltooi is: Ek het by NB begin in die tyd van die samesmelting van Tafelberg en Human & Rousseau, en ek verlaat NB wanneer dit deel word van Jonathan Ball Publishers."

Gekkedag 2025: Om oor ’n swart hond te struikel

Jannike Bergh Menings 2025-04-09

"Ek het ’n paar jaar gelede my knie erg beseer toe ek in die donker oor ’n swart hond gestruikel het."

Gekkedag 2025: By ampermoedverloor, ’n klippepad, slaggatpad en ’n bakkopslang verby

Renette Vosloo Menings 2025-04-09

"Die klippe slaat onder die kar; ek probeer mik na kleineres, ek bekommer my oor die bande! In my geestesoog sien ek al hoe moet ek en ’n boer my hele negosie agter in daai kattebak uitpak om by die spaarwiel uit te kom."

Die Trump-tariewe

Freek Robinson, Roelof Botha Onderhoude 2025-04-09

Trump se tariewe het ekonomiese skokgolwe op globale vlak veroorsaak. Is ʼn resessie op pad? Wat staan Suid-Afrika te doen? En wat van Agoa? Freek Robinson gesels met die ekonoom Roelof Botha oor die VSA se skitterende gebrek aan ekonomiese insig. 

"Nooi my na die kombuis en nie na die sitkamer nie" (9 April 2025)

Theo Venter Menings 2025-04-09

"Na ’n hele week van mespuntpolitiek oor die voortbestaan van die RNE begin die oplossing stadig na vore kom."

Entstof teen polio word 72!

Marlene le Roux Menings 2025-04-08

"Miljoene mense is sedert daardie dag ingeënt. Hulle het dus nooit siek geword nie. Ander, soos ek, is in hul kinderjare toegang tot hierdie lewensveranderende behandeling geweier."

Gekkedag 2025: My man is ’n man met ’n plan (en hy sing soos ’n kanarie)

Marietjie Steenkamp Menings 2025-04-08

"Dis amper so drie maande gelede toe my ou handsome weer een middag, na ’n trippie 'bosveld' toe, by die huis aankom. Hy het my met een van daardie 'kom kyk gou wat het ek gekry-stappies begroet. Ek het sommer geweet dat daar weer een of ander iets aan die broei was."

Wat sê Bettina? Hoekom ek weier om KI te gebruik

Bettina Wyngaard Rubrieke 2025-04-08

"Ek wil nie deur ’n robot gediagnoseer word nie. Ek wil nie deur ’n robot vertroos word nie. Bowenal wil ek nie ’n storie deur ’n robot geskryf, lees nie."

China se slimstadtegnologie in Afrika: Moet ander lande bekommerd wees?

Fanie Herman Menings 2025-04-07

"Soos wat China sy rol as sekuriteitsvennoot in Afrika uitbrei, veral deur die Globale Sekuriteitsinisiatief (GSI), ontstaan die vraag of Amerika en ander moondhede bekommerd oor die verspreiding van Chinese opsporing en waarnemingtegnologie moet wees. Of is sulke bekommernisse oordrewe?"

Elisabeth Anderson: A champion of books for all

Colleen Higgs In memoriam 2025-04-07

Colleen Higgs writes about Elisabeth Anderson’s enduring legacy. Elisabeth Anderson’s memorial service will be held this afternoon at 13:30.

Op dees aarde: Swangerskap en die vrou

Elsabé Brits Rubrieke 2025-04-07

"In die omvattendste wetenskaplike studie nóg oor wat met vroue se liggame gebeur vóór en ná swangerskap, is gesien hoe essensiële biologiese metings verander word deur ’n fetus te dra en uiteindelik geboorte te skenk."

Ken jy die see, meneer?

Handré Brand Menings 2025-04-04

"Ervare bootsmanne soos Skipper Nel maak ook soms foute: 'Ervaring en reputasies kan feilbaar wees. Hier het ons te doen met die bekende versus die onbekende.'"

Tariewe, onsekerheid en ’n begroting: die kontoere van mespuntpolitiek (3 April 2025)

Theo Venter Menings 2025-04-03

"Sedert die Trump-administrasie in Januarie 2025 in die VSA oorgeneem het en die RNE in Suid-Afrika gevorm is, word voorspelbaarheid as ’n luukse beskou en word die koste van onsekerheid en onvoorspelbaarheid ’n daaglikse risiko."

Die groot "Ek is": heuning uit die karkas van ’n leeu

Tom Dreyer LitNetKanaal op YouTube 2025-04-02

"Psychonauts, oftewel psigedeliese reisigers, beskryf die psige soms as ’n eindelose reeks kamers. En ek vermoed hulle het iets beet."

Kuns en/of moraliteit

Vasti Roodt LitNet25-skrywersberaad 2025-04-02

"Sy is beide ’n ma wat haarself versoen het met haar man se seksuele misbruik van haar 15-jarige dogter én die skrywer van weergalose prosa. Haar ontoereikendheid as ’n ouer is nie relevante gronde vir ’n oordeel oor haar toereikendheid as kunstenaar nie."

Kan ’n genre ’n versadigingspunt bereik? Of lê die fout voor die deur van die leser(s)?

Stefaans Coetzee LitNet25-skrywersberaad 2025-04-02

"Ek voel egter sterk dat plaaslike misdaadfiksieskrywers sal baat indien hulle na die gevaartekens (én natuurlik ook geleenthede) kyk wat ek opper voordat hulle die uitsprake oor eie werk onder ywerige lesers se fluisteringe sou hoor."

Die belang van lesersindrukke

Emily Smith LitNet25-skrywersberaad 2025-04-02

In 2024 is Emily Smith aangewys as ’n finalis tydens Netwerk24 se Smaakmaker-toekennings. Later dié jaar is sy tydens die jaarlikse Kokertoekennings deur die Afrikaanse Taalraad met ’n erepenning bekroon. In hierdie bydrae tot die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad gesels sy oor die belang van lesersindrukke en haar reis met boeke.

Top