
Charlie Kirk is dood en die wit Republican-gesindes braak gal.
Of laat ek liewer sê Republican-gesindes braak gal. Ek was nogals effe geskok toe ek sien hoe baie van my mense treur oor die dood van Kirk. Dit was vir my snaaks, want hy’t my soort gehaat. Hy was so vol haat dat sy laaste woorde dié van haatspraak was.
Sê ek dat hy verdien het om op so ’n wrede manier dood te gaan? Nee, natuurlik nie. Ek is teen alle vorme van geweld. Geweld is en sal nooit die oplossing wees nie. Jump ek vir joy oor sy dood? Ook nie. Ek verloor nie juis slaap oor ’n narsis en rassis se dood nie.
Dit gaan my egter verstand te bowe hoe ’n groot ophef daar gemaak word oor sy dood. En hoe konserwatiewe Republican-gesindes in Suid-Afrika nou op sosiale media aangaan om die act van violence te condemn. Waar was die energie toe daar berig word oor die moord op Palestynse kinders en oumense? Waar is en was die energie met ons land se stygende GBV? Waar was die energie met die plaasmoorde? En met laasgenoemde praat ek nou nie net van wit mense wat saam Steve en AfriForum geraas maak nie. Ek praat van my mense wat nou skielik treur oor Kirk en alles net omdat julle ’n 10-sekonde-video op TikTok gekyk het waar hy praat van God. Nou skielik het hy gesterf omdat hy God se woord verkondig het.
Dis dieselfde man wat op ’n kollegetoer gegaan het, God se Woord gebruik het om sy haat te justify en nou skielik moet mens nou heeldag lees van watter opregte en Godvresende man hy was. Ag asseblief. Die enigste rede hoekom julle van hom hou, is dat hy nes baie van julle rassisties was. En konserwatief, want hy was mos ook die man wat voet by stuk gehou het dat as sy meisiekind swanger moes raak van ’n verkragting sy die baba móét hou. There was no two ways about it. En laat ons ook nie vergeet dat hy die man was wat geglo het net wit plaasboere word vermoor deur anderskleuriges nie. En laat ons ook nie vergeet hoe die Suid-Afrikaanse media in daardie narratief speel nie. En natuurlik al die wit Suid-Afrikaanse Republican-gesindes nie.
Dit skok my ook nie juis veel oor my mense se ignorance nie. Weet jy, sommige van my mense sal maar altyd hand om die blaas wil wees met “massa”. Seker oor die verlede. Ek weet nie. Of dalk is dit geloof. Dit was mos “die volk” wat geloof gebring het om my mense te mislei en hulle onder hul grond uit geneem het, want toe ons mos amen sê toe staan ons met die Bybel en hulle met die grond. So geloof was nog altyd ’n manier vir mense om my volk te trick. Christenskap is nie net iets wat jy preek nie, maar dis iets wat jy lééf ook. Jy kan nie vol haat is en jouself dan ’n kind van God noem nie.
Keur God rasseskeidings goed? Hy sê dan ons moet lief wees vir ons bure. Sou hy die K-woord en die N-woord gebruik het? Dis belangrik dat ons God vir onsself ken en nie net blindelings agter iemand aangaan nie. God sê ook in Sy woord dat nie almal wat sê “Here, Here” gaan Sy koninkryk binne nie.
Almal huil nou oor hy voor sy vrou en kinders doodgeskiet is. En dis tragies en erg traumatiserend. Maar dis ook die man wat gelag het toe die sesjarige Hind Rajab doodgeskiet is. Soos in 335 keer? Daar was geen wild outrage en condemnations gemaak nie. Almal het aangegaan soos normaal, want hulle het dit verdien, want hulle is Moslems en Israel is God se volk. Dieselfde God wat ons keer op keer herinner om ander lief te hê nes ons onsself lief het. Dieselfde God wat gekom het en gesit het by sondaars.
Ek dink Jesus was meer woke as enige iets anders. Julle wil nou huil oor Kirk, tog het julle nie gedink dis hartseer en tragies dat Malcolm X ook voor sy vrou en kinders doodgeskiet is nie? Of het hy dit verdien? Hy het ook dan gesterf vir ’n cause. Of tel dit net as die man wit en Republican is.
En ek het empathy met sy vrou, kinders, familie en vriende, alhoewel hy nie in die woord geglo het nie.
En my mense? Weet jy as sosiale media in die vroeë ’90’s moes bestaan het, sou daar waarlikwaar van hulle gewees het wat die dood van PW Botha, Terre’Blanche, Hitler, Rhodes en dies meer gemourn het.
In Suid-Afrika ons het bigger fish om te fry in ons eie land. Ses mense is Maandag in Kraaifontein doodgeskiet. Waar is die wild outrage? Kirk is dood. Dis hartseer vir sy familie en vriende. Maar laat ons ons land ook regruk. En laat ons nie ophou baklei vir die vryheid van Kongo en nog ander Afrika-lande nie. En laat ons ook nie vergeet dat from the rivier to the sea, Palestine shall be free nie.
Lees ook:
Wat sê Bettina? Regse op regse geweld in Charlie Kirk se sluipmoord


Kommentaar
Ons koppel "geloof" te vinnig aan die uiterlike, jy ken die mens nie, maar omdat jy die jam om die mond kry, glo jy alles. Goddelike wysheid is deesdae tog so belangrik.
Die Kirk-mense celebrate die wederkoms van 'n christelik-nasionale geloof wat hul politieke agenda pas. Jesus was nie 'n Nasionalis of 'n patriot nie. Toe hy gevra is of hy die Koning van die Jode is, was sy antwoord: "Dis julle wat so sê."
Die mense is besig om vir hulle 'n god te skep na hul eie gelykenis. 'n Christen-nasionale god wat hulle rondstoot soos 'n gepantserde IDF-tenk. Baie ver verwyder van dit wat Jesus en ander meesters vir die wêreld geleer het.
Ek stem 100% met jou saam. Ek vind dit uitlokkend en afskuwelik dat mense wat beweer dat hulle Christus volg (sic), hul naaste haat, valse woorde bewonder en heeldag sit en oordeel - in essensie: Niks van Christus verstaan, nevermind volg nie. "Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek 'n klinkende metaal of 'n luidende simbaal geword." Inderdaad.
Liewe Andréa, ons treur Charlie – nie omdat ons rassiste en narsiste is nie, ons treur Charlie want in ‘n wêreld waar ons kinders oordonder word met politiese geraas, geweld, identiteits-krisisse en gebroke huise was hy ‘n standvastige baken.
'n Baken wat vir jou sê wie jy is in 'n wêreld wat vir jou sê JY is nie genoeg nie, 'n baken van waardes en harde werk, nie rassisme nie, Andréa – verantwoordelikheid, om jou man te staan in 'n wêreld waar daar verwag word almal moet vir jou doen, 'n baken van identiteit – nie narsisme nie Andréa – om te staan vir wat jy glo.
Wat pla jou dan so dat die man opstaan vir 'n Lewende God?
Liewe Andréa van Rooi – weet jy van die Jazidi-genocide, die Esidimeni gesinne wat nog nie antwoorde het nie? Die oorlog in Sudan? Ek glo jy doen, jy klink tog vreeslik intelligent, so kan ek nog talle gebeure opnoem wat totaal en al tragies is. Hoekom raak dit ons nie so diep soos Charlie se dood nie?
Kom ek stel dit so Andréa – watter figuur het jy so lief in jou lewe dat net die gedagte dat daardie figuur moet sterf jou maag wurg. Ek het ook so figuur in my lewe, as hy sterf gaan dit nie veel aan jou doen nie – maar dit gaan my breek. Dit maak nie jou figuur minder of meer belangrik as myne nie. Charlie was 'n lig vir duisende wat gesoek het na antwoorde, 'n rolmodel vir gebroke mense wat waarheid gesoek het. Daardie waarheid is nie jou waarheid nie, maar dit maak nie daardie waarheid minder waar vir die mense wie se waarheid dit was nie.
Hierdie is nie 'n kompetisie oor wie mag en nie mag treur vir Charlie nie. Was jy ontsteld toe geestelike leiers van ander gelowe dood is? Noem sommer vir my ‘n paar - Yusuf al-Qaradawi, Tep Vong, Shimon Peres – vir baie mense was die dood van hierde bakens in hul lewens tragies, hoekom nie vir my nie, dit was nie my waarheid nie.
In hierdie tyd waar almal se wêreld so bietjie donker, duister en deurmekaar is. Kom ons hou vas aan universiële waarhede wat op ons almal van toepassing is, medemenslikheid veral.
Ek is so besig dat ek nie volg wat aangaan mooi nie, maar het hierdie opgetel. Wil nog verder werk aan my studie van Richard Carrier se werk.
Gevind goeie mental health lê in so min as moontlik nuus volg. En om plaaslike besigehede hier om my te support as ek ietsie koop. Ek't beter dinge om te bestudeer as aktuele nuus, en hier om my is dit vredevol met baie verskillende tipes, wat maar so aangaan met mekaar en met baie goeie skole, beide privaat en vanaf die staat, maar ek dink vrede sal kom in die Midde-Ooste en uit meer wakker jong leiers wat van aanvaarding van verskille en van knievalle praat. Daarom, saam met education, het ek ook hoop vir Afrika in die toekoms.
Dankie Elma Coetzer. Jy praat my taal, my hart, my geloof.✝️
Ek laat my gewoonlik nie in argumente intrek of tot menigs uitgelok nie. Wat vir my opvallend is, is die verdoeselde venyn wat teen andersdenkendes geuiter word. As jy nie saamstem, of agter die sg hoofstroom aandrentel nie, is daar baie gou skreiende kommentare wat andersdenkendes verkleineer of demoniseer. Jou godsdiensoortuigings word met teenargumente afgemaak. Ek het beter dinge om my mee besig te hou as om met die hoofstromers te swem.
Ek haal 'dei woke-ling' hierbo aan:
"Ek praat van my mense wat nou skielik treur oor Kirk." "Dit skok my ook nie juis veel oor my mense se ignorance nie" en " Weet jy, sommige van my mense sal maar altyd hand om die blaas wil wees met “massa".
Gaan mos maar so met dei woke-linge. Sal altyd die meerderheid se uitkyk en teenstand en uit die weg wil ruim om hùl slordige standpunte te vestig.
Die wêreld van dei woke-ling sal maar 'n eentonige en vervelige spul wees.
Ek is nie meer "geskok/opgeklits of vies" vir die anderse skepsels in die samelewing nie. Ek steur my nie aan huille nie, hulle maak nie vir my saak nie, ek respekteer hul bestaan en huldig geen opinie, mening of relaas oor hul bestaan denke of lewenswyses nie. Ek oordeel nie, want ek mag nie. Venynigheid kom van beide kante. Wat vir my baie kortsigtig en onvolwasse van die anderses is, jy wat nie saamstem nie word gou as "regses" gebrandmerk. Afgesien van die stigma word die "regses" as agterlik beskou. My mening van die nuwe tendense is: "Love is not the opposite of hate but apathy". Ek leef en laat leef. Elke mens het die reg om sy naam met 'n plank te slaan.